h.6. Jacobus Andries NEL, geb. 05/10/1885

h.6.  Jacobus Andries (Andreas), geb. 05/10/1885, Witbank, dist. Carolina, ged. 31/01/1886, oorl. 09/07/1962, Warmbad x 15/06/1908, Ermelo met Johanna Magritha VAN WYK, geb. 07/12/1890, oorl. 25/12/1965, Bela-Bela, Bosveld, Limpopo, d.v. Henning Jacobus van Wyk en Johanna Margaretha Bosch.

Jacobus Andries was die seun van Gerhardus Jacobus Rudolph Nel en Christina Catharina Malan.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/25/Nel-768-1.jpg)

From the National Cultural History Museum, Pretoria, with thanks to Annelie Els the photographer
(http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1472992)

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Nel-4018-1)

Andries het sy skoolopleiding in die Hugenote Gedenkskool, Dal Josafat, geleë tussen Paarl en Wellington in die Kaap, begin.  Gedurende die Anglo-Boereoorlog het hy saam met sy vader met die vee gevlug.  Hulle is egter gevang en na Indië gestuur.  


League of Veterans
Surname
Nel
Name
Jacobus Andries
Date Birth
5.10.1885
Residence
Witbank, Ermelo
Name Last Officer
G. Nel (korporaal)
Weapon
18.9.1901
When Killed
Widow Veteran
Branch
Carolina
Notes
133
Ref ID
1767

Na die oorlog is hy terug na Dal Josafat vir verdere studie.  Hy wou aanvanklik vir predikant studeer. Weens gesondheidsredes is sy studies onderbreek, maar hy het gematrikuleer en in 1906 onderwyser geword.  Sy eerste skool was op die plaas Van Wyksvlei, in die distrik Belfast, waar hy met een van sy leerlinge, Johanna Magritha van Wyk, getroud is.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Nel-4018)

Daama gee hy onderwys op Philippolis in die Vrystaat.  Sy gesondheid het verswak en besluit om op sy plaas Witbank te gaan boer.  Sy seun Koos (-f6g3h6i2) het egter die boerdery by sy vader oorgeneem.  In 1942 verkoop Andries sy gedeelte van die plaas Witbank en verhuis na die plaas Goedehoop.  Hy verkoop egter Goedehoop in 1952 en koop 'n plaas in die distrik Lydenburg. Die klimaat was egter te straf en verkoop hy die plaas en koop die plaas Eersbewoond in die distrik Warmbad, waar hy tot sy dood gewoon het.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)