b.1. Eva Priscilla, geb. 11/02/1909, Boulder, Wes-Australië, oorl. 03/01/1993, Kaapstad, Suid-Afrika x 04/03/1933, Johannesburg, Suid-Afrika met Joseph RITCHIE,
geb. 26/09/1896 , Sleekburn
Northumberland, ged. 19/10/1896 , Bedlington Northumberland,
oorl. 27/03/1979, Kaapstad, Suid-Afrika .
Eva Priscilla was die dogter van William Allan Stewart en Eva McIntyre.
Twee dogters is uit die huwelik gebore:
c.1. Jeanne RITCHIE,
geb. 09-03-1939 , Brakpan, trou met Harry Beresford Wortley, geb. 31-10-1932 , oorl.24-09-1997.
c.2. Doreen RITCHIE,
geb. 05/11/1940 , Brakpan, ongetroud. Sy is ‘n
verpleegster.
Eva Priscilla Stewart is op 11 Februarie 1909 in die Nurse Beer's Hospital in ‘n
klein prospekteerdorpie, genaamd Boulder
in Wes Australië gebore.
William Allan en Eva Stewart het egter in Pinjin
gewoon. In die vroeë 1900’s was die myndorpie Pinjin gevestig om vir ‘n kort tydperk die myngemeenskap van die omgewing te dien. Dit lyk asof die dorp
die mees dig bevolk was in 1906 toe aansoeke vir ‘n skool, meganiese instituut,
ontspannings area en park gemaak was.
Alhoewel die plaaslike gemeenskap ‘n skool gebou het en die staat ‘n
onderwyser aangestel het, het al die vrouens en kinders die volgende jaar Kalgoorlie toe
gegaan. In 1907 was daar geen rekord van
Pinjin in die Western Australia Poskantoor gids nie, maar in 1908 was daar 49
gelys as inwoners van Pinjin. Die dorp
het sy piek bevolking bereik in 1909 met ‘n inwonertal van 50. Dit was net mans wat gelys was en dit in nie
bekend of die vroue en kinders teruggekeer het, nadat hulle weggetrek het in
1907 nie. Tog is Eva Stewart se adres op
haar dogter se geboortesertifikaat aangegee as Pinjin.
Behuising vir die inwoners van Pinjin in hierdie tyd
was eenvoudig. Skuilings het hessian
mure met sinkplaat dakke gehad. Sommige
strukture was van klip gebou, maar daar was nie baie van hulle nie.
Na 1909 het
mense begin wegtrek van daar af en in 1910 was die inwonertal 36. Teen 1913 was slegs 13 mense woonagtig in
Pinjin, maar daar was steeds voortgegaan met mynaktiwiteite in die omgewing.
Teen 1818 was daar slegs een persoon oor.
Eva Priscilla Stewart
Eva Priscilla Stewart
Eva se enigste broer Allan, was jonger as sy. Toe Eva vir Joe Ritchie ontmoet het, het sy gewoon en
gewerk in Newcastle , New South Wales . Joe het op daardie stadium op die plaas van
een van Eva se vriende in New South Wales
gewerk.
Daar was ‘n wêrelddepressie van 1929–1933. Gedurende 1910–1939 het die mynbouproduksie
in Suid-Afrika egter konstant gebly. Die
belangrikste mynbedrywighede is by die goudmyne aangetref. Jo en Eva het besluit om saam na Suid-Afrika te gaan, aangesien die halfpad tussen Engeland en Australië was en Jo
kon hier werk kry op die goudmyne. In
1933 het Jo in die goudmyne in Brakpan gewerk, terwyl Eva by vriende in Johannesburg gewoon het.