Welkom by die Familie-legkaart webblad.



Die families wat hier behandel word is:

Laufs

Nel (1/12) (2/12) (3/12) (4/12) (5/12) (6/12) (7/12) (8/12) (9/12) (10/12) (11/12) (12/12

Nelson

Ritchie

Stewart

van der Westhuizen (1/8) (2/8) (3/8) (4/8) (5/8) (6/8) (7/8) (8/8) (Ongekoppelde lyne)

von Wielligh

Wortley (Northumberland)(Durham(Kirkburton) (Nottinghamshire) (Lincolnshire(Leicestershire) (Rutland) (Norfolk) (Northamptonshire(Bedfordshire) (Somerset) (Wiltshire) (Middlesex) (London) (Kent) (Surrey 


Pieter Moller skryf in sy Vryheidstryd van die Afrikaner: vanaf Volksplanting tot Volksversaking:  “Hy wat nie weet waar hy vandaan kom nie, sal ook nooit weet waarheen hy oppad is nie.”  

Die inligting verkry vir die samestelling van hierdie werk, is soos opgeteken in oorspronklike dokumente, literêre bronne, koerantuitknipsels en onderhoude met afstammelinge, vriende en kennisse.  Aangesien hier staatgemaak word op die herinneringe van mense, is dit moontlik dat foute kon insluip, alhoewel daar gepoog is om die inligting so ver as moontlik na te gaan.  Ek maak ook glad nie daarop aanspraak dat hierdie werk volledig is nie.

Die sketse van die verskillende geslagte binne hul familieraamwerk, in die spesifieke tydvakke, is kultuurhistoriese beskrywings.  Dit omvat die opofferinge van die individuele families, hul omswerwinge, die stryd om te bestaan, die baanbrekerswerk en hulle aandeel in die bou van die Afrikanernasie.  Dit is my gesin se familie-geskiedenis wat uitgekring het tot die wyer geslagsregisters. 



Hoe om die stambome te lees:

Oor die algemeen word die stamvader gereken as die eerste persoon wat in Suid-Afrika aangekom het.  Ek wil dit egter hier terugvoer tot die verste wat dit in die direkte lyn nagevors kan word.  Daar kan net een stamvader wees.  Die kinders van die stamvader word b.1, b.2. b.3. ens genommer na gelang van die hoeveelheid kinders wat hy gehad het, met nommer 1 as die oudste kind.  Die kleinkinders van die stamvader word c.1., c.2, c.3. ens. genommer.  Die agterkleinkinders kry die nommers d.1., d.2., d.3. ens.  Die indekse lys die stamvader, dan sy oudste seun met sy hele nageslag, voor dit terugkeer na die tweede kind met sy nageslag. Sien onder.



Verdere inligting:

Navorser en kontakbesonderhede.
Erkennings