Jacob Jacobus was die seun van Gerhardus Jacobus Rudolph Nel en Christina Catharina Malan.
Gedurende die Anglo-Boereoorlog is hy saam
met 'n paar makkers, o.a. sy neef Theodorus Nel (- f6g4h3), in die omgewing van
Chrissiesmeer, van die kommando afgesny. Hulle besluit toe om onder die Kakies
se vuur deur te jaag, want hulle het geweet die Kakies sou vanaf kranse rondom
die meer oor hulle skiet. Hulle het ongedeerd by die kommando aangesluit. Na die oorlog is hy op sy plaas Krogshoop deur weerlig getref, terwyl hy draad gespan het. Weer eens is hy bewusteloos by die huis aangebring,
waar hy herstel het. Terwyl hy behulpsaam was met die oprigting van 'n sandsteengebou
vir 'n winkel op sy plaas, het hy 'n gekapte hoekklip teen die leer opgedra. Met die plasing van die klip het hy sy ewewig verloor en sowat drie meter, bo
op 'n hoop klippe, geval. Weer het hulle hom in 'n bewustelose toestand by die
huis aangebring, waar by na 'n paar weke herstel het. Selfs die Fordjie, wat
van die domkrag afgeval het, terwyl hy onder gelê het om herstelwerk te doen,
kon horn nie vir lank uit die werk hou nie. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Name Jacob Jacobus Nel
Sex Male
Age 23 years
Birth Year (Estimated) 1884
Spouse's Name Anna Maria Du Preez
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 20 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1887
Event Type Marriage
Event Date 29 January 1907
Event Place Ermelo, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Ermelo, Ermelo, Transvaal, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:Q5XP-MK2M
Name Jacob Jacobus Nel
Sex Male
Age 23 years
Birth Year (Estimated) 1884
Spouse's Name Anna Maria Du Preez
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 20 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1887
Event Type Marriage
Event Date 29 January 1907
Event Place Ermelo, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Ermelo, Ermelo, Transvaal, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:Q5XP-MK2M
As gevolg van sy
nederige geaardheid, het Jaap Nel min oor homself gepraat. Sy oudste seun Gert
(- f6g3h5i3) vertel dat sy vader as kind gehelp het om klippe teen Nelsberg of te rol om bosbokke
uit die ruigtes te jaag. Op 'n keer het hy gegly en saam met 'n groot rots tot
in die bosklofie, aan die voet van die kruin van die berg, afgerol. Hier is hy met
gebreekte ledemate opgetel en met 'n slee huistoe veivoer, waar hy herstel het. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Hy het in 1927 'n aanstelling as tolk aanvaar en op die ouderdom
van 60 uit die Staatsdiens getree. Hierna het hy nog etlike tydelike betrekkings aanvaar voordat hy
in 1957, as gevolg van 'n onsuksesvolle operasie, op Belfast oorlede is. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Name Jacob Jacobus Nel
Sex Male
Age 73
Birth Year (Estimated) 1884
Birthplace Transvaal, South Africa
Event Type Death
Event Date 18 Oct 1957
Event Place Belfast, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Belfast, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZMR-XDN3?lang=en
Sex Male
Age 73
Birth Year (Estimated) 1884
Birthplace Transvaal, South Africa
Event Type Death
Event Date 18 Oct 1957
Event Place Belfast, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Belfast, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZMR-XDN3?lang=en
