c.1. Daniël Mattheus, geb. 15/11/1872 , oorl. 05/06/1928, begr. Keetmanshoop, S.W.A., x met Gertruida Catherina JOOSTE, geb. 11/02/1883, oorl. 17/10/1952 . Gertruida Catharina Jooste se ouers moes
Johannes Petrus Jooste en Hester Cornelia NN gewees het. (Schultz, Daniel
Matheus: Die Laufs familie in
Suid-Afrika)
Daniel Mathews was die seun van Karel Frederik Laufs en Maria Margaretha Petonella Deyzel.Kinders van Daniël Mattheus en Gertruida Catherina Jooste:
d.1. Hester Cornelia, geb. 11/02/1907, Langklip, oorl. 03/05/1994, X met Andries Adriaan VAN DER WESTHUIZEN, geb. 22/06/1899, Prieska, oorl. 03/02/1985, Neilersdrif.
d.2. Maria
Margaretha Petronella, geb. 12/07/1908, Lutsputs, ged. 08/11/1908, Upington,
oorl. 08/08/1992, Upington, begr. Pretoria, x 24/09/1928, Keetmanshoop,
S.W.A., met Johannes Petrus Louw SCHULTZ, geb. 19/09/1897, Rosynebos, dist. Kenhard, oorl. 11/09/1970, Bloemfontein, begr. Bloemfontein. (By haar doop het Karel Frederik Laufs en Maria Margaretha Petronella Deysel as getuies geteken.)
d.3. Karel Frederik Johannes
d.4. Johannes Petrus, geb.26/07/1913, x met
Elizabeth Catherina VAN ZYL, geb. 02/12/1925, geskei, ong.1963, xx Potgietersrus NN.
d.5. Gertruida Catharina, geb. 25/04/1916, x met Jacobus Gideon (Kobus) NEL, geb. 23/04/1906.
d.6. Grieta x Valie ENGELBRECHT
d.7. Anna Martha (Annie), geb.18/07/1921,
Lutsputs, Keimoes, oorl. 11/04/2008, Welkom, begr. 16/04/2008, Brits, x 15/05/1939, Bethanie, S.W.A. met Johannes
Petrus TRUTER, geb. 03/08/1919, oorl. 02/12/1997, Brits.
d.8. Sophia
(Sophie), geb.
08/02/1925, x 06/12/1941 met Johannes
OBERHOLSTER, oorl. in die Kaap)
Die
kinders van Daniel Mathews en Gertruida
Catherina Jooste. Bo
v.l.n.r.: Hester, Malie, Karl en Johannes Onder v.l.n.r.: Gerrie, Grieta, Annie en Sophie
Daniel Matheus was 'n veeboer wat
teen 1909 reeds so ver Noord as die plaas Langklip met sy familie en sy vee getrek het. Hulle het hierna Namibië toe getrek.
Die storie van Afrikaners in Namibië het in 1738 begin, toe die eerste Hollandssprekendes die Gariep oorgesteek het. Hulle
was Pieter de Bruyn, Willem van Wyk, Frans Campher, Jan Gous, Augustus Lourens,
Lodewyk Putter, Hendrik Ras, Jacob Swart, Andries van der Walde, Sybrand van
Dyk en Matthys Willemse. Gedurende 1868 het Hendrik van Zyl en Bern Bouwer die Herero-leiers, Maharero en Aponda besoek om
jag- en verblyfregte te verkry. In 1786
het sewe gesinne hulle in die omgewing van Keetmanshoop gevestig. (http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/suider-afrika-geskiedenis/namibie/) Die oorspronklike naam van die plek was Swartmodder. Die dorp het ontstaan as 'n pos van die Rynse
Sendinggenootskap van Barmen, Duitsland en die dorp is vernoem na die voorsitter
van dié Sendinggenootskap, Johannes Keetman wat 1,000 thaler gegee het vir die
stigting van die oorspronklike sendingstasie op Swartmodder. (https://af.wikipedia.org/wiki/Keetmanshoop)
Met die Eerste Wêreldoorlog van Louis Botha met die Uniemagte Duitswes-Afrika op 6 Mei 1915 binne. Die Duitse bevelvoerder Franke gee op 9 Julie 1915 by Korab oor. ’n Groep Afrikaners in Duitswes-Afrika wat hulle vereenselwig het met die Suid-Afrikaanse Rebelle stig ’n Boere-Vrykorps onder leiding van Andries de Wet, om die Unie-troepe se intog vanaf Upington teë te staan. Hul poging misluk vanweë ’n gebrek aan militêre dissipline en ervaring. Die verowering van Duitswes-Afrika in minder as ses maande met ’n lewensverlies van minder as 300 Suid-Afrikaanse soldate was ’n uitsonderlike militêre prestasie. Met die ondertekening van die Vrede van Versailles in 1919 is Duitswes-Afrika as ’n Klas C-mandaatgebied onder Suid-Afrika se beheer geplaas. Dit het beteken dat die gebied nooit polities en ekonomies onafhanklik sou word nie en dat Suid-Afrika die gebied deur sy landswette sou regeer. (http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/suider-afrika-geskiedenis/namibie/)
Teen
ongeveer 1932 het Daniel en Truia Laufs in Suidwes naby die dorpie Maltahöhe,
as bywoners gewoon. Die dorpie is in die
middel van nêrens geleë. In die dae toe die land onder Duitsland se
beheer was, het kaptein Henning von Burgsdorff, die hoof van die Duitse
koloniale owerheid vir daardie distrik met sy kantoor op Gibeon geleë, die
gehuggie op die rand van die Swartrandplato gestig. In 1896 het hy na Walvisbaai gereis om Martha, sy
verloofde, te verwelkom wat van Duitsland daar aan wal gestap het. Hulle het op Walvisbaai getrou en het die reis van drie weke per ossewa na Gibeon aangepak. Dit het
terselfdertyd as hul wittebroodsreis gedien.
Volgens oorlewering het Von Burgsdorff se huishulpe probleme gehad om Martha
se naam korrek uit te spreek en het hulle haar Malta genoem. Sy was vir die res
van haar verblyf in Duits-Suidwes-Afrika só aangespreek. Von Burgsdorff het Malta saamgeneem op ‘n tog
te perd om na ‘n geskikte plek te soek, waar hy ‘n nuwe distrikskantoor kon vestig. Administratiewe verpligtinge in die Gibeon-distrik het toegeneem met meer en
meer setlaars wat hulle daar gevestig het. Von Burgsdorff en sy
vrou het tydens die soektog op ’n lieflike plein met sterk water en goeie
weiding afgekom en hy het dit Maltahöhe (Malta se hoogte) gedoop. Von Burgsdorff het voortgegaan en ‘n
distrikskantoor opgerig wat op 1 Oktober 1899 deur ‘n poskantoor gevolg is. ’n Klein garnisoen is na Maltahöhe afgedeel en die huis wat vir die
offisier gebou was, staan vandag nog as die
“offisiershuis” bekend. (http://www.republikein.com.na/rubrieke/maltah-he-hotel-kanniedood-van-die-platteland.225419) The settlement was mainly established as a trade
outpost for farmers operating in the area and as a small garrison for the
Schutztruppe. In 1904 Maltahöhe boasted five houses and in 1907 the company G.
Hesselmann of Gibeon erected the first building of the Maltahöhe Hotel on 1000
square meters. (http://www.maltahoehe-hotel.com/history.htm)
EGGSA
EGGSA
Keetmanshoop main cemetery. Namibia
Toe Daniel in 1928 oorlede is, het Truia nog vir ‘n hele paar jaar lank in Suidwes Afrika aangebly, terwyl sy hulle boerderybedrywighede daar behartig het. Met
wintertyd het Truia altyd ‘n prafienkas vol skaapvleis winddroog gemaak en
gespesery, waarna sy dit dan vir haar dogter Hetta gestuur het. Daar was nie yskaste nie en
die vleis is gedroog, gekook en ook as biltong geëet. Op hierdie manier kon hulle van
die vleis tot aan die einde van winter eet, indien dit sou goed hou. Op hierdie stadium was nog net drie van
Andries en Hetta se kinders naamlik
Gerrie, Hennie en Hansie gebore. Hierna het Truia met van haar ander kinders te wete Grieta, Sophie en Annie (Hetta se susters) by Andries en Hetta in hulle huis gaan woon.
Truia
het ‘n gewas tussen haar dik en dunderm gehad, wat in die Gordonia hospitaal op
Upington verwyder is. Sy het nog vir 10
jaar daarna gelewe. Toe die gewas weer
hervat en Dr Reitz dit vir ‘n tweede maal wou verwyder, het sy geweier. Hetta se
suster Gerrie het haar verpleeg en haar versorg tot met haar dood.