Geskiedkundige agtergrond

Toe Jan van Riebeeck in 1652 die verversingspos aan die Kaap kom stig het, was dit slegs vier jaar sedert die sluiting van die Vrede van Westfale wat die dertigjarige oorlog (1618 – 1648)  beeindig het.  Baie mense van die Duitstalige gebiede het probeer wegkom van die verwoesting en armoede wat deur die oorlog veroorsaak is, deur in hul welgestelde buurland (Nederland) ‘n nuwe heenkome te gaan soek.  Nederland het in die 17de eeu, die goue eeu, ‘n bloeitydperk beleef en die VOC was gretig om die Duitse trekarbeiders in diens te neem.  

Die tuin wat Jan van Riebeeck aangelê het, was ongeveer 18 ha groot.  Die kompanjiestuin was aanvanklik uitsluitlik gebruik om kompanjieskepe van groente en vrugte te voorsien.


‘n Plan van die Kompanjiestuin uit P. Kolbe se Nauwkeurige en uitvoerige Beschryving van die Kaap de Goede Hoop (1727).  Kolbe was baie beindruk deur die formele ontwerp met rye bome (o, p, q ,t) ‘n klein wingerd (s) en groentebeddings (v, w, x) omring deur ‘n breë kanaal (y) en besproei deur aqueducts (z).  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

Met verloop van tyd is dele van die tuin vir ander gebruike aangewend.  Eers is stukke aan die seekant afgesny vir die nuwe kerk en vir ‘n begraafplaas toe die begraafplek in die kasteel te klein geword het.  Die bou van die kerk het gedurende 1700 volstoom op dreef gekom. (Cruywagen, Willem Adriaan,  Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)

Eerste NG kerk

“At the Cape the most important resources were a fort and a garden. They were linked by a primary axis that ran from the seashore towards Table Mountain. Secondary structures – a hospital and a church – were aligned along this axial street, later named Heerengracht.  On the shore were the Company stores and workshops, vital to a replenishment and recuperation point on the sea route to and from the Indies.  The settlement was not planned or built as an impressive sight for sea-borne arrivals, but was fronted by these practical
structures. (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

Fort de Goede Hoop, huizen en tuinen van vrij luiden, etc. Naar de Kaart No. 824,
aanwezig in het Alg. Rijksarchief (now Nationaal Archief).

‘n Kaart gedateer 1660 toon die veranderinge sedert 1656.  Verskeie nuwe kompanjie strukture is gemerk.  Die jetty in 1658 en ‘n klein hospitaal langs die kuslyn (B) is gebou.   In addition “Freemen’s houses” (s) are now shown to the right of the fort and garden with the names of three streets Oliphants (later Hout street), Reijger and Heerestreet (later Kasteelstraat).   (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

Die eerste besending slawehet in 1658 in die Kaap aangekom.  Elke deel van die Kaapse gemeenskap, elke indiwidu, selfs nie-slawe besitters is deur die gebruik van slawearbeid en slaweteenwoordigheid geraak en beinvloed.  Die welvaart van die dorpenaar en boer is deur die getal slawe in hulle diens gemeet, die meeste handwerkbedrywe was deur hulle gedoen, selfs die kleinhandel was dikwels d.m.v slawe bedryf.  Hulle het vermaak en musiek by private en openbare feeste verskaf, deelgeneem aan die huisgodsdiens en by geleentheid het hulle die blankes gehelp om vyandelike aanvalle af te weer.  Soms het hulle saamgesweer en die eiendom en lewe van die wydverspreide burgers bedreig.  (Cruywagen, Willem AdriaanHons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)  Dele van die kompanjiestuin is later aangewend vir die slawelosie.

In 1662 was daar reeds 60 vryburgers, waarvan die meeste koringboere was.  Die ander vryburgers het hulle in die omgewing van die Fort as onder andere messelaars, kroegbase, skrynwerkers en vissermanne gevestig.  In 1672 was daar reeds 18 – 20 kroeë aan die Kaap.  Die beroep was lonend, want drank is teen hoë pryse verkoop.  Die vernaamste besoekers aan die verskillende kroeë was matrose, soldate en kompanjies-amptenare.  Drankmisbruik was algemeen.  (Cruywagen, Willem Adriaan, Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)  

Daar moes voortdurend vars vleis aan die Kompanjie gelewer word om te kon voldoen aan die behoeftes van die plaaslike mark en van die skepe wat vars voorrade aan boord moes neem.  Om vars proviand vir die besoekende Hollandse skepe beskikbaar te hê was ‘n groot kopseer – 30 skepe met elk 250 man aan boord het jaarliks die verversingpos besoek en daar etlike weke vertoef.  Hiervoor was, behalwe vars groente en graan, jaarliks gemiddeld 3681 skape en 352 beeste nodig.  (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988) Kompanjiesamptenare moes gereeld die binneland, op soek na groepe by wie hulle vee kon ruil, verken.  Die Khoi was nomadies en het agter wieveld vir hulle kuddes aan getrek.  Die kompanjie het nie net die vryburgers aangemoedig om meer beeste aan te hou nie, maar self ook veeposte aangelê.  Teen 1670 was ‘n veepos aangelê by elk van die hedendaagse Groote Schuur, Saldanabaai, Vishoek, Tierberg en Hottentotsholland.  Toe die kompanjie se veeposte nog nie die verwagte resultaat lewer nie het hulle die eerste veeboere in die lewe geroep.  Die veeposte is beskerm teen die Soncquase-Hottentotten deur militêre poste op strategiese punte naby die veeposte op te rig.  So ‘n militêre pos het bestaan uit ‘n korporaal met sowat 8 berede manskappe.  Soms was daar ook ‘n kanon wat as afskrikmiddel vir veerowers moes dien, sowal as die koloniste kennis te gee dat ‘n vloot in Tafelbaai aangekom het.  (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)


In 1679 was akkerbou steeds nie ‘n voorkeur onder die vryburgers nie en is daar verklaar dat uit die 62 burgerfamilies waaruit die nedersetting toe bestaan het, nouliks 22 as akkerbouers in die ware sin van die word beskou kon word.  Van die vryburgers wat nie ‘n bestaan uit landbou kon maak nie, is terug na Nederland toe en enkeles het versoek om weer in kompanjiediens te tree.  Ander het bakkers, slagters en vissers geword of hulle tot ambagte soos skoenmakers, smede, timmermans, kleremakers en houtsaers gewend.  Die meeste van hierdie mense het naby die fort gewoon.  As dorpsbewoners het hulle ‘n baie slegte naam deur hulle ledigheid, bedelry en dronkenskap verwerf.  Al hierdie dorpsbewoners het ‘n tweede beroep beoefen, deur losieshuise aan te hou.  (Cruywagen, Willem Adriaan, Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP) :  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)

Regs:  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

In addition to the occupations of skilled tradesman (such as butchers and bakers), this is also the residual category of the database where occupations are grouped that do not fit into the other categories. In total, the sector comprised 224 entries from 1699 to 1756. It included the following: 24 coopers, of which 5 were head coopers (kuijper); 1 head butcher (baas slaagter); 20 wagon makers, of which 3 were head wagon makers (wagenmakers); 9 bakers (bakkers); 3 bookbinders (boekbinder); 5 bottlers (bottelier);2 truss makers (breukbandmaker); 1 gun smith (bussemaker); 2 map makers  caartemaaker); 3 painters (cladschilders); 7 cooks, of which 3 were cooks mates; 5 glaziers (glasemaker); 1 haxelsnijder; 3 timber entry clerks (houtschrijvers); 4 gunstockmakers (lademakers); 1 surveyer (landmeter); 3 tanners (leerberijder); 6 millers, of which 1 was a servant (moolenaar); 1 watch maker (orlogiemaker); 2 pumpmakers (pompemakers); 1 pottery maker (pottebacker); 8 thatchers (rietdekkers); 9 gunmakers (roermakers); 1 sakkenaijer; 2 seegelslagers; 2 locksmiths (slotemaker); 2 brick bakers (steen pannebacker); 4 velleberijder; 17 wageon makers (wagonmakers); 7 saddlers (zadelmaker); 4 head smiths; 4 tinsmiths (blikslager); 10 coppersmiths (kooperslager); 1 locksmith (slootemaker); and 1 smith (groffsmit). (Du Plessis, Sophia & Du plessis Stan: Happy in the service of the Company: the purchasing power of VOC salaries at the Cape in the 18th century.  Stellenbosch Economic Working Papers: 01/12 January 2012)

Toe Simon van der Stel op 12 Oktober 1679 aan die Kaap kom, het die nedersetting uit ‘n aantal plase aan die voet van Tafelberg, die kompanjiesposte by Saldanhabaai, Hottentots-Holland en Tygerberg en ‘n paar verspreide opstalle van boere wat in die binneland op tydelike basis gevestig was, bestaan.  Hierna het hy bekendgemaak dat boere in hierdie nuwe streek, wat hy Stellenbosch genoem het, plase kon kry.

Stellenbosch. 1679

Simon van der Stel het tydens sy bewind (1679-1699) grootskaalse immigrasie van mense uit die Nederlandse en omliggende Europese gebiede aangemoedig.  Militêre beskerming van die VOC se handelsbelang aan die Kaap, was van die grootste belang. Van Rheede, Kommissaris-Generaal tot Drakenstein, het in 1685 aanbeveel dat emigrasie uit Europa aangemoedig moet word, sodat die Kaap as VOC-besitting verdedig kon word.  Gevolglik het ‘n redelike aantal Nederlandse en Duitse setlaars na die Kaap geëmigreer. Omdat die VOC op buitelanders as soldate aangewese was, was daar aan die Kaap ‘n aansienlike aantal soldate uit o.a. Swede, Denemarke, Noorweë, Vlaandere, die Baltiese state, en die Duitse gebiede. Talle soldate wat aan die Kaap gestasioneer was, het na afloop van hul VOC-kontrak van vyf jaar vryburgerstatus verkry en lede van die groeiende gemeenskap geword.  Die Duitsers het meestal as enkelinge aan die Kaap gekom en ‘n groot persentasie van hulle het met Nederlandse meisies getrou.

In1689 is die Franse Hugenote is by Drankenstein gevestig.  Die blanke bevolking het toegeneem en die nedersetting het tot ‘n kolonie uitgebrei.  Wyn- en graanplase was versprei tot anderkant die sankvlaktes van die skeireiland in die rigting van die Hottentots-Hollandberge by Stellenbosch en in die Drakensteinvallei.
Teen 1690 was Die Kaapse Vlek (die gebied tussen Tafelbaaistrand en Tafelberg) nog baie klein.  Onder die inwoners van die Kaapse Vlek was die kompanjiesamptenare, die goewerneur en hoër amptenare, klerke, ambagslui, soldate en matrose.  Naas die amptenare-korps was daar die vryburgers, die eertydse amptenare wat uit diens van die kompanjie getree het en as “vrye ondernemers”, akkerbouers, veeboere, ambagslui en ander bedrywe, hulle bestaan gemaak het.  Hierdie vryliede se geleenthede was egter baie beperk, omdat die gemeenskap so klein was en daar allerlei kompanjiesvoorskrifte was, wat die kompanjie se monopolistiese handelsbeleid moes beskerm.
 
Omdat die vryburgers se tuine en die kompanjiestuin in Nuweland in Simon van der Stel se tyd reeds genoeg geproduseer het, was dit nie meer nodig om groente in die tuin aan die voet van Tafelberg te kweek nie.  Simon van der Stel het die tuin (nou 16 ha) geleidelik in ‘n botaniese en siertuin omskep.  Die Kaap het aan die einde van die 17de eeu genoeg wyn, koring, groente en vleis geproduseer om in die behoeftes van die inwoners en van die skepe te voorsien.  Stadigaan het die produksie die aanvraag begin oortref en is daar na uitvoermarkte gesoek.

Die eerste hospitaal was ‘n mimte in die fort.  In Simon van der Stel se tyd is ‘n hospitaal aan die bergkant van die Heerengracht naby die kompanjiestuin gebou.  Dit is in 1696 voltooi.  Die kerk en die slawelosie was aan die linkerkant bo in Heerengracht en die hospital aan die regterkant.  Teen 1698 was die Kaap steeds klein, met die Heerengracht (die huidige Adderleystraat) en Keysersgracht (die huidige Darlingstraat) die belangrikste strate.

Alhoewel die oorspronklike fort meer simmetries was, was dit in ‘n verkeerde posisie vir verdediging en daarom is dit in 1699 deur die Kasteel van Goeie Hoop vervang.   Die bevelvoerder het ook vantevore toegelaat dat vryburgers hulle huise te naby aan die ou fort gebou het, wat ‘n brandgevaar was, en die geboue is gesloop.  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)  Na die ou fort tot niet gemaak is, het die kompanie ‘n steenbakkerij buite die NW hoek van die kompanjiestuin aangebring.

Teen 1700 was die eerste huisplotte (lots) toegeken tussen die strate op die seewaartse kant  van vandag se Kortmarkstraat (toe Bergstraat en Tuinstraat) in blokke van A tot O plus R, S en DD.  (Worden, Nigel ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)


‘n Dorpsplan wat in c. 1700 opgetrek is.  Dit is “The fort of Good Hope, the Company gardens and several public and private buildings around them” genoem.  Burgerhuise (Y) het nou rondom die kerk verskyn en ekstra erwe (1 – 9) is gemerk vir verdere bouwerk langs die nuut benaamde Kerk- en Steen strate.  Die nedersetting is steeds omring deur burger- of privaattuine wat hoofsaaklik vir groenteverbouing gebruik is.  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

In die volgende 5 jaar is eiendom in blokke T, LL, NN. OO, MM, X, V en VV toegeken.  Teen 1710 was geboue ook opgerig in blokke EE, FF, GG, JJ en KK en agter blokke D, E en Q (lots were attached on the sea side.)  Oor die volgende 10 jaar is geen nuwe areas vir ontwikkeling oopgemaak nie, maar die blokke is toegebou en veranderings aan bestaandes is aangebring, bv. verdeling of byvoeging van grond.  (Worden, Nigel ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)

Nie almal was beindruk deur die Kaap nie.  In 1710 het Johanna van Riebeeck, wat haar hele lewe lank in Oos-Indië gewoon het, ‘n reis na Europa onderneem en het sy haar indrukke van die nedersetting wat haar oupa sestig jaar vroeër gestig het, neergeskryf.  Sy beskryf dit as volg:  This place looks prettier and more pleasant from the sea than it does when you are on land.  It is a miserable place.  There is no grass and the roads near the castle and in the town are covered with holes and ruts, as if wild pigs had been rooting in them... There is nothing pretty to be seen along the shoreline ... the castle is very peculiar ... the other houses here resemble prisons ... One sees here all sorts of peculiar people who live in very strange ways.”  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

Die 1713 pokke epidemie was die ergste in die geskiedenis van die Kolonie.  Dit het een kwart van die Blanke bevolking aan die Kaap uitgewis.  Dit het die aanvraag na grond verminder.  Pokke-epidemies het weer in 1755 en 1767 uitgebreek.

Die militêre paradegrond, die hoof openbare area van die militêre en politieke mag van die Kompanjie, het die buffer tussen die Kasteel en die woonhuise geraak. “Nearby, punishments meted out by the court took place in full view – breaking on the wheel, hanging, drawing and quartering, and other means of retribution.” (Worden, Nigel, ed.: Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)

Parade. J Rach. 1762.

‘n Tweede openbare area, tot voordeel van die gevestigde inwoners, was later  in die woongebied geskep.  Dit het  as ‘n mark vir varsprodukte gedien (Groen[t]e Markt).  “At that time the entrance to the Company’s garden was somewhere in Tuin Street, and there was a market square at the top of Rijger, Olifant and Tuin Streets. This square developed quite naturally. Very likely the Company first brought vegetables from its adjoining garden to this place for distribution and sale. Farmers and freed slaves soon followed this example and brought their produce here in ox-wagons, one-horse carts and handcarts. Here, as on the parade, there was also a fountain where the citizens obtained water.” (Cape Town history, a tourist guide.)

Om voorsiening vir die veiligheid van die Kaap te maak, is ‘n beskikbare erf op markplein aangeskaf en die eerste Burgerwaghuis  (die setel van die plaaslike administrasie) gebouDit was in dieselfde styl as die gewone burgers se huise en was die tuiste van ‘n burgerwag, wat die strate snags, onder bevel van ‘n sersant en ‘n korporaal moes patroleer.  Die Burgerwaghuis het die dorp se markplein uitgekyk.  In 1755 was dit herbou.  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

“In the course of time, when the square became the administrative and social centre of the town, simple dwellings gave way to imposing and elegant buildings. The first of the new buildings was the lovely old Burger Watch House and Council Chamber (Old Town House).”  (Cape Town history, a tourist guide.)

Dorpshuis

In 1724 is ‘n derde openbare area Boeren Plijn (nou Riebeeck Square),  as uitspanplek vir lewende hawe, plaaswaens en koetse daargestel, om te verhoed dat skade aan die paradegrond en langs die strate in die woongebiede aangerig word.  (Nigel Worden ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)  “Winter rains played havoc with the parade ground. The surface of new streets laid out across part of this area were soon potholed, which became a danger to the unsuspected. The Governor dealt with this problem in the customary way, ordering burghers to supply, free of charge, the services of one slave for repair of the streets. The deterioration increased by the grazing of horses and cattle on the sidewalks and close to the water furrows. The authorities intervened and ordered farmers to outspan their wagons on the Boere Plein (Heritage Square).  (Cape Town history, a tourist guide.)

‘n Skildery van die Tafelvallei uit 1727 wys ‘n reeks strukture van amptelike geboue (werkswinkels en pakhuise) en blokke in die woongebied tussen Zeestraat (Strand Street) en die kus.  Blokke A en E word gewys voordat hulle uitgebrei het teenoor die see, en blokke RR, SS en TT het lang ingeslote werwe aan die seekant. Aan die anderkant van die Parade was blokke S and R, en verder aan was tuine en tuinhuise (tuinhuijsen). Die voorgrond geboue is in lyn of regs-hoekig aan die kus en strate. Die geboue was afgewit en die meeste het spits grasdakke, waarvan sommige skild eindes (hipped ends) het terwyl ander gewel eindes het. Die kleiner geboue het skuins dakke gehad. (Worden, Nigel: Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)

Panorama of Cape Town (detail), 1727. (MuseumAfrica, U5)

In 1728 is daar ondersoek ingestel na ‘n meer geskikte hawe as Tafelbaai en daar is besluit dat Simonsbaai beter beskerming sou bied.

Teen 1730 was die Heerengracht feitlik van die kuslyn afgesny, met slegs ‘n smal straatjie tussen die Kompanjie se depot en die vryburgers se eiendomme. (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

Die Heerengracht in 1832

Besoekers aan die Kaap het teen 1730 ‘n wye keuse van plekke gehad, waar hulle verversings kon kry, of waar hulle kon ontspan.  Daar was ‘n groot verskeidenheid huise waar hulle kon tuisgaan.  “Several people had established successful services and industries for the Company and the townspeople.  There were some taverns with evocative names – ’t Laaste Stuijvertje (Last Penny), De Valk (The Falcon), Half Aamtje (Half-pint), Caabs Welvaaren (aka Grauwe Ertjes) (Cape Health or Prosperity) – but many of the watering places were mere bars (schaggerijen) or rooms in someone’s house, probably known by the tapster’s or host’s name and catering to a specific clientele. The owners of formal taverns were members of the pachter class, with licences to trade in various types of alcohol.”  (Nigel Worden ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)  1732 - een huijs en erff gelegen aan de See Straat so gen:t ’t Laaste Stuijvertje behoort aan Josina van Dam die suster van Adriana van Dam.  The Laaste Stuijvertje was in Strand Street near the Company wharf, the first and last opportunity for a drink before disembarking or embarking.  De Valk in Oliphantstraat and Caabs Welvaaren in Tweedebergdwarsstraat were located in the middle of the town, and the Half Aamtje was on an erf that extended between Church Square and the easternmost edge of the house blocks.  (Worden, Nigel, ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial.)

Gedurende die 1730’s het die grasdakgeboue begin verdwyn en in die plek daarvan het platdakhuise van een, twee of drieverdiepings verskyn.  Die vrees vir brande het tot regulasies wat grasdakke verbied gelei.   Dit was veral die geval, na die brandstigting deur die slawe in 1736. (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)  Op Groentemarkplein bv.was daar enkelverdieping huise met lang stoepe en trappe wat tot by die straat lei.  Dit het ‘n lyn langs die plein gevorm.  Hierdie huise het ‘n staltipe voordeur gehad, vensters met veelvuldige panele en ‘n sentrale gewel.  Die vloere binne was of van rooi teëls vanaf Batavia of  leiklip (slate) van Robbeneiland.  Die mure was afgewit. Die huise was vier voet uitmekaar sodat die reënwater ‘n afloop kon hê.  (Cape Town history, a tourist guide 1712 – 1750.)

Hieronder volg ‘n beskrywing van die Kaap uit 1731 volgens Peter Kolbe:  "Several beautiful country seats, vineyards and gardens are to be seen on almost every side of the Table-Hill. The Company has here two very spacious, rich and beautiful Gardens. In one of them stands, erected at the Company's Expense, a noble Pleasure-House for the Governor, and near it a beautiful Grove of Oaks, called the Round-Bush from which this Garden (Rondebosch) takes its Name, being called the Round-Bush garden. The other Garden which is at some distance from this is called Newland because but lately planted. Both these gardens are finely watered by the Springs on the Table-Hill and the Company draws from them a very considerable Revenue."  (Peter Kolb: Caput Bonae Spei Hodiernum, das ist vollständige Beschreibung des Afrikanischen Vorgebürges der Guten Hoffnung …, Nuremburg. 1719  (v. 1 pp. 4-5).

Daar was drie katagorieë vir grondtoekenning in die Tafelvallei, t.w. erf, tuinland en plaas.  ‘n Huis op ‘n erf is ‘n huijs genoem, ‘n huis op ‘n plaas was ‘n hofstede (opstal) genoem, ‘n klein stukkie grond langs ‘n bestaande erf, is ‘n reepje genoem.  Die grond is as volle en vrye eiendom gegun, dikwels met spesiale voorwaardes en sevitute.  Twee groepe toekennings t.w. huiserwe binne die bestaande dorp en tuinland aan die buitewyke is gemaak.  Elke toegekende grond, met ‘n numeriese aanwysing, is opgeskryf, met die naam van die eienaar, waar dit geleë is, die grootte, vorm, oriëntasie, verwandskap tot die bure, prys en metode van betaling.


(Stewart Harris: Market Gardens of the Table Valley 1800-1807.)

In die Kaapse middedorp het die huise werwe eerder as tuine gehad.  Op die werf was die koetshuis, stalle, werkswinkel en slawekwartiere.  Meer na die buitewyke, bokant die kompanjiestuin en veral teen die laer hange wat na Tafelberg gelei het, het die welgestelde burgers se huise in groot tuine gestaan. (Cruywagen, Willem Adriaan  Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)

Die watertoevoer na die stad was voldoende om tuine nat te lei en die meul se wiele te laat draai.  Die water was van verskeie bergstrome wat in ‘n opgaardam bokant die tuine gevloei het afkomstig.  Vanaf die opgaardam is die water met houtgeute tot by die parade gebring.  Hier het slawe die huishoudelike water kom haal.  ‘n Paar spoghuise se water is met kiaathoutpype aangelê.  (Cruywagen, Willem Adriaan, Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)

Eers in 1734 is daar nuwe blokke vir ontwikkeling toegeken wat SS, ZZ, HH, PP, RR en die oorblywende OO insluit Teen die einde van die 1730’s is plotte vir huise, werkswinkels en pakhuise toegeken in die blokke wat deur vandag se Waterkant en Dorp Street begrens word en tussen Plein en Loop straat.  Blokke TT en W was in 1740 toegeken.  (Worden, Nigel, ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)

In 1751 was die blokke QQ, WW, XX, YY en ZZ onder ontwikkeling.  Toe die alfabetiese letters uitgeput was, was die volgende blokke tussen 1763 en 1786, 1 – 21 genommer. (Worden, Nigel, ed.:  Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town.)

Kaapstad in 1767.  Foto: Pearse.

Die buitenste grense van die Kaap word gekenmerk deur die benaming van strate as 'Buiten' (buite): Buitengracht, Buitenkantstraat, Buitensingel.

 Lutherse kerk

Die Lutherse kerkkompleks (Blok TT) is deur Martin Melck, Vryburger en Lutheraan, in die laat 1700's laat bou en aan die VOC uitgehuur as graanskuur en later wapenopslagplek.  Die VOC-graanskuur staan voor op die hoek van Strandstraat en Breëstraat. 

Teen 1774 is ‘n nuwe pad tussen Rondebosch en Kaapstad as noodsaaklik beskou vir die daaglikse verkeer van karre en waens.  Soutpanne was in die Tijger Valley, drie myl van die Kasteel ontwikkel en die dorpsbewoners het op groot skaal visgevang op die laer banke van die Sout- en Liesbeek riviere.  (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)

In 1776 skilder Johannes Schumacher ‘n panorama van 'n georganiseerde en gevestigde landskap, nie meer 'n buitepos nie, maar 'n dorp. Die strate was reguit en huise in blokke, party het grasdakke en ander het plat dakke gehad, terwyl die tuine en vee omsluit is deur mure en heinings. (Worden, Nigel, ed.: Cape Town between East and West: socials identities in a Dutch colonial town. 2012. Jacana Media (Pty) Ltd.)

Huise bokant stalplein.

Groot huise vir die ryker burgers is aan die boonste end van die nedersetting in 1780 gebou. (Worden, Nigel, van Heyningen, Elizabeth, Smith Vivian Bigford:  Cape Town the making of a city. 1998)