f.2. Hilletje Wilhelmina Jacoba VON WIELLIGH, geb.17/09/1849, ged. 22/11/1849

f.2.  Hilletje Wilhelmina Jacoba, geb. 17/09/1849, Zoutrivier, Kaapse distrik, ged. 22/11/1849, Rondebosch, oorl. 11/10/1878, Bowesdorp, Namakwaland, (MOOC 6/9/166 6019) begrawe Oest, Kamieskroon x 24/03/1870 met Gerard GENIS, geb. 1843, Beemster, Nederland, oorl. 03/03/1909, Garries, Boesmanland, s.v. Evert Genis en Margaretha de Graaff.

Hilletje Wilhelmina Jacoba was die dogter van Hendrik Johannes von Wielligh en Sarah Henriëtta Smith.



FAMILYSEARCH
Kaapstad, Wynberg, Rondebosch, St. Paul

FAMILYSEARCH
Lidmaatskap Kaap 20/12/1870

Evert Genis, matroos in die Nederlandse vloot tot 1832, onderwyser in Oost-Beemster kom in 1850 met die boot Amicitia in Suid-Afrika aan.  Hy was 'n onderwyser en voorleser op Vanrhynsdorp en Garies, Boesmanland en 'n prokureursklerk in Pretoria.  In 1854 het Evert Genis besluit om hom permanent in Namakwaland te vestig.  Hy het sy familie per skip laat kom en begin skoolhou op Wallekraal.  As voorleser het hy die godsdiensoefeninge en begrafnisse in afwesigheid van 'n leraar gelei, en as daar 'n. leraar was, dan het hy in die reel die psalm- en gesangverse opgegee, en die Tien Gebooie, Twaalf Artikels en Skrifgedeeltes voorgelees.  Die eerste duplikaat-registers in die kerkargief is in die nette handskrif van Mnr. Genis. (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)  Evert het vir sy seuns Jakob, Jan, Gerhard en Pieter opgelei om ook onderwys te gee.  Die gesin het nie lank op Wallekraal gewoon nie.  Hulle roete binneland toe was deur die plase Wallekraal, Horrees, Soebatsfontein, Grootvlei en Elmboogsfontein en het geëindig op die plaas Oest, 8 km vanaf Elmboogsfontein.  Die plaas se naam is later verander na Koets en weer later na Kamieskroon.  In 1872 was slegs Jacob woonagtig op sy plaas Kleinghas (Windhoek 5 km van Kamieskroon) en Gerhard wat toe reeds op Genisdal gevestig was, was die enigste van die Genis gesin wat in die Namakwaland agtergebly het.  Genisdal se naam is in 1910  na die Uniewording  na Garies verander.


Gerhard Genis
(Foto uit:  Genis Hennie:  In die voetspore van Evert Genis, stamboom en familiegeskiedenis 1850-2011) 

Wat kerklike aangeleenthede en handel in 1864 betref was Bowesdorp as die hoofdorp beskou.  Gerhard het as onderwyser op Oest gewerk, terwyl hy terselfdertyd ook ‘n algemene handelsaak in 1874 op Bowesdorp geopen het.    Erwe was te koop en wonings en besighede het oral begin verrys.  Binne ‘n paar jaar was daar twee algemene handelaars naamlik Gerhard Genis en Moses Schuur. Gerhard se eerste vrou Hilletjie Wilhelmina Jacoba von Wielligh, is naby die plaashuis van die Van Wyk-eienaars van die plaas Kamieskroon, ongeveer 100 m vanaf die plaashuis af begrawe.  Dit is ‘n enkel graf en nie deel van die begraafplaas nie.  Die graf is pragtig opgemaak en in ‘n goeie toestand.  Sy is oorlede op die ouderdom van 29 jaar na die geboorte van haar en Gerhard se vierde kind, ‘n dogter wat toe na haar vernoem is.

FAMILYSEARCH

(Foto uit:  Genis Hennie:  In die voetspore van Evert Genis, stamboom en familiegeskiedenis 1850-2011) 

Weens die droogte en afnemende verkoopsyfers het hy egter die winkel op Bowesdorp in 1878 gesluit na Hilletjie se dood.  Hy hertrou op 24/03/1880 met Rosina Johanna Steensma, oorl. 28/01/1896 en vir 'n derde keer met Charlotte Margaretha Mostert. 

3.  Sara Elisabeth;  4. Margaretha de Graaff;  5. Evert Gerard;  6. Hilletjie Wilhelmina Jacoba
(Foto uit:  Genis Hennie:  In die voetspore van Evert Genis, stamboom en familiegeskiedenis 1850-2011) 

In 1895 met die afskeid van Ds. Conradie:  Op Woensdag, 2 Oct., werd ten huize van den heer G. Genis, aan den geliefden leeraar en zijne echtgenoote een afscheidsmaal gegeven  die door velen werd bijgewoond, en waar in de toespraken ook duidelijk de gehechtheid aan hen aan het licht kwam. Donderdag werd hun een eindswegs uitgeleide gedaan, en na een gebed door Ds. Conradie, scheidde men met tranen van elkander."  (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)

FAMILYSEARCH

EGGSA
GENIS Gerard 1843-1909
Geboren te Beemster Noord Holland. Oorlede te Genisdal Garies Northern Cape, GARIES, Genis private cemetery

g.1.    Susara Elizabeth GENIS, geb. 06/11/1872, Bowesdorp.

g.2.  Margaretha de Graaff GENIS, geb. 27/06/1874 x G Rogers.

g.3.  Evert Gerard GENIS, geb. 27/07/1875, ged. 26/09/1875, Bowesdorp, Namakwaland, oorl. 17/10/1939, Grahamstad.

g.4.  Hilletje Wilhelmina Jacoba GENIS, geb. 28/09/1878, Bowesdorp, ged. 03/10/1878, Bowesdorp, Namakwaland x Carlo Andries Mostert, oorl. 1943.