William Allan STEWART, geb. 04/01/1882

William Allan, geb. 04/01/1882 (datum onbevestig), Wodonga, Victoria, Australia, oorl.  02/11/1955 (datum onbevestig), begr. Sandgate begraafplaas, Newcastle City, New South Wales, Australia x 25/04/1907, Boulder, Wes Australië met Eva MCINTYRE, geb. 07/07/1886, Mackay, Queensland, oorl. 26/12/1936, begr. 29/12/1936, Sandgate begraafplaas, Newcastle City, New South Wales, Australia xx 1938 met Amy Louisa SCRIBNER, geb. 1885, oorl. 09/11/1954, begr. Sandgate begraafplaas, Newcastle City, New South Wales, Australia, d.v. Henry Scribner en Sophia Yates. ALS voorheen getroud met Arthur Chambers (1880 – 07/03/1935).

William Allan was die seun van NN.

Die ontdekkingsreisigers Hume en Hovell het die Murrayrivier in 1824 ontdek en dit die Humerivier genoem.  In 1829 het die ontdekkingsreisiger kaptein Charles Sturt die Hume rivier stroom af ontdek, waar dit in een vloei met die Murrumbidgee rivier.  Hy het nie besef dat dit die Hume was nie en het dit die Murrayrivier gedoop.  Die reisigers se roete was kort daarna gevolg deur Blanke veeboere met groot hoeveelhede vee, hoofsaaklik skaap en beeste.  Baie families het hulle op persele weigronde op die vrugbare vlaktes van die rivieroewers gevestig.  Die veedrywer roete wat ontwikkel het, het natuurlik gelei na die punt waar Hume en Hovell eerste die rivier gesien het.   Dit het ‘n gewilde kruising oor die rivier vir mense en diere wat oppad was na nuwe vestigings in die Suide, geword. 

Die eerste en mees belangrike taak wanneer pionier families na nuwe areas toe beweeg het om hulle daar te vestig, was die bou van ‘n huis.  Die setlaars, baie van hulle vrye koloniste wat boerderygrond betree het, het gereedskap, spykers en seil saam met hulle geneem.  Hulle het ook gebruik gemaak van materiaal wat plaaslik beskikbaar was, soos klippe, klei, bosse, hout en bas om basiese behuising te bou.  Dikwels het hierdie huise net een vertrek gehad waarin die hele familie gekook, geëet en geslaap het.

‘n Tipiese eerste huisie van die pioniers

Die eerste permanente Blanke huise is in 1830 in die area gebou en was hoofsaaaklik klein hutte en winkels.

Pionier skaalplank huis.  Skaalplankhuise, gebou op ‘n hout raam was algemene pionier wonings.  Let op die sinkplaatdak en skoorsteen aan die regterkant.

Toe die skeiding tussen New South Wales en Victoria gemaak is in 1851 was die vesting aan die Victoria kant, Wodonga genoem.  Die area was geskik vir die plant van wingerde en die maak van wyn.  Die eerste spoorlyn van Melbourne in 1873 het die einde van die stoomboot era beteken.  Die spoorlyn vanaf Sydney na Wodonga het in 1881 in werking getree.

 Foto:  Victoria: the Garden State

William Alan Stewart was op 04/01/1882 in Wodonga, Victoria gebore.  Die dorpe Albury en Wodonga het aanhou groei ten spyte van, en soms selfs as gevolg van veldbrande, vloede en goudstormlope van die era.

Alhoewel die Kalgoorlie-Boulder area reeds teen 1863 ontdek was, was dit nie tot 1892 wat die eerste goudkleim daar afgesteek is nie.  Dit was die amptelike ontdekking van die Wes-Australiese goudvelde en het ‘n ongelooflike groot goud stormloop tot gevolg gehad.  Die 1900’s was die oplewingstydperk vir die indiwiduele prospekteerders, maar die mynmaatskappye het kort daarna gevolg. William Allan Stewart was ‘n timmerman van beroep.  Wanneer werk in die boubedryf egter min was, het hy geprospekteer.  Met die 1906 verkiesing kom William Allan Stewart se naam in die Kalgoorlie area in Wes Australië voor.
   
Kalgoorlie - 1907

Foto: The story of the Australian people

Hy is op 25 April 1907 in Boulder met Eva McIntyre getroud.  

William Alan Stewart                                                   Eva McIntyre

Sy was op 07/07/1886 gebore.  Haar familie het ‘n bakkery en lekkergoed besigheid in Perth gehad.  

Eva McIntyre se ma

Haar ouers was Skotte van die McIntyre stamgroep.  

Die 23 jarige William Allan Stewart was in 1909 ‘n timmerman van beroep, in Pinjin, Wes Australië.  Pinjin was ‘n myngemeenskap, ongeveer 140 km Noord-Oos van Kalgoorlie.  Met die 1910 en 1916 se verkiesingslyste kom William Allan Stewart se naam voor in die Kalgoorlie area.  In die 1910, 1916 en 1925 verkiesingslyste kom Eva Stewart se naam in Kalgoorlie voor.  Sy ouderdom word as 38 jaar oud gelys,  M.a.w. gebore in 1886.



Na die Eerste-Wêreldoorlog (1914 – 1918) was daar geglo dat die Australiese kontinent in ‘n boerderygemeenskap omskep kon word en produktief kon wees as mense net gewilllig was om die grond te bewerk.  Teen 1920 was grond  aan talle mense teen lae rentekoerse aangebied.  Die swak gehalte van groot gedeeltes van die grond is egter nie in ag geneem nie en baie van hierdie mense het hulle plase agtergelaat of verkoop.  William Allan Stewart het ook vir ‘n rukkie geboer.  Hy het verskeie kere alles wat hy besit het, in veldbrande verloor.  In sulke gevalle moes hulle dan alles wat hulle kon dra of te perd kon vervoer gryp en voor die vuur vlug.  Ten spyte van hierdie terugslae het hy drie keer in sy lewe rondom die wêreld per skip gereis.

In hierdie tyd moes die groot hoeveelhede immigrante, sowel as die plaaslike inwoners leer om saam te leef en te werk vir die bou van ‘n nasie. Vir die gemiddelde Austaliese burger in die 1920’s het die alledaagse bestaan rondom werk en huis gedraai.  Die oorgrote gedeelte van die bevolking het of handearbeid of ‘n ambag beoefen.  Die vooroorlogse landelike manier van lewe moes egter plek maak vir die geskarrel van ‘n nuwe era soos dorpe en stede vinnig gegroei het.  Hierdie was die opwindende tyd van die grammafoon, die radio en die motorkar.

In 1927 reis William Allan en Eva na San Francisco California, VSA toe.  Sy ouderdom word as 41 aangegee.  M.a.w. gebore in 1886.

(https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BL-8Q64-R?view=index&personArk=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3ACCV8-HN2M&action=view)

Die skip waarmee hulle gereis het was die Makura.

MAKURA 1908-1936(https://nzshipmarine.recollect.co.nz/nodes/view/163)

Volgens die manifest van 20/03/`930 vir passasiers na San Francisco, VSA was William Allan Stewart 44 jaar oud.  M.a.w. gebore in 1886.  Hy reis met die skip Marama.

MARAMA 1907-1937
(https://nzshipmarine.recollect.co.nz/nodes/view/242)

Hulle adres word as 1 Barcley St, Mayfield, N.S.W. Australië aangegee. Mayfield is 'n noordwestelike voorstad van Newcastle, New South Wales. Mayfield was oorspronklik 'n aangename voorstad aan die buitewyke van Newcastle.


1 Barcley St. Mayfield, N.S.W.

William Allan Stewart het vir die laaste deel van sy lewe in Newcastle gewoon. Met die Australiese verkiesingslyste vanaf 1930 – 1954 kom William Allan Stewart se naam in Newcastle, New South Wales voor. Hier het hy huise rondom Newcastle en Sydney gebou. Sommige van die mense het hulle huise in die Engelse styl gebou. Hout en sinkplaat was die mees algemene boumateriaal wat gebruik is.

Na Eva Stewart se dood op 26/12/1936, het William Allan Stewart weer in 1838 met Amy Scribner getrou. Sy dogter, Eva Priscilla was ongelukkig daarmee dat hy hertrou het en het bitter gevoel oor hierdie tweede huwelik. Die feit dat Eva teen haar pa se tweede huwelik gekant was, was ook blykbaar die rede waarom sy en haar enigste broer Allan Stewart se paaie finaal geskei het. Allan het die tweede huwelik goedgekeur, terwyl Eva haar pa as ‘n verraaier beskou het. Hierdie huwelik was so ‘n teer punt dat die familie geweier het om dit te bespreek en Eva het alle bande met haar broer verbreek. Geen kinders is uit die huwelik van William Allan en Amy gebore nie.

Eva Stewart was baie verbitterd omdat William Allan sy tweede vrou op ‘n wêreldtoer geneem het, terwyl haar moeder nie gegaan het nie. Eva (McIntyre) Stewart wou egter niks daarvan weet om rondom die wêreld in ‘n skip te reis nie. William Allan was waarskynlik op een van hierdie wêreldtoere gegaan het, toe hy aan sy kleindogters Jeanne en Doreen Ritchie 'n foto van homself vanaf die Hotel Eupope Montreaux, Switzerland op 4 Mei 1955 gestuur het. In hierdie skrywe noem hy dat die kinders hom later gaan sien.


15/05/1955

Op 02/08/1955 skryf hy op 'n Jungfraujoch poskaart aan sy kleindogter Doreen.

The Jungfraujoch is a saddle connecting two major 4000ers of the Bernese Alps: the Jungfrau and the Mönch. It lies at an elevation of 3,463 metres (11,362 ft) above sea level and is directly overlooked by the rocky prominence of the Sphinx. The Jungfraujoch is a glacier saddle, on the upper snows of the Aletsch Glacier, and part of the Jungfrau-Aletsch area, situated on the boundary between the cantons of Bern and Valais, halfway between Interlaken and Fiesch.  (https://en.wikipedia.org/wiki/Jungfraujoch)



1955.  Selukwe, Rhodesië.

William Stewart, Eva Ritchie, Joseph Ritchie

Hy was welbekend en gerespekteerd onder die mense.

Volgens sy kleindogter Jeanne Ritche is William Allan Stewart is op  01 of 02 November 1955 in Newcastle oorlede.  Dit is moontlik dat sy nie die korrekte sterfdatum van haar oupa gehad het nie, want volgens die grafrekords was William Allan Stewert op 1 Junie 1960 begrawe.


(https://www.findagrave.com/memorial/190729333/william-allan-stewart#view-photo=261054255)

Kinders:

b.1.  Eva Priscilla STEWART, geb. 11/02/1909Boulder.

b.2.  Allan William STEWART, geb. c. 1911