i.1. Izak Petrus Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 23/08/1890

i.1. Izak Petrus Johannes (Izak), geb. 23/08/1890, oorl. 11/05/1954, Neilersdrif x 06/12/1915, Prieska met Engelina Susara WESSELS, geb. 16/04/1893, oorl. 04/04/1978, Neilersdrif.

Izak Petrus Johannes was die seun van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Hendrika Christina Wilhelmina Loots.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.

Izak Petrus Johannes was eers 'n kwekeling onderwyser.  Hy het onderwys op die plase Prieskaspoort en Kraanvoëlpan gegee.  Hy het verder studeer op Graaff-Reinet.  Daarna het hy op die plaas Biesjespoort skoolgehou tot einde 1946.  Hy was die enigste onderwyser in die skool en het alle leerlinge van Sub A tot St. 5 onderrig.  

Izak, Engelina en familie

Hy het afgetree op Keimoes en het later op Neilersdrif gaan woon.  Hy het ook tydelik skoolgehou op Langklip, Noenieput, Neilersdrif en moontlik ook op Friersdale.  Hy het siek geword aan longkanker (alhoewel hy nooit gerook het nie) toe hy op Neilersdrif skoolgehou het.


I
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Engelina Susara, van der 1893-1978

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Izak P.J., v.d. 1890-1954