g.7. Jeremina Jacoba NEL, geb. 24/11/1852, ged 17/04/1853

g.7.  Jeremina Jacoba, geb. 24/11/1852, ged 17/04/1853, Pietermaritzburg, oorl. 10/05/1901 x 19/08/1872, Greytown met Gert Renier VAN ROOYEN , geb. 31/08/1848, oorl. 07/05/1901, s.v. Cornelis Johannes van Rooyen en Elsie Magdalena Potgieter.

Jeremina Jacoba was die dogter van Jeremias Jacobus Nel en Elsie Hendrina Catharina Fick.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/2c/Fick-387.jpg)

(https://www.wikitree.com/photo.php/3/33/Nel-1492.jpg)

(https://www.wikitree.com/photo.php/c/c8/Van_Rooyen-742.jpg)

Kinders:

h.1.  Elsie Catharina  VAN ROOYEN, geb. 29/08/1874 x Christiaan Stephanus van Rooyen.

h.2.  Seun Elizabeth  VAN ROOYEN, geb. 1876

h.3.  Elsie Magdalena  VAN ROOYEN, geb. 09/08/1877, oorl. 1966.

h.4.  Jeremina Jacoba  VAN ROOYEN, geb. 07/11/1879, oorl. 1960.

h.5.  Cornelia Johanna  VAN ROOYEN, geb. 12/07/1881.

h.6.  Jeremias Jacobus  VAN ROOYEN, geb. 06/01/1883.

h.7.  Adriana Maria  VAN ROOYEN, geb. 16/03/1885.

h.8.  Louisa Lourencina  VAN ROOYEN, geb. 18/04/1887.

h.9.  Catharina Elizabeth  VAN ROOYEN, geb. 02/11/1888, oorl. 25/01/1949, Three Anchor Bay, Kaapstad x Frederick Wilhelm van Reenen. 

g.9. Jeremias Jacobus NEL, geb. 10/04/1858, ged. 25/04/1858

g.9.  Jeremias Jacobus, geb. 10/04/1858, ged. 25/04/1858, Pietermaritzburg, oorl. 11/09/1940, Pietermaritzburg x 17/03/1884, Mooirivier Greytown  met Adriana Petronella Gertruida BOSHOFF, geb. 12/12/1865, Pietermaritzburg, ged. 08/04/1866, Pietermaritzburg, oorl. 13/03/1935, Weenen, d.v. Johannes Boshoff en Anna Jacoba van Aswegen. 

Jeremias Jacobus was die seun van Jeremias Jacobus Nel en Elsie Hendrina Catharina Fick.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/2c/Fick-387.jpg)

g.11. Hendrika Berndina NEL, geb. 08/11/1867, ged. 22/12/1867

g.11.  Hendrika Berndina, geb. 08/11/1867, ged. 22/12/1867, Greytown.

Hendrika Berndina was die dogter van Jeremias Jacobus Nel en Elsie Hendrina Catharina Fick.


Haar naam kom nie voor in hulle ma se sterfkennis  van 1908 nie.
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/2c/Fick-387.jpg)

g.10. Johan Isaak Jacobus NEL, geb. 21/09/1860, ged. 11/11/1860

g.10.  Johan Isaak Jacobus, geb. 21/09/1860, ged. 11/11/1860, Greytown oorl. 10/12/1938 x 10/12/1924 met Jacomina Christina Johanna NORTJE, geb. 1903.

Johan Isaak Jacobus was die seun van Jeremias Jacobus Nel en Elsie Hendrina Catharina Fick.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/2c/Fick-387.jpg)

FAMILYSEARCH

FAMILYSEARCH

i.1. Hester Cecilia NEL, geb. 25/10/1904, ged. 04/12/1904

i.1.  Hester Cecilia, geb. 25/10/1904, ged. 04/12/1904, Greytown, oorl. 08/04/1989 x 25/01/1923, Ladysmith, Kliprivier, Nata met Phillippus Rudolph STRYDOM, geb. 20/02/1897, oorl. 1970, s.v. Wynand Wilhelm Strydom en Anna Frederika Nel xx 03/10/1942, Pietermaritzburg, Natal met Guy Cecil SACKVILLE-WEST, geb. 29/12/1887, oorl. 11/02/1956, s.v. Maximilian Léon José Manuel Enrique Bernardino Sackville-West en Ellen Mary Ann Norton.

Hester Cecilia was die dogter van Johan Hendrik Nel en Wilhelmina Post.

i.2. Theunis NEL, geb. 28/11/1906, ged. 03/03/1907

i.2.  Theunis, geb. 28/11/1906, ged. 03/03/1907, Greytown.

Theunis was die seun van Johan Hendrik Nel en Wilhelmina Post.

i.2. Helena Henrietta NEL, geb. 02/05/1890, ged. 06/06/1890

i.2.  Helena Henrietta, geb. 02/05/1890, ged. 06/06/1890, Greytown x 07/12/1920, Greytown met Pieter Hendrik VAN ROOYEN, geb. 03/09/1891, s.v. Hermanus van Rooyen en Alida Maria Kritzinger. 

Helena Henrietta was die dogter van Johannes Albertus Nel en Johanna Hendrietta Wilhelmina Landsberg.


Uit hulle pa se sterfkennis van 1930:
FAMILYSEARCH

i.1. Gert Louis NEL, geb. 14/10/1886, ged. 19/12/1886

i.1.  Gert Louis, geb. 14/10/1886, ged. 19/12/1886, dist Greytown, oorl. 25/08/1953, Durban, Natal x 24/12/1912, Pietermaritzburg, Natal met Enid Annie FORD, geb. 1891.

Gert Louis was die seun van Johannes Albertus Nel en Johanna Hendrietta Wilhelmina Landsberg.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1930:
FAMILYSEARCH

h.1. Gert Cornelis NEL, geb. 07/08/1859, ged. 25/09/1859

h.1.  Gert Cornelis, geb. 07/08/1859, ged. 25/09/1859, Greytown, oorl. 30/01/1882.

Gert Cornelis was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.

Sy naam kom nie voor in hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903 nie:
FAMILYSEARCH

Sy naam kom nie voor in hulle pa se sterfkennis van 1917 nie:
FAMILYSEARCH

h.2. Susara Johanna Adriana NEL, geb. 11/11/1861, ged. 25/12/1861

h.2.  Susara Johanna Adriana, geb. 11/11/1861, ged. 25/12/1861, Greytown, oorl. 16/02/1902 x 27/11/1878, Greytown met Daniël August HAVEMANN, geb. 01/08/1852, oorl. 14/10/1950, s.v. Johan Heinrich Carl Havemann en Hester Maria Magdalena Mare.

Susara Johanna Adriana was die dogter van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.


Uit hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903:
FAMILYSEARCH

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

Daniel August Havemann married Sarah Nel the daughter of Louis Nel by his first wife. After the death of his first wife he marries Hester Cecilia Havemann. This now makes Hester Cecilia the Stepmother of Sarah Nel as well as sisters in law. Louis Nel is now the father of Sarah as well as her brother in law.  (http://www.sagenealogie.com/archives/2007/mar2007.pdf)


Kinders:

i.1.  Sarah Johanna Adriana HAVEMANN, geb. 18/12/1879, oorl. 1951

i.2. Johann HAVEMANN, geb. 24/10/1881, oorl. 1964

i.3. Hester Maria Magdalena HAVEMANN, geb. 17/03/1884, oorl. 1948

i.4. Louisa Jacoba HAVEMANN, geb. 22/07/1886, oorl. 1959

i.5. Elizabet Georgina HAVEMANN, geb. 16/01/1889

i.6. Gert Daniel HAVEMANN, geb. 01/05/1891, oorl. 1973

i.7. Pieter Uys HAVEMANN, geb. 14/07/1893, oorl. 1975

i.8. Cornelia Aletta HAVEMANN, geb. 22/11/1895

i.9. Albertus Paul HAVEMANN, geb. 21/05/1898, oorl. 1931

i.10. Delarey HAVEMANN, geb. 19/01/1901, oorl. 1981

h.3. Elizabeth Francina NEL, geb. 02/08/1863, ged. 20/09/1863

h.3.  Elizabeth Francina, geb. 02/08/1863, ged. 20/09/1863, Greytown, oorl. 14/02/1877.

Elizabeth Francina was die dogter van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.


Haar naam kom nie voor in hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903 nie:
FAMILYSEARCH

Haar naam kom nie voor in hulle pa se sterfkennis van 1917 nie:
FAMILYSEARCH

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, STELLENBOSCH, Urban area Western Cape, STELLENBOSCH, Onderpapegaai, Main cemetery

h.4. Johannes Albertus NEL, geb. 21/12/1864, ged. 08/01/1865

h.4.  Johannes Albertus, geb. 21/12/1864, ged. 08/01/1865, Greytown, oorl. 06/07/1930 x 01/01/1886, Greytown met Johanna Hendrietta Wilhelmina LANDSBERG, geb. 17/05/1867, ged. 16/07/1867, Greytown, Natal, d.v. Erich Johannes Reinhard Marthinus Landsberg en Helena Johanna van der Merwe.
 

Johannes Albertus was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.

Uit hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903:
FAMILYSEARCH

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

FAMILYSEARCH

FAMILYSEARCH

h.5. Paul NEL, geb. 26/01/1867, ged. 09/06/1867

h.5.  Paul, geb. 26/01/1867, ged. 09/06/1867, Greytown, oorl. 07/10/1943, Ermelo x
11/04/1894, Hoopstad, OVS met Mabel Agnes Mary TAYLOR, geb. 1875, oorl. 1959, d.v. Robert John Taylor en Jane Antonia Janet Armstrong.  


Paul was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.


Uit hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903:
FAMILYSEARCH

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

Dominee.  Veldprediker tydens ABO 1899, Transvaal.

UNIVERSITEIT
GELEGITIMEER
1892
ORDEN
1893
STANDPLASE
Masjonaland
1894 Makwassie
1897 Jeppestown
1907 Ermelo
EMERITEER
1934

Ds. Paul Nel is op 26 Januarie 1867 te Greytown, Natal, gebore. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool te Stellenbosch ontvang en is in 1892 gelegitimeer. Nadat hy ‘n jaar in Masjonaland deurgebring het, het hy ‘n beroep na Makwassie aangeneem wat hy vir drie jaar bedien het toe hy na Jeppestown vertrek het. In laasgenoemde gemeente werk hy onvermoeid voort tot 1907 toe hy hom ‘n beroep na Ermelo laat welgeval het, waar hy vir 27 jaar gestaan het. Na ‘n vrugbare bediening van 42 jaar in die Kerk het hy sy emeritaat aanvaar. Hy was ‘n kragtige en invloedryke persoonlikheid wat groot dienste aan die Kerk in Transvaal bewys het. Die Sinodale vergaderinge het hy eers as assistentscriba en later as scriba gedien. Ook was hy verskeie kere Moderator van die Transvaalse Kerk. Vir baie jare was hy lid van die Raad van die Kerke ‘n Raad waarvan hy ook scriba en voorsitter was. Hy was ook redakteur van die eerste Transvaalse kerkblad De Vereeniging. Gedurende sy vrugbare bediening het hy veel tot stand gebring. Hy het vir geen opoffering teruggedeins omdat hy gedring was deur ‘n warme liefde vir die saak van die Here en vir die Kerk wat hy bedien het.Hy het visie gehad en dinge wat hy voorsien het, sal wellig later nog blyk waar te wees, soos dit al die geval is met die Teologiese Fakulteit wat hy in 1922 sien kom het. Toe hy op 7 Oktober 1943 oorlede is, het die Transvaalse Kerk een van sy groot manne verloor. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-paul/

As noted above, one of her sons was field chaplain Dominee Paul Nel, who served in the First Anglo-Boer War and supposedly often told stories around the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie Maré, who died young.  (https://en.wikipedia.org/wiki/Sarie_Marais) 

(https://www.myheritage.com/person-1012737_148888701_148888701/ds-paul-paul-hendrik-nel-a1b2c3d4e1f3g1h5)

Ds. Paul Nel (Greytown, 26 Januarie 1867 - Ermelo, 7 Oktober 1943) was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk.  Hy het vroeg in sy lewe die roeping ontvang om predikant te word.  Hy gaan studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch en deurloop sy vierjarige studiekursus met welslae.  Hy is op 22 September 1892 gelegitimeer en vertrek na Masjonaland.  Hier het hy net 'n jaar lank gewerk toe hy 'n beroep na Makwassie ontvang en aanneem.  In dié gemeente staan hy net drie jaar toe hy 'n beroep na die NG gemeente Jeppestown in Johannesburg aanvaar.  Dit was die gemeente, wat pas op 8 Julie 1897 gestig is, maar sewe maande lank herderloos was, se derde beroep, wat die kerkraad op 22 Desember 1897 uitgebring het.  Ds. Nel en sy gesin het reeds op 17 Februarie in die Goudstad aangekom, maar sy plegtige bevestiging het eers 'n week later op Donderdag 24 Februarie 1898 plaasgevind.  Op daardie aand was die Presbiteriaanse kerkgebou van eerw. Douglas stampvol.  Agt predikante was onder die skare van gemeentelede en belangstellendes.  Ds. Abraham Kriel, leraar van die NG gemeente Langlaagte, het die diens gelei en ook die bevestiging waargeneem.  Die bevestigingsrede is deur die bekende ds. H.S. Bosman van Pretoria uitgespreek na aanleiding van Rom. 12:6-8.  Onmiddellik ná hierdie plegtigheid het ds. Nel die kansel bestyg en sy intreerede gelewer.  Sy teks was die antwoord van Petrus aan die kreupelgebore man by die tempelpoort: "Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en wandel (Hand. 3:6). Ds. Nel doen 'n beroep op die kerkraad en gemeente om hom deur die daad sowel as voorbidding te steun.  Hy sluit af met die woorde: "Te veroordelen is duivelisch, te criticeeren is menschelijk; te onderteunen goddelijk." ('n Beskrywing van die plegtigheid het verskyn in De Vereeniging, orgaan van die Transvaalse Kerk.)  'n Week later is ds. en mev. Nel op 'n groot ontvangsgesellingheid deur die gemeente onthaal en by hierdie geleentheid is daar ook van die konsulent, ds. Abraham Kriel, afskeid geneem.  Ds. Nel was nog betreklik jonk, want hy het so pas sy dertigste verjaardag herdenk.

Ds. Paul Nel, eerste leraar van die NG gemeente Jeppestown van 1898 tot 1907 en daarna van Ermelo tot sy aftrede in 1934.  (https://af.wikipedia.org/wiki/Paul_Nel)

Ds. Nel was een van die predikante wat hom in die Anglo-Boereoorlog by die vegtende burgers aangesluit het.  Hy is gevange geneem by Elandslaagte, maar is kort daarna vrygelaat.  Hy bly net tot 1907 in Jeppestown en vertrek daarna na die NG gemeente Ermelo, waar hy bly tot en met sy emeritaat in 1934 en ook voorsitter van die Ring van Lydenburg was.  Hy was skriba van die Transvaalse Sinode van 1904 tot 1912, assessor van 1919 tot 1923, questor van die Sinode van 1903 tot 1917 en van 1923 moderator, asook skriba van die Raad der Kerken (Federale Raad van NG Kerke) van 1907 tot 1909. Hy was een van die eerste pleitbesorgers vir die oprigting van die NG Kerk se Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria en dien later in die eerste Fakulteitskommissie.  
https://www.myheritage.com/person-1012737_148888701_148888701/ds-paul-paul-hendrik-nel-a1b2c3d4e1f3g1h5

Ds. Paul Nel het met sy aankoms in Ermelo (1907) dadelik deel gehad in die oprigting van  
’n koshuis vir seuns by die Uitkomst-skool.  Die ou pastorie is vergroot, en in 1908 kon die koshuis meer as 30 seuns huisves. In die eerste kwartaal was die getalle egter soveel hoër dat nog ’n verdieping by die Hugenote-tehuis opgerig is en voorsiening gemaak is vir dogters se verblyf by die Uitkomst-skool.  Ds. Nel het hom beywer vir die samesmelting van die staatskool en die Uitkomstskool, ’n plan wat dadelik die Direkteur van Onderwys se goedkeuring weggedra het. Ds. Nel se verdere roeping was egter om ’n hoërskool op Ermelo tot stand te bring en het dié versoek spoedig aan die Minister van Onderwys, Genl. Smuts, gerig.

“Vriendelik het die Minister my in sy kantoor ontvang, maar ewe beslis en kortaf geweier om my die hoërskool te gee met die woorde: ‘Nee, jy sal dit nie kry nie.’ Maar beslis het ek aan hom gesê: “Ou Jannie, ek sal my hoërskool op Ermelo kry.’ Vier-en-’n-half jaar daarna kom ek in Pretoria en sê aan hom: ‘Ou Jannie, ek het my hoërskool.’  Hy staan op, vat my hand en sê: ‘Hartlik geluk! Mag die skool bloei.’”

Teen die einde van 1913 is die skool toegestaan en in April 1914 het dit sy intrek in die Uitkomstskool-gebou geneem met ds. Nel se dogter, Janie Antonia, as eerste inskrywing.   
Tussen 70 en 80 leerlinge was ingeskryf met die opening van Hoërskool Ermelo.  Op 19 April 1921 is die skoolgebou op die huidige terrein in gebruik geneem.  In April 1914 is ’n reus gebore en vandag staan hy, net so trots soos altyd – Hoërskool Ermelo, die reus van die Hoëveld.  Alle eer aan ds. Paul Nel en al die manne en vroue wat saam met hom die droom gedeel het, want vandag leef die Erries dié droom…’n EHS-werklikheid.  (http://highvelder.co.za/8650/reus-1914-gebore/)

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, ERMELO, Urban area Mpumalanga, ERMELO, Old cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Paul 1867-1943

h.7. Louisa NEL, geb. 17/04/1870, ged. 12/06/1870

h.7. Louisa, geb. 17/04/1870, ged. 12/06/1870, oorl. 07/04/1911 x 25/01/1895, Greytown met John Matthew Nicholas HERSHENSOHN, geb. 06/09/1867, Wakkerstroom-Oos, Tvl, oorl. 03/03/1954, Pietermaritzburg, Natal, s.v. Joshua Retinski Hershensohn en Hillegonda Christina Roos. JMNH xx Jane Harper Spence.

Louisa was die dogter van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.

Uit hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903:
FAMILYSEARCH

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

Kinders:

i.1.  Louisa Christina HERSHENSOHN, geb. 1895

i.2.  Sarah Muriel HERSHENSOHN, geb. 1898

i.3.  Dorothy Millicent HERSHENSOHN, geb. 1900

i.4.  Louis Ivan HERSHENSOHN, geb. 1907

h.6. Cornelis Ignatius NEL, geb. 07/11/1868, ged. 24/01/1869

h.6.  Cornelis Ignatius, geb. 07/11/1868, ged. 24/01/1869, Welgegund, Greytown, oorl. 19/08/1903.  Ongetroud.

Cornelis Ignatius was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.

Sy naam kom nie voor in hulle pa se sterfkennis van 1917 nie:
FAMILYSEARCH

FAMILYSEARCH

h.8. Johanna Margaretha NEL, geb. 04/11/1871, ged. 10/12/1871

h.8.  Johanna Margaretha, geb. 04/11/1871, ged. 10/12/1871, Greyttown x 01/12/1888, Greytown met John KEYTER, geb. 1863.

Johanna Margaretha was die dogter van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.

Uit hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903:
FAMILYSEARCH

Haar naam kon nie voor in hulle pa se sterfkennis van 1917 nie:
FAMILYSEARCH

Kinders:

i.1.  Sarah Johanna Adrianna KEYTER, geb. 1890, oorl. 1941

h.9. Gabriël NEL, geb. 29/07/1875, ged. 03/10/1875

h.9.  Gabriël, geb. 29/07/1875, ged. 03/10/1875, Greytown x 19/08/1903, Vryheid met Anna Johanna Aletta VAN ROOYEN, geb. 25/06/1879, Utrecht, Natal, d.v. Ignatius Michael van Rooyen en Anna Johanna Catharina Viljoen.

Gabriël was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.

Uit hulle broer Cornelis Ignatius se sterfkennis van 1903:
FAMILYSEARCH

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

h.10. Johan Hendrik NEL, geb. 30/09/1879, ged. 30/11/1879

h.10.  Johan Hendrik, geb. 30/09/1879, ged. 30/11/1879, oorl. 07/12/1953 x 15/07/1902, Greytown met Wilhelmina POST, geb. 12/11/1885, Natal, oorl. 1951, d.v. Theunis Post en Jacomina Maria Kipmulder (geskei) xx 12/06/1923, Greytown, Natal met Catharina Martha VAN DER WESTHUIZEN, geb. 1893.

Johan Hendrik was die seun van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

eGGSA library Gravestones in South Africa Kwazulu-Natal Kwazulu-Natal, DURBAN, Urban area Kwazulu-Natal, DURBAN, Stellawood, Cemetery and Crematorium N - Vanne :: Surnames - N Ne - Surnames starting with the letters Ne NEL J.H. 1879-1953

h.11. Elizabeth Francina NEL, geb. 11/08/1881, ged. 18/09/1881

h.11.  Elizabeth Francina, geb. 11/08/1881, ged. 18/09/1881, Greytown x 16/12/1909, Greytown met Jacobus Arnoldus.Burger JOUBERT, geb. 14/02/1880, oorl. 09/10/1922, s.v. Joshua Joubert en Anna Henrietta Hartzenberg.

Elizabeth Francina was die dogter van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

Kinders:

i.1.  Joshua Louis JOUBERT, geb. 1913

i.2.  Charles Cecil Oliver JOUBERT, geb. 1915

i.3.  Henri Nel JOUBERT, geb. 1917

i.4.  Ferdinand Burger JOUBERT, geb. 1919

h.12. Adriaan Daniël NEL, geb. 14/04/1883, ged. 24/06/1883

h.12.  Adriaan Daniël, geb. 14/04/1883, ged. 24/06/1883, Greytown, oorl 17/10/1960 x 26/06/1912, Durban, Natal met Louie Fanny DICKETTS, geb. 1889, oorl. 05/1960, d.v. Charles John Dicketts en Constance Evelyn Slater.

Adriaan Daniël was die seun van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

h.13. Hester Magdalena NEL, geb. 09/02/1885, ged. 22/03/1885

h.13.  Hester Magdalena, geb. 09/02/1885, ged. 22/03/1885, Greytown, oorl. 12/01/1928. x 19/03/1907, Greytown met Cornelis Janse (Tai-Tai) UYS, geb. 02/11/1883, Perdevlei, Memel, oorl. 28/05/1963, Bethlehem,  s.v. Cornelis Tobias Uys en Elizabeth Maria NN.  CJU xx Martha Cecilia de Beer Verster.

Hester Magdalena was die dogter van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

Woon op Perdevlei, Memel.  Gewond in 1914 Rebellie. Woon na 2de troue op Bethlehem en daar oorlede

Cornelis Janse * 2.11.1883, boer "Perdevlei", dist. Memel † Bethlehem 28.5.1963 x Hester NEL * 9.2.1885 † 12.1.1928 xx Martha VERSTER - familie van Piet Uys die Voortrekker-leier.  Die naam TAI-TAI is 'n Zoeloe woord vir iemand wat baie vinnig kan hardloop.  Hy was natuurlik vir die grootste deel van sy lewe in Natal woonagtig in die distrikte Wakker-stroom /Volksrust en Memel (dit is aan die Vrystaatse kant van die grens). se wêreld het hy geboer.  Daar was meer as een plaas.  Hy was baie welgesteld.  Hy was Zoeloe so goed magtig, dat sy werkers gekniel het as hy met hulle in Zoeloe gepraat het.  Hulle het gesê hy praat die "regte 'ringkop-zoeloe'."  Hy was hoogs gerespekteer deur die Zoeloes.  Later het hulle in Bethlehem kom aftree waar hy op 28 Mei 1963 oorlede is.  Hy was ook gewond gedurende die Anglo Boere-oorlog, en is op 88 jarige leeftyd oorlede as gevolg van longkomplikasies van die jarelange longletsel wat hy in die skietery opgedoen het.  Hulle kon nooit die skrapnel heeltemal uit sy long verwyder nie, maar hy het wonder bo wonder so 'n hoë ouderdom bereik.  Hy was 'n besondere persoon en ons het hom geken as 'n ware heer!  Hy het etlike brandarm Afrikanerseuns by hom op die plaas laat werk en hulle geleer boer - almal is vir boerdery-opleiding gestuur.  Hy het toegesien dat die meeste van hulle later hulle eie grond kry.  Almal het gesiene boere geword.  (https://www.myheritage.com/person-1012783_148888701_148888701/conelius-janse-tai-tai-uys-b1c5d2e12f5g2)

Kinders:

i.1.  Hester Cecilia UYS, geb.  05/02/1908, oorl. 08/05/1963, Memel x Gerhardus Petrus Ueckermann, geb. 18/11/1903, oorl. 03/11/1973, Memel. 

i.2.  Cornelia Elizabeth UYS, geb. 25/08/1918, oorl. 10/09/1980 x Hendrik van der Westhuizen, boer Maarmanshoek, Memel.

h.14. Gideon Olivier NEL, geb. 23/07/1887, ged. 23/10/1887

h.14. Gideon Olivier, geb. 23/07/1887, ged. 23/10/1887, Greytown, oorl. 12/06/1858, Rustenburg, begr. Braamfontein, Johannesburg x 23/03/1918, Wakkerstroom Tvl. met Kathleen RILEY, geb. 1891, Mafeking, KP. Onderwyser.

Gideon Olivier was die seun van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

h.15. Geesie Maria NEL, geb. 06/04/1890, ged. 06/06/1890

h.15.  Geesie Maria, geb. 06/04/1890, ged. 06/06/1890, Greytown x 02/06/1913, Wakkerstroom met Nicolaas DE VILLIERS, geb.1893.

Geesie Maria was die dogter van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

h.17. Maria Aletta NEL, geb. 20/05/1893, ged. 06/08/1893

h.17.  Maria Aletta, geb. 20/05/1893, ged. 06/08/1893, Greytown.

Maria Aletta was die dogter van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

h.16. William Joseph Bains NEL, geb. 04/08/1891, ged. 01/11/1891

h.16.  William Joseph Bains, geb. 04/08/1891, ged. 01/11/1891, Greytown x 23/04/1927, Durban, Natal met Violet May ALLIN, geb. 1901.

William Joseph Bains was die seun van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH

Name William Joseph Baynes Nel
Age 25 years
Birth Date 1892
Enlistment Date 1917
Event Type Military Service
Event Date 26 May 1917
Event Place
England, United Kingdom
Event Place (Original) Great Britain Reference AIR 79/748

h.18. Christoffel Jacobus Hercules NEL, geb. 19/05/1895, ged. 22/09/1895

h.18.  Christoffel Jacobus Hercules, geb. 19/05/1895, ged. 22/09/1895, Greytown x 24/05/1926, Volksrust, Tvl met Debora Johanna Maria STEYN, geb. 1907.

Christoffel Jacobus Hercules was die seun van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1917:
FAMILYSEARCH