Hendrik Johannes was die seun van Nicolaas Johannes von Wielligh en Hilletjie de Waal.
FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1816-1821
DG: Hendrik de Waal, Catharina Uys, Jan de Waal, Aletta de Waal.
FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1815-1820
FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1816-1823
Uit die beskrywinge van vername reisigers wat Suid-Afrika besoek het, blyk dat reeds in die agtiende eeu ‘n aansienlike getal Europese families hulle anderkant die Olifantsrivier in die Hantams en Namakwaland gevestig het. Onder die name wat genoem word kom die volgende families voor: Steenkamp, van Wyk, Strauss, van Zyl, Mostert, van der Merwe, Engelbrecht, Dreyer, Beukes, van Reenen, Nel, van der Heever, Coetzee, Gagiano, Esterhuizen. Lichtenstein (1803-1806) veral het oor die edel karaktertrekke en beskaafde lewenswyse van die mense in die geweste verslag gedoen. Hy het hulle nie hoor vloek nie; hulle was waarlik godsdienstig; het in liefde en vrede met mekaar saamgewoon; hulle was gasvry teenoor vreemdelinge en van mekaar was daar agter die rug nie skinderpraatjies nie. (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2) Die emansipasie van die slawe in 1838, wat ‘n algemene arbeidstekort tot gevolg gehad het, die droogte, perdesiekte en die val van landboupryse het ‘n groot invloed op die boerebevolking van die Kaap gehad. Dit het baie boere oortuig om uit die Kaap uit weg te trek. Waar sommige gesinne hulle permanent of vir ‘n paar jaar lank op 'n plek gevestig het, het die seuns weer verder die binneland ingetrek en vir hulle leningsplase uitgesoek. Weens die lae reën was die drakrag van die veld maar laag en gevolglik moes die leningsplase groot wees en het dit meestal ‘n paar duisend morg beslaan. Die binneland was onbewoon en dit was vir die veeboere en veral vir hulle seuns wat na hul huwelik op hul eie wou gaan boer geen probleem om nuwe leningsplase die land in te bekom nie.
Kaart uit . (Pretorius, Fransjohan, red. Geskiedenis van Suid-Afrika
van voortye tot vandag.)
Hendrik Johannes en Sara Henriëtta se dogter Hilletje Wilhelmina Jacoba, is op 22 September 1849 by Zoutrivier, in die Kaapse distrik gebore. Die familie het dus op daardie stadium nog in die Kaap gewoon.
Die hele namakwaland suid van die Oranjerivier het tot die middle van die 19de eeu tot die gemeente Clanwilliam behoort. Hierdie gemeente gestig in 1826 het gestrek van die Cederbergen in die suide tot die Buffelsrivier in die noorde, d.w.s. oor ‘n afstand van honderde myle, waardeur dit vir die verafwonende lidmate van die kerk in die geweste van Kamiesberg en Hardeveld haas onmoontlik was om hulle kerklike voorregte op Clanwilliam te geniet. In 1839 was daar in die Hardeveld 525 zielen, 20 – 22 uuren te paard van de kerk. Namakwaland 703 zielen 30 tot 35 uuren ditto. Camies Berg1459 zielen 30 – 40 uuren ditto. (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2) Sir Harry Smith het in 1847, die grense van die Kaapkolonie uitgebrei tot aan die Oranjerivier. Dit het die gebied suid van die rivier, die noordelike gedeelte van Namakwaland en Boesmanland (destyds ook bekend as die Achterveld of Trekveld) onder koloniale beheer gebring. Gevolglik het al hoe meer Blanke veeboere die gebied binnegetrek en legplekke (plase) daar aangelê.
Die eerste substreek van die Namakwaland begin by Vanrhynsdorp en word die Knersvlakte genoem. Dit bestaan uit die gebiede rondom Vanrhynsdorp, Groot Graafwater, Geelbek, Klirand, Doornrivier en Grootdrift. Hierdie area bestaan gedeeltelik uit vlak klipperige en sanderige grond wat nie veel winter- of somerreën kry nie. Die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit vetplante, vyebossies en boesmangras. Dit bied goeie weiding vir kleinvee en die streek is ook bekend as een van Namakwaland se blommekyk paradyse. (Genis, Hennie: In die voetspore van Evert Genis, Stamboom en familiegeskiedenis 1850 – 2011)
Die tweede substreek is bekend as die Boesmanland. Dit sluit Kliprand, Stofvlei, Platbakkies, Bitterputs, Bosluispan en Gamoep in. Hierdie substreek strek al bo-op die Kamiesberge langs, veral Gamoep tot by Garies, in die rigting van Kliprand. Die somerreenval is wisselvallig en die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit ‘n verskeidenheid grassoorte, growwen en fyn twagras, met lae vyebossies hier en daar. ‘n Voordeel van hierdie substreek is die vinnige tempo waarteen die gras groei na die somerreen. (Genis, Hennie: In die voetspore van Evert Genis, Stamboom en familiegeskiedenis 1850 – 2011)
Die derde substreek staan as die Hardeveld bekend. Dit begin by Nuwerus en beslaan ongeveer 10 tot 20 km weerskante van die N7 tot by Sringbok en Nababeep. Die streek het die hoogste reenval in Namakwaland, wat dit geskik maak vir gemengde boerdery. Dit sluit Garies, Kamieskroon en Springbok in. (Genis, Hennie: In die voetspore van Evert Genis, Stamboom en familiegeskiedenis 1850 – 2011)
Die Sandveld streek is die smal area tussen die Swartland en die Weskus, vanaf Hopefield in die suide tot by Lutzville in die noorde.
Die Sandveld as vierde substreek van die Namakwaland se oorsprong lê by Koekenaap en sluit Landplaas, Komkans, Nariep, Groenriviermond, Soutfontein, Wallekraal, Hondeklipbaai, Soebatsfontein, Koiingaas, Kommagas, Kleinsee en Port Nolloth in. Die Sandveld is ongeveer 10 tot 15 km breed en kry minder reën as die Middellande, maar genoeg om veeboerdery lewensvatbaar te maak. Die Sandveldstreek is die laagliggendste gedeelte van Namakwaland. Vandaar moet ‘n mens oor verskeie bergpasse ry om die Middellande en die Boesmanland te bereik. Die passé sluit in, die Groenrivierpas na Garies, Wallekraalpas na Gariep, Killlianspas en Grootvleipas tussen Hondeklipbaai en Soebatsfontein, Kamieskroon, Wildeperdehoekpas tussen Soebatsfontein en Springbok, Spektakelbergpas tussen Kleinzee en Springbok en die Anenouspas tussen Port Nolloth en Steinkopf. Die bergpasse tussen die Middellande en die Boesmanland sluit in, die Stuterspas vanaf Garies na Leliefontein en die Kamiesbergpas tussen Kamieskroon en Leliefontein. Hierdie twee passé verbind ook die Middellande met die Voor- en Agter-Boesmanland. (Genis, Hennie: In die voetspore van Evert Genis, Stamboom en familiegeskiedenis 1850 – 2011)
Die vyfde substreek is die Richtersveld en begin by Concordia en Steinkopf en strek al met die N7 langs tot by Noordoewer. Dan links af langs die Oranjerivier en sluit plekke in soos Stinkfontein, Rosyntjieberg, Tswaies, Koeboesberg, Sendingsdrift, Eselsfontein, Lekkersing, Beeskraal, Grootderm en Katdoorn in. Die streek strek trouens verby Port Nolloth terug tot by Steinkopf. Die somerreenval in die Richtersveld is selfs meer wisselvallig as in die Boesmanland. (Genis, Hennie: In die voetspore van Evert Genis, Stamboom en familiegeskiedenis 1850 – 2011)
Vir die Namakwalanders, wat hoofsaaklik NG. Kerk lidmate was, was die uitlewing van hul godsdiens van groot belang in hul daaglikse lewe. Hulle was egter almal lede van die Clanwilliam gemeente, wat ‘n rit van 55 ure met ‘n kar en perde op ‘n tweespoorpad was. Die behoefte aan ‘n eie gemeente het gelei tot die stigting van die dorp Bowesdorp.
‘n Gedeelte van die plaas Wilgenhoutkloof is op 1860 gekoop. Dit het genoeg water gehad vir ‘n klein dorpie en was goed geleë. Die dorp is na dr. Henry Bowe, wat die gewilde distriksgeneesheer was, vernoem en is eers Bowesville genoem. Die kerk is op 23 Januarie 1864 ingewy. Dit was ‘n merkwaardige dag. Ossewaens en perdekarre met Nederduits Gereformeerde kerklidmate van sover as van Rhynsdorp, Hondeklipbaai en Alexanderbaai asook die predikante van die Engelse en Wesleyaanse kerke van Springbokfontein (Springbok) het almal opgetrek om deel te hê aan die geleentheid.” Dr Bowe het ook deelgeneem aan die seremonie en het 'n bottel whisky op 'n rots gebreek. 'n Dorpie het gou rondom die kerk ontstaan. Die dorp se naam het later na Bowesdorp verander. Daar was nie genoeg water in die kloof nie en die predikante het nie van die plek gehou nie, daarom het die inwoners in 1924 besluit om hulle kerk en dorp na Kamieskroon, 'n paar kilometer daarvandaan af te verskuif.
Die eerste kerkgebou van die gemeente was op Bowesdorp,
maar die plekkie is later na Kamieskroon verskuif sodat van die dorpie net enkele bouvalle oorgebly
het. (https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Namakwaland)‘n Gedeelte van die plaas Wilgenhoutkloof is op 1860 gekoop. Dit het genoeg water gehad vir ‘n klein dorpie en was goed geleë. Die dorp is na dr. Henry Bowe, wat die gewilde distriksgeneesheer was, vernoem en is eers Bowesville genoem. Die kerk is op 23 Januarie 1864 ingewy. Dit was ‘n merkwaardige dag. Ossewaens en perdekarre met Nederduits Gereformeerde kerklidmate van sover as van Rhynsdorp, Hondeklipbaai en Alexanderbaai asook die predikante van die Engelse en Wesleyaanse kerke van Springbokfontein (Springbok) het almal opgetrek om deel te hê aan die geleentheid.” Dr Bowe het ook deelgeneem aan die seremonie en het 'n bottel whisky op 'n rots gebreek. 'n Dorpie het gou rondom die kerk ontstaan. Die dorp se naam het later na Bowesdorp verander. Daar was nie genoeg water in die kloof nie en die predikante het nie van die plek gehou nie, daarom het die inwoners in 1924 besluit om hulle kerk en dorp na Kamieskroon, 'n paar kilometer daarvandaan af te verskuif.
Murasie van die kerkgebou op Bowesdorp
Dit was vermoedelik in 1874 wat Hendrik Johannes en Sarah Henriëtta von Wielligh noordwaarts met hul vee en familie getrek het. Die Blanke trekboere was vanaf 1878 toegelaat om hulle eie grond te koop. Dit het tot 'n bywonerstelsel gelei, waar veeboere wat nie hulle eie grond besit het nie, by plaaseienaars oorgestaan het met hulle vee. In 1878 under british rule, white farmers were allowed by a new legislation to buy their own land and soon after no unclaimed land was left in Namaqualand. With the erection of fences around their properties, farmers could practice an internal migrating system or rotational grazing. (Kostka, Berit: Namaqualand – a short history of nearly everything) Die von Wielligh's het hulle in die Kamiesberg omgewing op die plaas Riethuis gevestig. Riethuis is 25 km noord-noord-oos van Hondeklipbaai geleë. We travelled up it wome miles making in all about eighteen or twenty miles before we ascended the high ground, passed Oubees (‘n plaas 10 km noordoos van Riethuis), another of the Company’s farms about half-way between Riethuis and Kekokies, about seven miles from each other. (Schaefer, Arne: Life & Travels in the Northwest, 1850-1899: Namaqualand, Bushmanland &West Coast, Kaapstad 2008)
Ten minste twee van Hendrik Johannes en Sarah Henriëtta se kinders is uit die kerk op Bowesdorp getroud. Op 4 Julie 1880, Bowesdorp, trou die boer van Kraaifontein, Hendrik Johannes Augustein Wiese, 22jr oud met Sara Henriëtta Elizabeth von Wielligh, oud 24 van die plaas Riethuis en op 5 Februarie 1882 trou Hendrik Johannes Oostenwalt von Wielligh, geb, 1854 van die plaas Riethuis, Namakwaland op 28 jarige ouderdom in die N.G. Kerk, Bowesdorp, met Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht, geb. 01/09/1864, 17 jr. oud van die plaas Klipkuil.