h.1. Anna Sophia Wilhelmina VON WIELLIGH, geb. 30/04/1924, ged. 03/08/1924

h.1.  Anna Sophia Wilhelmina (Anna), geb. 30/04/1924, Pofadder, ged. 03/08/1924, Namies, dist. Kenhardt, oorl. 2013 x 05/10/1948, Keimoes met Charles Ernest (Ernie) BIRD, geb. 18/11/1922, Kenhardt, ged. 03/12/1922, Kenhardt. oorl. 2012,  Pretoria, s.v. Ernest Charles Bird en Maria Loxton. 

Anna Sophia Wilhelmina was die dogter van Gysbertus Johannes Goosen von Wielligh en Anna Sophia Wilhelmina Nel.

Anna saam met haar ma.







Links:  Anna  Regs:  Janet Botha en Anna
Anna

Anna, Hennie en Ernie

Anna Sophia Wilhelmina von Wielligh is vir  haar hoërskoolopleiding na Victoria Girls High te Grahamstad.  Sy trou op 5 Oktober 1948 met Ernie Bird.

Anna en Ernie op hulle troudag

Ernie het in 1955 sy PhD (Chemie) aan Cambridge Universiteit, waar die familie sedert 1952 gewoon het, behaal.  Hulle het vroeg in 1955 net na hulle seun Gyso se geboorte, na Suid-Afrika teruggekeer.  Ernie het by die WNNR aangesluit, waar hy in 1962 as hoof van die Korosie Groep aangestel is.  Hy het by die WNNR gewerk tot sy aftrede in 1983.  Daarna was hy in 'n adviserende hoedanigheid vir ongeveer 10 jaar aangestel, wat finaal beeindig is, toe hy ongeveer 85 jaar oud was.

Tipiese foto van Ernie met sy koffie in die hand (2008) 
Foto:  Lynne du Toit

Anna is in 1962 terug universiteit toe, waar sy die Hoër Diploma in Biblioteekkunde verwerf het.  Sy het egter eers gaan werk nadat haar kinders uit die huis was.  Sy was baie lief vir tuinmaak en het ook tennis en later rolbal gespeel tot sy 85 jaar oud was. (Lynne du Toit)

Gyso, Lynne, Anna en Gyso se 2 dogters Debbie en Annphia met Ernie se begrafnis
Foto:  Lynne du Toit

Kinders:

d.1.  Evelyn Ann BIRD, geb. 23/12/1950, Pretoria 
x 28/09/1974, Pretoria met William John (Billy) du Toit, geb. 06/12/1946, Paarl.

d.2.  Gysbert Ernest BIRD, geb. 22/09/1954, Cambridge, U.K. x 14/02/1980, Pretoria met Berdine Lourens (geskei), xx 22/01/2000, Pretoria met Elmari Naude, geb 21/01/1967, Calvinia, Noord-Kaap.


d.3.  Anna Sophia BIRD, geb. 09/05/1958, Bellville, x Pretoria met Hastings Louw, geb. 30/03/1946, Pretoria.