d.1. Mattheus VON WIELLIGH, ged. 14/03/1773

d.1.  Mattheus, ged. 14/03/1773, Kaapstad x met Johanna Magdalena THEUNISSEN, geb. 04/12/1774, oorl. 03/12/1799 (MOOC 6/2), d.v. Marthinus Aegidus Theunissen van Maastricht en Anna Maria Lourens xx 1800 met Catharina Johanna VAN EIJSSEN, ged. 28/06/1772, d.v. Matthys van Eijssen (of van Eysden) van Oldenburg en Aletta Josina Luyt.  (sy suster Alida Maria trou met sy tweede vrou se broer)

Mattheus was die seun van Arend von Wielligh en Johanna van Sittert.


FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1757-1779.
DG:  Mattheus von Wielligh en Alida Maria Schenk

FAMILYSEARCH
25/06/1792 lidmaatskap kerk Kaap

Mattheus trou met Johanna Magdalena Theunissen, die sesde oudste kind van twaalf uit Marthinus Aegidus Theunissen se gesin.

Marthinus Aegidus THEUNISSEN (Jan Marthinus), geb. 1744, s.v. Marthinus THEUNISSEN en Anna Maria SLIJPER  het op 20 jarige ouderdom in 1764 uit Maastricht (Nederland) in die Kaap aangekom as soldaat in diens van die H.O.I.K. Omtrent drie jaar na sy aankoms het hy in die huwelik getree met Anna Maria Lourens.  He succeeded his father-in-law, J. M. Lourens, as head of the VOC’s buiteposte (outlying regions) in Sonderend and the Breede River.’  (The history of Vrede en Lust)  Marthinus, is as poshouer na buiteposte van die H.O.I.K. aan die Riviersonderend en Buffeljagtsrivier gestuur.  Die pligte van die poshouers was baie verantwoordelik en veelvuldig.  Hulle moes toesig hou oor die bergwoude wat die H.O.I.K. in Kaapstad van timmerhout voorsien het, die vernietiging van die bosse verhinder, asook die afkap van bome reël.  Hulle het beeste van die inboorlinge geruil om die Kompanjie van vleis te voorsien.  Die poshouers was in sekere opsigte beter daaraan toe as baie vryburgers wat huise, meubels en vee betref.  Theunissen het sy pligte met soveel toegewydheid uitgevoer dat goewerneur Tulbagh hom aangestel het op die pos op Zoet Melks Vlei.  Baie beroemde persone soos o.a. Lichtenstein, Thunberg, lady Anne Barnard, Latrobe, ens., het hom op Soetmelksvlei of op Rietvlei besoek, en almal van hulle het getuig van sy bekwaamheid en gasvryheid.  Tydens die Swellendamse opstand het Theunissen getrou gebly aan die H.O.I.K., maar die oorgawe van die Kaap het sekere veranderings van beleid meegebring wat hom in baie opsigte innig getref het.  In 1813 het hy een van die oorspronklike erwe in Swartberg (tans Caledon) gekoop. Volgens die opgaafrol vir Caledon van 1821, het Theunissen en sy eggenote op Het Zieken Huis over de Rivier Zonder End, vier uur van die setel van die magistraat gewoon. Theunissen is na ‘n loopbaan en ‘n ampsbekleding onder vier regerings op 23 Mei 1828 in die ouderdom van 84 jaar oorlede.

(family.morkel.net)

In 1796 het Mattheus saam met sy pa Arend en sy swear Christiaan Loedolff ‘n kontrak met Majoor James Henry Craig gesluit in verband met die voorsiening van mielies (corn) vir die Britse troepe.

In 1798 het die afslaer (auctioneer) Jacob Singiur die slaaf Manille van Mozambique as eiendom aan Mattheus oorgedra.

Johanna Magdalena THEUNISSEN sterf op 03/12/1799.

In 1800  is Mattheus se slaaf Bietja van Bougies as eiendom aan Francois Lamour de Manille oorgedra.

Matthys hertrou in 1800 met Catharina Johanna VAN EIJSSEN.  Haar pa was Matthys van Eijssen.  Daar is nie sekerheid oor waar hy vandaan gekom het nie.  Sekere bronne noem dat hy van Renswoude,  Utrecht,  Netherland was. (SA genealogies).  Dit is egter meer waarskynlik dat hy van Oldenburg in Duitsland af is (vlgs. De Villies/Pama en ook volgens Colenbrander), aangesien sy vrou Duits was, hulle kinders in die Lutherse kerk gedoop is en hulle kinders het ook in Duitse families ingetrou het.  Hy het in 1758 aan die Kaap gekom.  Hy was eers ‘n soldaat, later ‘n pompmaker.  Hy raak burger in 1768 en in 1783  die pagter van die windmeul in Kaapstad. Hy trou op 11 Desember 1763 met Aletta Josina Luyt.