h.9. Adriaan Jacobus VON WIELLIGH, geb. 09/09/1931

h.9.  Adriaan Jacobus (Attie), geb. 09/09/1931, oorl. 11/03/1969, begr. Pofadder  x 02/09/1952, Karasburg, Namibië met Anna Susanna Hendrina Christiana LOUW, geb. c. 1927.

Adriaan Jacobus was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Christina Alida Booysen.

Attie en Frikkie het as kinders in die buitekamer van die Von Wielligh huis geslaap, vanwaar Attie met ‘n mechanostel ‘n spoortjie geprakseer het om kamerbediening vanaf die kombuis moontlik te maak.  Al wat van die von Wielligh huis behoue gebly het, nadat dit gesloop is,  is twee motorhuise agter op die erf, waar Attie bioskoop gehou het.  Die enigste ander bioskoop is soms by die skool deur ‘n sekere oom Naude gehou.  As die klank die aand nie wou werk nie, het almal maar die prentjies gekyk.  Attie het 1960 ‘n nuwe winkel in Springbok begin.  (Pofadder en die Von Wiellighs 1919-1999)

Rina en Katie versier vir Attie met blomme.  (Pofadder en die Von Wiellighs 1919-1999)

FAMILYSEARCH

Uit die familiefees:  My pa sit aan die voete van ons Hemelse Vader.  Dit was Sy wil dat ons so kon vergader.  (Rista Engelbrecht)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, POFADDER, Urban area Northern Cape, POFADDER, Main cemetery