h.11. Hilda Wilhelmina VON WIELLIGH, geb 31/01/1935

h.11.  Hilda Wilhelmina (Hilda), geb 31/01/1935 x 19/12/1958 met Jacobus Stephanus GROVE, geb. 09/06/1925, s.v. Willem Pieter Rousseau (Willie) Grove en Elizabeth Maria (Bessie) de Wet.

Hilda Wilhelmina was die dogter van Hendrik Johannes von Wielligh en Christina Alida Booysen.


Elkeen het sy beurt gehad om die eetkamer van die Von Wielligh huis na ete uit te vee.  Hier het Hilda geleer dat jy net met die besem teen die vloerlys hoef te klop en  almal sal dink dat  jy besig is om jou plig na te kom.  (Pofadder en die Von Wiellighs 1919-1999)


Die von Wielligh susters.  Rina, Katie, Christina, Gloudina agter.  Luitha, Hilda, urtha, Hetta Elna voor.

Uit die familiefees:  Tannie Hilda bly maar die smous en probeer ons op die fees met haar pryse flous. (Rista Engelbrecht)