h.5. Jacob Jacobus NEL, geb. 13/01/1884

h.5.  Jacob Jacobus (Jaap), geb. 13/01/1884, Nooitgedacht, dist. Middelburg, Tvl. ged. 27/04/1887,  oorl.18/10/1957, Belfast x 29/01/1907, Ermelo met Anna Maria DU PREEZ, geb. 30/04/1886, oorl. 15/01/1970,  S.W.A., d.v. Hendrik du Preez en Christina Botha.

Jacob Jacobus was die seun van Gerhardus Jacobus Rudolph Nel en Christina Catharina Malan.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:
(https://www.wikitree.com/photo.php/2/25/Nel-768-1.jpg)

From the National Cultural History Museum, Pretoria, with thanks to Annelie Els the photographer
(http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1472992)

As gevolg van sy nederige geaardheid, het Jaap Nel min oor homself gepraat.  Sy oudste seun Gert (- f6g3h5i3) vertel dat sy vader as kind gehelp het om klippe teen Nelsberg of te rol om bosbokke uit die ruigtes te jaag.  Op 'n keer het hy gegly en saam met 'n groot rots tot in die bosklofie, aan die voet van die kruin van die berg, afgerol.  Hier is hy met gebreekte ledemate opgetel en met 'n slee huistoe veivoer, waar hy herstel het.  Gedurende die Anglo-Boereoorlog is hy saam met 'n paar makkers, o.a. sy neef Theodorus Nel (- f6g4h3), in die omgewing van Chrissiesmeer, van die kommando afgesny.  Hulle besluit toe om onder die Kakies se vuur deur te jaag, want hulle het geweet die Kakies sou vanaf kranse rondom die meer oor hulle skiet.  Hulle het ongedeerd by die kommando aangesluit.  Na die oorlog is hy op sy plaas Krogshoop deur weerlig getref, terwyl hy draad gespan het.  Weer eens is hy bewusteloos by die huis aangebring, waar hy herstel het.  Terwyl hy behulpsaam was met die oprigting van 'n sandsteengebou vir 'n winkel op sy plaas, het hy 'n gekapte hoekklip teen die leer opgedra.  Met die plasing van die klip het hy sy ewewig verloor en sowat drie meter, bo op 'n hoop klippe, geval.  Weer het hulle horn in 'n bewustelose toestand by die huis aangebring, waar by na 'n paar weke herstel het.  Selfs die Fordjie, wat van die domkrag afgeval het, terwyl hy onder gelê het om herstelwerk te doen, kon horn nie vir lank uit die werk hou nie.  Hy het in 1927 'n aanstelling as tolk aanvaar en op die ouderdom van 60 uit die Staatsdiens getree.  Hierna het hy nog etlike tydelike betrekkings aanvaar voordat hy in 1957, as gevolg van 'n onsuksesvolle operasie, op Belfast oorlede is.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Nel-4017)

eGGSA library Gravestones in South Africa Worldwide Namibia Namibia, TSUMEB, Urban area Namibia, TSUMEB, Friedhof cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Anna Maria 1886-1970