Hendrik Johannes was die seun van Gysbertus Johannes Goosen von Wielligh en Anna Sophia Wilhelmina Nel.
Hennie von Wielligh is in 1927 in die Houmoed distrik, Kenhardt gebore.
“Die Groot Droogte
van 1933 het sy merk gelaat op die skool en die gemeenskap. Grootskaalse behoeftigheid het onder die
mense ontstaan en in 1933 moes die skool selfs skryfmateriaal aan
die kinders verskaf. Die ACVV het pouses
aan die kinders iets warms verskaf.
Alhoewel die omstandighede van die mense in die volgende jaar beter was,
was dit nog steeds somber. Waar die
versengende droogte van 1933 die lewegewende water teruggehou het, het 1934
weer die verwoestende vloed gebring waarmee die droogte gebreek is. Met die tyding van die komende watermassa het
mnr. Van der Walt die skool verdaag. Man
en muis, personeel en kind het hulle na Groblersbrug gehaas. Ten aanskoue van die eerste bruin waters, vol
stompe en dooie diere, het almal op die brug spontaan ingeval met “Prys den Heer
met blye galme…” Trane het vrylik
gerol. Die droogte is gebreek. Die vallei om die Oranje kon weer lewe.”
“Hierdie tydperk
is sinoniem met onmeetlike armoede en ellende onder sommige huisgesinne. Kinders het dikwels skool toe gekom met een
of ander aandoening weens ‘n gebrek aan voeding. Ekseem is sommer gou gou as ‘n “nare siekte”
beskryf. Ouers moes ook ‘n sertifikaat
van die distriksgeneesheer toon dat kinders nie aan een of ander aansteeklike
siekte ly nie. Kaas en rosyntjies, asook
melk – wanneer dit beskikbaar was – is aan kinders as ekstra voeding
gegee. Vroeg in 1937, met die wolke van
oorlog reeds dreigend in Europa, is die verhoogde sekondêre status van die
skool feestelik gevier. Nou kon daar al
van Hoërskool Keimoes gepraat word.”
“DieVolksontwaking
van 1938, wat oor die hele Suid-Afrika plaasgevind het, het neerslag gevind in
Keimoes. Dwarsoor Suid-Afrika vind nou
‘n geweldige opbloei van Afrikaner-Nasionalisme plaas. In 1938 word die simboliese Ossewatrek na die
noorde georganiseer. In Keimoes kom die
Johanna van der Merwe aan. Die
skoolkinders was buite weste van opgewondenheid en doen entoesiasties mee aan
al die feesvieringe. Die volkseie word
herleef met volkspele en by die skool hanteer die ywerige mev. Van Aarde die
volkspele-laer. Die lied van jong
Suid-Afrika word ‘n magtige dreuning.”
“In 1939 was die
oorlog om die draai en die mense het alreeds swaar gekry. Werk was skaars. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog
het alledaagse noodsaaklikste items ‘n luukse geword. Kinders het sigbaar maerder geword en armoede
was duidelik op hul gesigte te bespeur.
Voedingskemas soos sopkombuise is by die skole aangebied. Ook by Keimoes word daar pouses kaas en melk
voorsien.”
Hennie as jong seunToe dit tyd was vir Hoërskool, het sy ouers besluit om vir Hennie na “
As jong man het hy in die kroeg van die hotel gewerk. Laterjare het hy vanaf die huis gewerk. Hy het ‘n verstommende sin vir syfers en ‘n wonderlike geheue gehad.
Hy was baie gewild onder die meisies. Hy was baie sjarmant en het menige meisie se voete onder hulle uitgeslaan. Ten spyte van al die meisies wat hy op skool, op die trein en in die Paarl ontmoet het, was dit ‘n plaaslike nooi wat sy hart gewen het. Hy trou is op 27 Februarie 1952, met Hendrika Christina Wilhelmina van der Westhuizen die dogter van Andries en Hester van der Westhuizen van Neilersdrift.
Die Hennies met hulle verlowing
FAMILYSEARCH
Onthaal in die "Grootsaal" van Keimoes Hotel
Keimoes nuwe begraafplaas
Na sy dood het Klein Hennie nog vir 'n paar jaar op Keimoes aangebly, waarna sy Kuilsrivier toe getrek het en haar in die Andante Aftree-oord gevestig het. Hier het sy gewoon tot haar dood in 2013. Sy is langs haar man op Keimoes begrawe.
Keimoes nuwe begraafplaas
Foto gallery:
In Suikerbossie met hulle wittebrood
Die Hennies het aanvanklik in een van die kamers
(kamer nr. 6) in die hotel gewoon, maar het later na die woonstel reg langs die
hotel getrek. Ou-Hennie (soos hy bekend
was om onderskeid tussen hom en sy vrou te maak) het ‘n heerlike gemakstoel
gehad wat by die deur van die woonstel gestaan het. Een middag, na skool, het Corli haar skooltas
agter die stoel neergesit voordat sy gaan eet het. Hennie het sy sigaret se stompie by die deur
uitgeskiet, maar nie gesien dat dit teen die deurkosyn vasskiet en binne-in die
koffer val nie. Die koffer het aan die
brand geslaan en dit het beteken dat Corli haar hele kwartaal se skryfwerk van
voor af moes oordoen.
Hennie het ‘n besondere liefde en belangstelling in
voëls gehad en het ‘n hele klomp voëlhokke in die agterplaas van die woonstel
laat aanbring (tot groot frustrasie van sy vrou). Hier het hy ‘n groot verskeidenheid voëls
aangehou. Hy het ook ‘n papagaai gehad
wat kon praat, maar ook
verskriklik raas. Sy broer Bertie het
eenkeer kom kuier en die papagaai gesien.
Hy wou toe die papagaai koop en Hennie het die voël baie “swaar”
afgestaan. ‘n Week nadat sy broer terug
was in Pretoria, het hy vir Hennie gebel en gevra of hy hom nie kan betaal om
die voël terug te vat nie, want die papagaai het hulle gek gemaak soos hy kon
raas. Hennie het maar net gelag.
Op ‘n stadium het Hennie ook ‘n witborskraai gehad wat
die woord “pappa” kon sê. Eenkeer het
daar ‘n man by hom kom kuier wat vir Hennie gevra het om asseblief die “kind
wat so kerm” te antwoord. Die man kon
nie glo dat dit die kraai was wat so duidelik kon praat nie. Hierdie kraai het dikwels juwele en sigarette
uit die gaste se kamers gesteel en in sy nes gebêre. Gelukkig het hulle geweet waar om die
“gesteelde” goedere weer terug te vind.
Klein-Hennie het maar altyd kans gesien om diere en voëls groot of mak
te maak. Haar bakoorjakkalsie, Jakkie,
was wydom bekend onder die gereelde besoekers van die Hotel. Die Hotel het gereeld besoek ontvang van
groot busgroepe toeriste wat toere deur bv. die Namakwaland ter besigtiging van
die blomme gedoen het. Die toergidse op
hierdie busse het vir die groepe vertel van die mak jakkals wat hulle by
Keimoes te wagte kan wees en het voorgestel dat hulle ‘n lekkerny aanskaf om
vir hom te gee met hul aankoms. Jakkie
het gewoonlik die busse ingewag saam met die personeel van die Hotel en het ook
graag met etes in die eetkamer tussen hulle beweeg, want hy het altyd ‘n happie
van die tafels af ontvang.
Die Vaderland. Dinsdag. 27 November 1973
Keimoes Hotel het in die tyd van die von Wielligh’s
twee keer aan die brand geraak. In 1964
het die Nuwe deel bo gebrand, nadat ‘n gas met ‘n sigaret in die bed aan die
slaap geraak het. Met ‘n ander
geleentheid het die linnekamer aan die brand geraak.
As jong man het Ou-Hennie graag poker gespeel saam met
sy vriende en hulle het dan ook soms vir geld gespeel. Met sulke geleenthede is daar nagte
omgespeel. Klein-Hennie het nie hierdie
passie gedeel nie.
Hennie saam met sy broer Jannie en 'n klompie van hulle vriende
Die Hennies het graag gedans. Hulle het vir baie jare as die beste dansers
in die Noord-Weste bekend gestaan en toe hulle jonk was het hulle nie ‘n enkele
dansparty misgeloop nie. Soms het hulle
tot “toemaaktyd” in die Hotel gewerk en dan eers na die danse toe gery. Met geleentheid het hulle gedans tot die son
uitkom, of totdat daar net genoeg tyd oor was om uit die dansklere te verklee
in werksklere, voordat hulle die nuwe werksdag aangepak het.
Dans in Keimoes Hotel
Ou-Hennie was nie regtig ‘n “kinder-mens” nie. Dit is waarskynlik omdat hulle hom onbeholpe
laat voel het. Hy kon byvoorbeeld sy
eerste kind, Gys, nie gou genoeg vir sy vrou teruggee, nadat sy die baba
vir hom gegee het om vas te hou nie. Hy
het ook nie sommer ‘n kind op sy skoot getel nie. Soms as Corli op sy skoot wou sit het hy
gesê: “nee knopgat, klim af, jou stertbene maak my seer”. Hy was egter altyd besorg oor sy kinders en
het laterjare toe hulle al groot was, altyd op die horlosie “saam” met hulle
Kaap toe gery. Die kinders moes ook
halfpad bel, sodat hy kon weet dat hulle nog veilig is en moes ook dadelik laat
weet het sodra hulle hul bestemming bereik het.
Ou-Hennie se een been het vir hom baie las gegee en hy
het soms, veral wanneer hy moeg was, effens kruppel geloop. Hy was egter steeds ‘n “lady’s man”. Een keer op pad Kaapstad toe het hy op Calvinia heel
kruppel en moeg uit die motor geklim. Net toe hou daar ‘n motor met ‘n man en ‘n baie
aantreklike vrou daarin, langs hulle stil.
Skielik was Hennie se moegheid weg, sy maag diep ingetrek en die
kruppelstappie vergete. Nadat die motor
weggetrek en buite sig was, was hy eers kruppel. Almal het lekker gelag en hom vir jare daarna
nog daaroor gespot.
Met een geleentheid was hy alleen in die Kaap. Een van sy vriende het vir hom ‘n afspraak
met ‘n meisie gereël en hy het die meisie fliek toe geneem. Hy was so bang om daar op heterdaad deur sy
vrou betrap te word (al was sy honderde kilometres ver weg), dat hy homself
teen pouse verskoon het om toilet toe te gaan en toe die hasepad gevat het en die
meisie net daar gelos het.
Ou-Hennie was ‘n man met ‘n droë sin vir humor. Hy het soms die wonderlikste goed kwytgeraak
op die onmoontlikste tye. Die kêrels van
sy dogters het maar goed deurgeloop met
“o, jy is mos die mannetjie met die twee linkerbene” of “nee kêrel, jy sal maar ‘n Coke kassie moet
saamvat as jy my dogter wil uitneem. Jy
is te kort om haar ‘good night’ te soen” of die ergste nog “vrou, is
Koos D@#%& nog hier. Dis al
laat”. Hy was ook vol kwinkslae en baie
vinnig om die humor in ‘n situasie te sien.
Een “April fools” dag het sy streke egter “geboemerang”. Hy het ‘n streep op een van sy kliënte in die
kroeg getrek. Nadat almal lekker gelag
het en hy self trane in die oë van die lag gehad het, haal hy sy sakdoek uit sy
baadjiesak om die trane mee af te vee.
Wat hy vergeet het, was dat sy vrou vantevore‘n “spaar” broekie in sy
sak gebêre het, wat sy toe nie nodig gehad het nie. Die “sakdoek” was die broekie. Dit het pandamonium in die kroeg veroorsaak
tot groot verleentheid vir hom. Hy het
‘n goeie grap geniet, veral as dit stout
was en het graag grappe vertel. “Aids
jaag vir poephol rond”, was een van sy gunsteling grappe en hy het dit vir al
wat leef en beef vertel.
Hennie agter die toonbank in die dameskroeg
Ou-Hennie was ‘n groot sportaanhanger en het graag
krieket en rugby gaan kyk. Hy het sover
as wat dit moontlik was, al die internasionale rugbywedstryde, behalwe vir die Durban wedstryd,
bygewoon. Eenkeer het hy met van die
internasionale spelers in ‘n kroeg gesels.
Dit was die All Black span van New Zealand . Een van die spelers het vir hom sy wapenspeldjie
gegee as aandenking van die geleentheid.
Met hierdie rugby uitstappies het ander geestdriftige
rugby ondersteuners soms saamgery na die wedstryde toe. Met sulke geleenthede het hulle gekuier tot
by die wedstryd en weer terug. Eenkeer
het Ou-Hennie gevra dat een van die manne wat agter in die motor was, vir hom
‘n Black Label bier aangee (hy was ‘n passasier in die voorste sitplek). Hulle gee toe vir hom ‘n blikkie Coke aan,
wat net so rooi soos die bierblikkie was.
Hy het een sluk geneem en die hele voorste ruit natgespoeg, tot groot
vermaak van sy medepassasiers. Na die
koms van televisie was dit vir hom makliker om die wedstryde op die “kassie” te
volg alhoewel hy soms nog ‘n wedstryd of twee bygewoon het.
Saam met Hennie het Klein-Hennie die bestuur van
Keimoes Hotel behartig. Dit was nie ‘n
maklike lewe nie. Op hierdie stadium was
die Hotel ‘n florerende besigheid en dit het dikwels vereis dat daar baie lang
en moeisame ure gewerk moes word.
Hennies by die ontvangstoonbank in Keimoes Hotel
Buiten vir die besige bottelstoor, kamerdiens en
kosvoorsiening (drie volledige maaltye elke dag) is daar ook deurlopend
funksies soos danse, troues en spesiale etes (Kersfees, moedersdag, ens.)
gehou. Die Hotel was bekend vir sy
gasvryheid en goeie diens en mense het van ver af gery vir etes daar. Mense van die naburige dorpe soos Kakamas,
Augrabies, Upington en Kenhardt het gereeld Keimoes toe gery vir hulle Sondag
middagmaal.
Daar is reggestaan vir konferensies, vergaderings,
byeenkomste, filmspanne, toere, ens. en ‘n hele klompie vername mense het die
Hotel oor die jare besoek. Een van hulle
was Dr. Hendrik Verwoerd, op daardie stadium Eerste Minister van Suid-Afrika.
Dr. Verwoerd in die ingangsportaal van Keimoes Hotel c. 1958
Nog
‘n groot geleentheid waarvoor daar reggestaan was, was ‘n dinee ter ere van sy Edele
die Administrateur, Mnr. J.N. Malan. Onderstaande
is die vooraansig van die spyskaart vir die ete.
Die hoteleienaars van die omgewing, het in die vroeë
jare, soms saam oorsee gereis. Hulle het
mekaar almal redelik goed geken. Met
sulke geleenthede het hulle die vliegtuig (soms) leeggedrink. Met een so ‘n geleentheid het hulle in ‘n
oorsese restaurant, vir mekaar vreeslike growwe grappe in Afrikaans vertel, met
die veronderstelling dat daar tog nie iemand sou wees wat dit kon verstaan
nie. Tot groot verleentheid van die
groep was daar toe ‘n Afrikaanse paartjie by een van die ander tafels, wat
opgestaan het en vir hulle kom vra het om hulle in ag te neem.
Briefhoof en embleem van Keimoes Hotel in H.J. von Wielligh se tyd
Toe Hennie die Hotel oorgeneem het, was hy en sy broer
Jannie vennote. Hulle het ander
sakebelange ook gehad. Die twee broers
het later die besighede verdeel en Hennie het die hotel en die plaas Sout Oup
gekry, en Jannie die twee ander plase.
In 1983 het Hennie die Hotel aan sy seun Gys verhuur
en het hy afgetree. Hy het egter nog in
‘n toesighoudende hoedanigheid aangebly. Dit
was dan ook gedurende hierdie tyd dat Hennie en sy gesin in die groot huis van
sy ma, Annie, ingetrek het. Annie het op
haar beurt weer in ‘n woonstel in die Hotel ingetrek. Om ‘n goeie
ogie oor dinge te kon
hou, het hy vir hom ‘n kamera-videostelsel op sleutelplekke in die hotel laat
aanbring, wat hy vanuit sy sitkamer kon sit en dophou. In 1984 het die Hotel sy 50ste bestaan in die
besit van die von Wielligh familie gevier.
‘n Spesiale embleem is vir hierdie geleentheid ontwerp.
Hennie het vertel dat hy vir sy seun Gys, alles wat hy
van sy eie pa geleer het, geleer het. Sy
standpunt in die lewe was: wees
hardwerkend, wees eerlik en moet nooit ‘n mens van jou voordeur af wegwys
nie. As ‘n man ‘n slaapplek soek, gee
hom ‘n kombers en ‘n kamer. En as hy
honger is, gee hom iets te ete en te drinke.
Hennie het gesê dat sy pa hom geleer het dat ‘n hotel ‘n rusoord is vir
‘n moeë reisiger.
Die Gemsbok. Vrydag 7 September 1984
Die Hennies nadat hulle afgetree het.
Op
16 Augustus 1988 is Hennie von Wielligh skielik oorlede, nadat hy ‘n
beroerteaanval gehad het. Dit was op
die herdenking van die sanger Elvis Presley se sterfdag en die hele dag het
Elvis liedjies oor die radio gespeel.
Na sy dood het Klein Hennie nog vir 'n paar jaar op Keimoes aangebly, waarna sy Kuilsrivier toe getrek het en haar in die Andante Aftree-oord gevestig het. Hier het sy gewoon tot haar dood in 2013. Sy is langs haar man op Keimoes begrawe.
Keimoes nuwe begraafplaas
Foto gallery:
Funksies in Keimoes Hotel onder sorg van die Hennies von Wielligh: