h.13. Hester Magdalena NEL, geb. 09/02/1885, ged. 22/03/1885

h.13.  Hester Magdalena Maria, geb. 09/02/1885, ged. 22/03/1885, Greytown, oorl. 12/01/1928, Vrede, OVS x 19/03/1907, Greytown met Conelis Janse (Tai-Tai) UYS,  geb. 02/11/1883, Perdevlei, Memel, oorl. 28/05/1963, Bethlehems,  s.v. Cornelis Tobias Uys en Elizabeth Maria Uys.  CJU xx Martha Verster.

Hester Magdalena was die dogter van Louis Jacobus Nel en Hester Cecilia Havemann.

Name Hester Maria Magdalena Nel
Sex Female
Age 22
Birth Date 1885
Event Type Marriage
Event Date 19 Mar 1907
Event Place
Greytown, Umvoti, Natal, South Africa
Event Place (Original) Greytown, Natal, South Africa
Source Details 273
Microfilm Number 1795569
Cornelis Janse Uys Husband M 23
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:KDC5-XC2?lang=en

Woon op Perdevlei, Memel.  Gewond in 1914 Rebellie.

Cornelis Janse * 2.11.1883, boer "Perdevlei", dist. Memel † Bethlehem 28.5.1963 x Hester NEL * 9.2.1885 † 12.1.1928 xx Martha VERSTER - familie van Piet Uys die Voortrekker-leier.  Die naam TAI-TAI is 'n Zoeloe woord vir iemand wat baie vinnig kan hardloop.  Hy was natuurlik vir die grootste deel van sy lewe in Natal woonagtig in die distrikte Wakker-stroom /Volksrust en Memel (dit is aan die Vrystaatse kant van die grens). se wêreld het hy geboer.  Daar was meer as een plaas.  Hy was baie welgesteld.  Hy was Zoeloe so goed magtig, dat sy werkers gekniel het as hy met hulle in Zoeloe gepraat het.  Hulle het gesê hy praat die "regte 'ringkop-zoeloe'."  Hy was hoogs gerespekteer deur die Zoeloes.  Later het hulle in Bethlehem kom aftree waar hy op 28 Mei 1963 oorlede is.  Hy was ook gewond gedurende die Anglo Boere-oorlog, en is op 88 jarige leeftyd oorlede as gevolg van longkomplikasies van die jarelange longletsel wat hy in die skietery opgedoen het.  Hulle kon nooit die skrapnel heeltemal uit sy long verwyder nie, maar hy het wonder bo wonder so 'n hoë ouderdom bereik.  Hy was 'n besondere persoon en ons het hom geken as 'n ware heer!  Hy het etlike brandarm Afrikanerseuns by hom op die plaas laat werk en hulle geleer boer - almal is vir boerdery-opleiding gestuur.  Hy het toegesien dat die meeste van hulle later hulle eie grond kry.  Almal het gesiene boere geword.  (https://www.myheritage.com/person-1012783_148888701_148888701/conelius-janse-tai-tai-uys-b1c5d2e12f5g2)
 
Name Hester Maria Magdalena Uys, Nel
Sex Female
Age 42
Birth Year (Estimated) 1886
Birthplace Natal
Event Type Death
Event Date 12 Jan 1928
Event Place Vrede, Orange Free State, South Africa
Event Place (Original) Vrede, Orange Free State
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:D4RG-7LN2?lang=en
 
 
Cornelis Janse woon na 2de troue op Bethlehem en daar oorlede

Kinders:

i.1.  Hester Cecilia UYS, geb.  05/02/1908, oorl. 08/05/1963, Memel x Gerhardus Petrus Ueckermann, geb. 18/11/1903, oorl. 03/11/1973, Memel.

i.2.  Beatrix UYS, geb. 1915, oor. 21/06/1939 x 22/05/1937, Newcastle, Natal met Christoffel Cornelius Froneman, geb. 22/01/1911, oorl. 19/03/1981, s.v. Phillippus Albertus Froneman en Martha Elizabeth Swanepoel.

i.3.  Cornelia Elizabeth UYS, geb. 25/08/1918, oorl. 10/09/1980 x Hendrik van der Westhuizen, boer Maarmanshoek, Memel.