c.1. Daniel Mattheus LAUFS, geb. 15/11/1872

c.1.  Daniël Mattheus, geb. 15/11/1872, oorl. 05/06/1928, begr. Keetmanshoop, S.W.A., x met Gertruida Catherina JOOSTE,  geb. 11/02/1883, oorl. 17/10/1952.  Gertruida Catharina Jooste se ouers moes Johannes Petrus Jooste en Hester Cornelia NN gewees het. (Schultz, Daniel Matheus:  Die Laufs familie in Suid-Afrika)


Daniel Mathews was die seun van Karel Frederik Laufs en Maria Margaretha Petonella Deyzel.


Kinders van Daniël Mattheus en Gertruida Catherina Jooste:

d.1.  Hester Cornelia,  geb. 11/02/1907, Langklip, oorl. 03/05/1994, X met Andries Adriaan VAN DER WESTHUIZEN, geb. 22/06/1899, Prieska, oorl. 03/02/1985, Neilersdrif.
d.2.  Maria Margaretha Petronella, geb. 12/07/1908, Lutsputs, ged. 08/11/1908, Upington, oorl. 08/08/1992, Upington, begr. Pretoria, x 24/09/1928, Keetmanshoop, S.W.A., met Johannes Petrus Louw SCHULTZ, geb. 19/09/1897, Rosynebos, dist. Kenhard, oorl. 11/09/1970, Bloemfontein, begr. Bloemfontein.  (By haar doop het Karel Frederik Laufs en Maria Margaretha Petronella Deysel as getuies geteken.)
d.3.  Karel Frederik Johannes
d.4.  Johannes Petrus, geb.26/07/1913, x met Elizabeth Catherina VAN ZYL, geb. 02/12/1925, geskei, ong.1963, xx Potgietersrus NN.
d.5.  Gertruida Catharina, geb. 25/04/1916, x met Jacobus Gideon (Kobus) NEL, geb. 23/04/1906.
d.6.  Grieta x Valie ENGELBRECHT
d.7. Anna Martha (Annie), geb.18/07/1921, Lutsputs, Keimoes, oorl. 11/04/2008, Welkom, begr.  16/04/2008, Brits, x 15/05/1939, Bethanie, S.W.A.  met Johannes Petrus TRUTER, geb. 03/08/1919, oorl. 02/12/1997, Brits.
d.8. Sophia (Sophie), geb. 08/02/1925, x 06/12/1941 met Johannes OBERHOLSTER, oorl. in die Kaap)

Die kinders van Daniel Mathews en  Gertruida Catherina Jooste.   Bo v.l.n.r.: Hester, Malie, Karl en Johannes  Onder  v.l.n.r.:  Gerrie, Grieta, Annie en Sophie
Daniel Matheus was 'n veeboer wat teen 1909 reeds so ver Noord as die plaas Langklip met sy familie en sy vee getrek het.  Hulle het hierna Namibië toe getrek.
Die storie van Afrikaners in Namibië het in 1738 begin, toe die eerste Hollandssprekendes die Gariep oorgesteek het. Hulle was Pieter de Bruyn, Willem van Wyk, Frans Campher, Jan Gous, Augustus Lourens, Lodewyk Putter, Hendrik Ras, Jacob Swart, Andries van der Walde, Sybrand van Dyk en Matthys Willemse.  Gedurende 1868 het Hendrik van Zyl en Bern Bouwer die Herero-leiers, Maharero en Aponda besoek om jag- en verblyfregte te verkry.  In 1786 het sewe gesinne hulle in die omgewing van Keetmanshoop gevestig.  (http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/suider-afrika-geskiedenis/namibie/)  Die oorspronklike naam van die plek was Swartmodder.  Die dorp het ontstaan as 'n pos van die Rynse Sendinggenootskap van Barmen, Duitsland en die dorp is vernoem na die voorsitter van dié Sendinggenootskap, Johannes Keetman wat 1,000 thaler gegee het vir die stigting van die oorspronklike sendingstasie op Swartmodder.  (https://af.wikipedia.org/wiki/Keetmanshoop)


Met die Eerste Wêreldoorlog van Louis Botha met die Uniemagte Duitswes-Afrika op 6 Mei 1915  binne. Die Duitse bevelvoerder Franke gee op 9 Julie 1915 by Korab oor. ’n Groep Afrikaners in Duitswes-Afrika wat hulle vereenselwig het met die Suid-Afrikaanse Rebelle stig ’n Boere-Vrykorps onder leiding van Andries de Wet, om die Unie-troepe se intog vanaf Upington teë te staan. Hul poging misluk vanweë ’n gebrek aan militêre dissipline en ervaring.  Die verowering van Duitswes-Afrika in minder as ses maande met ’n lewensverlies van minder as 300 Suid-Afrikaanse soldate was ’n uitsonderlike militêre prestasie. Met die ondertekening van die Vrede van Versailles in 1919 is Duitswes-Afrika as ’n Klas C-mandaatgebied onder Suid-Afrika se beheer geplaas. Dit het beteken dat die gebied nooit polities en ekonomies onafhanklik sou word nie en dat Suid-Afrika die gebied deur sy landswette sou regeer.  (http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/suider-afrika-geskiedenis/namibie/)
Teen ongeveer 1932 het Daniel en Truia Laufs in Suidwes naby die dorpie Maltahöhe, as bywoners gewoon.  Die dorpie is  in die middel van nêrens geleë.  In die dae toe die land onder Duitsland se beheer was, het kaptein Henning von Burgsdorff, die hoof van die Duit­se koloniale owerheid vir daardie distrik met sy kantoor op Gibeon geleë, die gehuggie op die rand van die Swartrandplato gestig.  In 1896 het hy na Walvisbaai gereis om Martha, sy verloofde, te verwelkom wat van Duitsland daar aan wal gestap het. Hulle het op Walvisbaai getrou en het die reis van drie weke per ossewa na Gibeon aangepak. Dit het terselfdertyd as hul wittebroodsreis gedien.  Volgens oorlewering het Von Burgsdorff se huishulpe probleme gehad om Martha se naam korrek uit te spreek en het hulle haar Malta genoem. Sy was vir die res van haar verblyf in Duits-Suidwes-Afrika só aangespreek.  Von Burgsdorff het Malta saamgeneem op ‘n tog te perd om na ‘n geskikte plek te soek, waar hy ‘n nuwe distrikskantoor kon vestig.  Administratiewe verpligtinge in die Gibeon-distrik het toegeneem met meer en meer setlaars wat hulle daar gevestig het.  Von Burgsdorff en sy vrou het tydens die soektog op ’n lieflike plein met sterk water en goeie weiding afgekom en hy het dit Maltahöhe (Malta se hoogte) gedoop.  Von Burgsdorff het voortgegaan en ‘n distrikskantoor opgerig wat op 1 Oktober 1899 deur ‘n poskantoor gevolg is. ’n Klein garnisoen is na Maltahöhe afgedeel en die huis wat vir die offisier gebou was, staan vandag nog as die “offisiershuis” bekend.  (http://www.republikein.com.na/rubrieke/maltah-he-hotel-kanniedood-van-die-platteland.225419)   The settlement was mainly established as a trade outpost for farmers operating in the area and as a small garrison for the Schutztruppe. In 1904 Maltahöhe boasted five houses and in 1907 the company G. Hesselmann of Gibeon erected the first building of the Maltahöhe Hotel on 1000 square meters.  (http://www.maltahoehe-hotel.com/history.htm)

EGGSA
Keetmanshoop main cemetery. Namibia

Toe Daniel in 1928 oorlede is, het Truia nog vir ‘n hele paar jaar lank in Suidwes Afrika aangebly, terwyl sy hulle boerderybedrywighede daar behartig het.  Met wintertyd het Truia altyd ‘n prafienkas vol skaapvleis winddroog gemaak en gespesery, waarna sy dit dan vir haar dogter Hetta gestuur het. Daar was nie yskaste nie en die vleis is gedroog, gekook en ook as biltong geëet. Op hierdie manier kon hulle van die vleis tot aan die einde van winter eet, indien dit sou goed hou.  Op hierdie stadium was nog net drie van Andries en Hetta se kinders naamlik  Gerrie, Hennie en Hansie gebore.  Hierna het Truia met van haar ander kinders te wete Grieta, Sophie en Annie  (Hetta se susters) by Andries en Hetta in hulle huis gaan woon.

Truia het ‘n gewas tussen haar dik en dunderm gehad, wat in die Gordonia hospitaal op Upington verwyder is.  Sy het nog vir 10 jaar daarna gelewe.  Toe die gewas weer hervat en Dr Reitz dit vir ‘n tweede maal wou verwyder, het sy geweier.  Hetta se suster Gerrie het haar verpleeg en haar versorg tot met haar dood.




















EGGSA
Neilersdrif

b.4. Karel Frederik LAUFS, geb. 09/06/1847, ged. 04/07/1847

b.4.  Karel Frederik, geb. 09/06/1847, ged.  04/07/1847, Uitenhage, oorl. 19/07/1932 x  06/03/1871, Uitenhage met Maria Margaretha Petronella DEYZEL, geb. c 1850, Uitenhage, oorl. c. 1919.

Karel Frederik was die seun van Daniel Laufs en Gesina Elena Matthys.




Kinders van Karel Frederik Laufs en Maria Margaretha Petonella Deyzel:

c.1.  Daniel Mattheus,  geb. 15/11/1872, oorl. 05/06/1928, begr. Keetmanshoop S.W.A, x met Gertruida Catherina JOOSTE, geb. 11/02/1883, oorl. 17/10/1952.  

c.2.  Margrieta Petronella, geb. 18/06/1874

Toe sy broers en susters vanaf Aberdeen noordwaarts getrek het, het hy in die Uitenhage gemeente gebly.

g.5. Wilhelm van der Lingen VON WIELLIGH, geb. 16/03/1893

g.5.  Wilhelm van der Lingen (Lem/Guy), geb. 16/03/1893, oorl. 1976 x 04/12/1926, Pretoria, Tvl. met Helen Caroline (Lenchen) MELTZER, geb. 1903.

Wilhelm was die seun van Gideon Retief von Wielligh en Elizabeth Johanna Hendrika de Villiers.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

 Landmeter in Pretoria.

Die Huisgenoot

g.4. Gideon Francois Alexander VON WIELLIGH, geb. 08/06/1891

g.4.  Gideon Francois Alexander, geb. 08/06/1891, Villieria, Pretoria, oorl. 29/04/1962, Duiwelskloof, dist. Letaba x Elizabeth Alida SCHUURMAN, geb. 18/11/1904, Johannesburg, oorl. 02/10/1965, Boulders, d.v. Willem Gerhardus Schuurman en Elizabeth Berens.

Gideon Francois Alexander was die seun van Gideon Retief von Wielligh en Elizabeth Johanna Hendrika de Villiers.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:

NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA


Die Huisgenoot

He was a high school teacher in Standerton and well loved in the community before retiring to Magoebaskloof, where he shared a house with his sister Mimi (Maria Fismer).  (https://www.wikitree.com/wiki/Von_Willich-2)


(https://www.wikitree.com/wiki/Von_Willich-2)


Wedding photo of Don von Willich and Bessie Schuurman, from family albums.
Also in picture: Top Left to Right: Unknown, Don von Willich, Bes von Willich (Schuurman), unknown, (possibly) Mimi Fismer (von Williegh) Bottom Left to Right: Enid Schuurman, Inez Rautenbach (Schuurman), William (Bill) Schuurman. (https://www.wikitree.com/photo.php/2/23/Von_Willich-2-2.jpg)


(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Schuurman-296)


(https://www.wikitree.com/photo.php/9/94/Schuurman-296-3.jpg)


(https://www.wikitree.com/photo.php/7/76/Von_Willich-2-1.jpg)

(https://www.wikitree.com/photo.php/1/1c/Schuurman-296-1.jp)

g.3. Maria van der Lingen VON WIELLIGH, geb. 07/07/1889, ged. 11/08/1889

g.3.  Maria van der Lingen (Miemie), geb. 07/07/1889, Paarl, ged. 11/08/1889, Noorder Paarl, oorl. 03/06/1953, Magoebaskloof, dist Letaba x  30/04/1917, moederkerk, Robertson met Walter FISMER, geb. 09/01/1881, oorl. 05/08/1933, Robertson.

Maria van der Lingen was die dogter van Gideon Retief von Wielligh en Elizabeth Johanna Hendrika de Villiers.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Die Huisgenoot

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Fismer-1)

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Von_Wielligh-47)

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Von_Wielligh-47-1)

(https://www.wikitree.com/photo.php/e/ee/Fismer-1-1.jpg)

g.2. Johan Stephanus de Villiers VON WIELLIGH, geb. 25/02/1888

g.2.  Johan Stephanus de Villiers, geb. 25/02/1888, ged. 08/04/1888, Beaufort, oorl. 26/12/1974 x 1920 met Hester Johanna VAN DER MERWE, geb. 11/06/1886, oorl. 22/07/1938, begr. Ceres xx 01/07/1941, Stellenbosch met Margaretha Johanna DU PREEZ, geb. 16/08/ 1891, oorl. 02/01/1985, begr. Helderberg, Somerset-Wes.

Johan Stephanus de Villiers was die seun van Gideon Retief von Wielligh en Elizabeth Johanna Hendrika de Villiers.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1908:
FAMILYSEARCH

Uit hulle pa se sterfkennis van 1932:
FAMILYSEARCH

Die Huisgenoot

Hy was Hoofingenieur van die SA Spoorweë en Hawens en op ‘n stadium verbonde aan die Hoë Kommissaris in London as adviseur.

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, CERES, Urban area Western Cape, CERES, Owen Street East cemetery W - Surnames :: Vanne - W WILLIGH Hester Johanna, von nee van der MERWE 1886-1938

Op 1 Julie 1941 hertrou Johan Stephanus de Villiers (53) per spesiale lisensie met die 50 jarige weduwee van NN Louw.  Hy was 'n siviele engineer van 26 Athlone Weg, Park View, Johannesburg en sy was die 50 jarige prinsipale van die kosinrigting, Harmonie in Neethling straat, Stellenbosch.


FAMILYSEARCH

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, SOMERSET-WEST, Urban area Western Cape, Cape Town's Helderberg, SOMERSET WEST, Main Cemetery W - Surnames :: Vanne - W WILLICH M.J., von voorheen LOUW 1891-1985