e.3. Jacoba Cornelia VON WIELLIGH, ged. 05/08/1804

e.3.  Jacoba Cornelia, geb. Koeberg,  ged. 05/08/1804, oorl. 18/04/1879, Wellington, begr. Optenhorst plaas-begraafplaas x 27/04/1825, Stellenbosch met Daniel RETIEF (plaas Welvanpas), geb. 07/06/1789, oorl.  08/12/1841, begr. Wellington, Optenhorst plaas-begraafplaas, s.v. Jacobus Retief en Debora Joubert.

Jacoba Cornelia is die dogter van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth de Waal.

FAMILYSEARCH
DG:  Cornelis de Waal en Jacoba de Waal

FAMILYSEARCH

Jacoba Cornelia trou in 1824 met Daniel Retief van die plaas Welvanpas.  Hy was die seun van Jacobus Retief van die plaas Soetendal en Debora Joubert.  Jacoba Cornelia was 15 jaar jonger as haar man,  “a small trim and straight-backed young lady”.

FAMILYSEARCH

Hulle het drie dogters en vier seuns gehad, waarvan slegs twee seuns volwassenheid bereik het. (Retief Lombard, Helena:  Retief familie van Welvanpas.)

Barokstylgewels by Welvanpas.  Die voorletters DRT Jz 1817 was op die voorste gewel van die huis aangebring.

Daniel het nie aan die Groot Trek deelgeneem nie, maar het teruggekeer na die plaas Welvanpas, waar hy geboer het en ‘n nuwe huis gebou het.  Die ou huis is gesloop en die plaasgrond is skoongemaak.  Jacobus Retief het vier jaar na die voltooiing van die huis, op 8 Desember 1841, as 'n welgestelde man gesterf.  Hy was 51 jaar oud en Jacoba Cornelia moes op 34 jarige ouderdom die verantwoordelikheid van die plaas, asook vier van haar kinders alleen dra.  Sy het nie weer hertrou nie.  

Sy was 'n klein en baie kwaai vrou. Sy het blykbaar saam met die volk op die steier gestaan en aan die kelder gemessel. Sy het kamaste op die plaas gedra en snags met haar haelgeweer oor haar skouer en haar twee getroue honde, Storm en Baron, in die boord geloop om te kyk dat niemand haar lemoene steel nie. 

Wellington, as dorp is gedurende haar leeftyd gestig.  Die kerk het afgestig van die Paarl gemeente en die kerkgebou is  in die jaar 1840 ingewy.  Die Bainskloofpad is ook in hierdie tyd deur die plaasgronde gebou.

Bainskloofpas

In 1848 het Andrew Geddes Bain met die eerste fase van die Bainskloof-pas begin.  Die pas het oor die plaas Welvanpas gegaan en Bain het in ‘n huis op die buurplaas, Doolhof gewoon.

Een van die draaie van die pas word Brandewyn Draai genoem.  Die storie word vertel dat ‘n wa vol brandewyn op ‘n sekere draai omgeslaan het en in die drinkwater van die plaas beland het.  Jacoba Cornelia kon die brandewyn in die koffie proe en was baie ontstoke, totdat die omstandighede aan haar verduidelik is.  Sy sterf in 1879, blykbaar met die kelder se sleutel onder haar kopkussing.

MOOC 6/9/169 6632.  Jacoba Cornelia.  Geb. Koeberg.  Ouers.  Nicolaas von Wielligh & Elizabeth de Waal.  Getr. Daniel Retief.  Wed. van boer.  Oorl. 74jr.9mde. 18/04/1879 in eie huis.  Wagenmakersvallei, dist. Paarl.  Kinders.  Elizabeth Clazina Aletta Retief, Jacobus Daniel Retief (oorlede), Jacoba Cornelia Emerentia Retief (oorlede), Daniel Pieter Johannes Retief.


NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA


eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, WELLINGTON, Rural (farm cemeteries) Western Cape, WELLINGTON district, Optenhorst farm, Bovlei cemetery RETIEF Daniel 1790-1841 & Jacoba Cornelia van WIELLIGH 1806-1879 :: RETIEF Daniel Nicolaas 1847-1848 RETIEF Daniel 1790-1841 & Jacoba Cornelia van WIELLIGH 1806-1879 :: RETIEF Daniel Nicolaas 1847-1848 

Kinders:

f.1.  Elizabeth Clasina Aletta RETIEF, geb. 28/02/1826, oorl. 13/06/1901 x haar neef Gabriel Andries Retief, geb. 05/12/1823, s.v. Gideon Retief en Helena Johanna Hauptfleisch.

NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

f.2.  Jacobus Daniel RETIEF, geb. 29/05/1828, oorl. 23/05/1866 x 02/09/1851, Wellington met Maria Helena Johanna de Villiers, geb. 09/04/1832, ged. 03/06/1832, Paarl, oorl. 21/07/1917, Wellington.

FAMILYSEARCH

f.3.  Debora Johanna RETIEF  geb. 26/07/1830, Jonk oorlede.

f.4.  Jacoba Cornelia Emmerentia RETIEF, geb. 25.2.1832, oorl. 14/07/1876 x c 1850 Jacob Stephanus van der Spuy.

FAMILYSEARCH

f.5.  Nicolaas von Wielligh RETIEF, geb. 26/06/1835.  Jonk oorlede.

f.6.  Daniel Pieter Johannes RETIEF, geb.  27/08/1837, Welvanpas, oorl. 15/06/1895 x Elizabeth Maria Brink, geb. 17/07/1841, oorl. 05/10/1901, d.v. Johannes Mattheus Brink en Elizabeth Maria de Vos.

FAMILYSEARCH

f.7. Nicolaas von Wielligh RETIEF, geb. 01/04/1839.  Jonk oorlede.