Die
van is van Nederlandse en Duitse oorsprong. Die vroegste verskyning van die naam in Suid Afrika is die van Nicolaus
von Wielligh, offisier in diens van die V.O.C., wat vanaf Hamburg,
Duitsland, na die Kaap gekom het. Die
van is ook in vroeë tye aangeteken in die Suid Gravenhage streek van Nederland, en verskyn later in trouregisters teen die tyd van
die huwelike van Antonia van Wielick met Johannes Gout op 28/09/1727, en
Adrianus van Wielick met Agres van Scherpenzeel in November 1754.
Die internet surname database gee die
volgende beskrywing vir die van: This very interesting name is of
Germanic-Prussian origins, and all early recordings come from the former
provinces (or states) of Sachsen and Brandenburg in Germany. Furthermore, by
Mid-European standards, the recordings of the name are constant, back to the
early 17th Century, a rare event for a region wracked by war and strife for
centuries. The name itself is a patronymic form of the Olde Saxon
"William", so popular with the later Normans, and subsequently the English.
(http://www.surnamedb.com/Surname/Willisch)
Furthermore, in the case of Willisch, name holders have received ennoblement. The name spelling is recorded as Willisch, Willich and Wylich, and in the latter form, Emma Konstance Von Wylich was recorded at Berlin Stadt, Brandenburg, on October 7th 1834. Other recordings include Johann Willisch who married Sabina Zoelher at Merseburg, Sachsen Province, on April 17th 1615, whilst on March 9th 1760, the rare double patronymic form "Willischs", was recorded at Berlin Stadt, when Sofia Willischs married Peter Gualtiesy. The first recorded spelling of the family name is shown to be that of Johannes Willisch, which was dated November 26th 1605, married Sophia Strigentius at Eckartsberga, Sachsen Province, during the reign of Emperor Rudolf 11 of the Holy Roman (German) Empire, 1576 - 1612. (http://www.surnamedb.com/Surname/Willisch)
In Duitsland het alle kinders van adelikes, self
adelik geword en die meeste titels was oorgedra na al die kinders. German titles of
nobility don't work like English titles. For example: the titles don't have
to be "passed on" after the death of the father. The nobles already have that title, even if the father is still alive.
(http://home.arcor.de/natsu_esda/extras/german_titles_of_nobility.htm) Die meeste vanne uit die Duitse adelstand,
word voorafgegaan of het die voorsetsel “von” wat “vanaf” beteken.
Soms is dit ook voorafgegaan deur “zu”.
Oor die algemeen het die “von” die plek waarvandaan die familie
oorspronklik kom, en die “zu” die plek wat op daardie stadium in hul besit was,
aangedui. Wanneer die vorm “von und zu”
gebruik is, het dit beteken dat die familie steeds in besit van hulle
oorspronklike eiendom was.
Die grootste meerderheid van adelikes dra die
betiteling “von”. In Noord en Oos
Duitsland is daar egter ‘n groot aantal families wat die “von” betiteling van
die dorpe waar hul vandaan kom gebruik, sonder dat hulle ooit adelik was of
probeer voorgee om te wees. Die Duitse
adelstand as wettige onderskeidingsklas is op 11/08/1919 met die Weimar
Grondwet (waaronder alle Duitsers gelyk verklaar is) tot niet gemaak. Onder die wet word die regte en voorregte wat
voorheen op adelikes van toepassing was, is nie meer erken nie.
Daar kon tot dusver nog nie met sekerheid vasgestel
word of die Suid-Afrikaanse von Wielligh-familie wel bande met die adelstand
het nie. Daar is egter bewyse van
adelikheid wat aan die van gekoppel kan word, soos byvoorbeeld uit die
geskiedenis van Johann August Ernst von Willich, geb. 19/11/1810 , Braunsberg, Oos Pruise,
Duitsland, oorl. 22/01/1878 . Hy was ‘n militêre offisier in die Pruisiese
weermag en het sy adelike titel in 1847 prysgegee.
In die amptelike dokumente vind ons ‘n verskeidenheid spel
variasies vir die van. Surnames became necessary when governments introduced personal taxation. Throughout the centuries, surnames in every country have continued to "develop" often leading to astonishing variants of the original spelling. (http://www.surnamedb.com/Surname/Willisch) In die
monsterrolle van die Vryburger setlaars aan die Kaap in 1712 kom die naam Claas
van Wielinge voor. Uit inskrywings van die “Master of the Orphan
Chamber” sien ons ook die naam Nicolaas van Wielinge in 1732/33. In 1739 word daar verwys na Claas van
Wieling (sonder die e) in ‘n verslag aan Swellengrebel.