c.3. Arend VON WIELLIGH, ged. 25/12/1742

c.3. Arend, ged. 25/12/1742, Malmesbury x c. 1772 met Johanna VAN SITTERT, geb. 06/02/1757, oorl. 15/08/1824 (70 jr, 6 mde. 11 dae), Kaapstad, d.v. Johannes van Sittert en Maria Colijn (MOOC 8/14.30 1772).

Arend was die seun van Mattheus von Wielligh en Alida Maria Schenk.


FAMILYSEARCH
DG:  Hermanes von Wielligh en Margaretha Krugel

Den 25 dito
Arent,
de ouders Mattheus van Wieling, en Alida Maria Schenk,
de getuijge Hermanus van Wieling, en Margrita Kruger.
 EGGSA
Cape Town Baptisms 1742
Written by transcribed by Corney Keller.

FAMILYSEARCH
Lidmaatskap Kaap 24/06/1763

Byna al die VOC-dienaars het in die dorpie Cabo gewoon. So byvoorbeeld het net 134 van die 1331 in 1750 nie daar gewoon nie, waarvan 44 by “Baaij Fals” gestasioneer was en 33 op Robbeneiland aangehoudenes of wagte was. Namate die grense van die nedersetting verskuif het, is poste op verskillende plekke aan die voorpunt van die uitbreiding ingerig. Die poshouer het aan die hoof van so ’n (buite-) pos gestaan. Die name wat destyds aan die poste gegee is, is vandag nog bekende plekname in die Wes-Kaap, onder andere Soutrivier, Robbeneiland, Dasseneiland, St. Helenabaai, Piketberg, Houtbaai, Muizenberg, Vissershok, Gansekraal, Klapmuts, Riviersonderend, Buffeljagtsrivier, Soetmelksvallei, Rietvallei, Tijgerhoek en Outenikwaland. 

Arend, die tweede seun van Matthys en Alida Maria Schenk, het in eie reg ‘n vermoënde man aan die Kaap geword.  Die Kaap, as halfwegstasie op die Oos Indiese handelsroete, moes genoeg kos en drank geproduseer vir die verbygaande skepe.  “From the middle of the eighteenth-century, the agricultural sector of the Cape economy continuously expanded”  (Robert Ross:  The rise of the Cape gentry)  Die Sewejarige Oorlog in 1756 tussen Engeland en Frankryk vir die oppermag in die Ooste en die beheer van die handel met Indië het tot gevolg gehad dat baie van die vegtende partye se skepe by die Kaap aangedoen het.  Tot en met die vrede in 1763 het die Kaapse burgers hoë pryse vir hul produkte gekry.  (Willem Adriaan Cruywagen Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika: ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)   Op 10/04/1770 kom Arend se naam voor as a Receiver of land revenue, hunting grazing loan farm licence.


Arend het in ongeveer 1772 met Johanna van Sittert, die dogter van Johannes van Sittert, van Elburg in Gelderland, Nederland en Maria Colijn getrou.


(Cycling through historical Cape Town. 1772)

Johannes van Sittert was ‘n chirurgyn in diens van die V.O.C.  Hy was vier keer getroud.  Hy trou op 06/05/1748 met Elisabeth de Waal oorl. 1752;   xx 19/11/1752 met Anna Margaretha Smuts, oorl. 1755; xxx 20/02/1759 met Maria Colyn, oorl. 1772, wed. van Nicolaas Mulder; en xxxx 07/11/1773 met Petronella Heufke.  Uit Maria Colijn se boedelinventaris word 10 huise met erwe in die Tafelvallei, 17 slawe, heelwat silwer en juweliersware en veelvuldige ander huisware, as hulle eiendom aangegee.  (MOOC8/14.30 25 Junie 1772).  Johanna kom dus uit ‘n baie welgestelde huis.

 
FAMILYSEARCH 1757
DG:  Lambert Meijburg en Johanna Appel (Johanna se ouma).  Lambert Meijburg was Johanna Appel se tweede man.  Sy was eers met Johannes Colijn, Johanna se oupa getroud. 

Op Dinsdag, 11 Julie 1775 is die volgende eiendom aan Arend toegeken.  Aan den burger Arend van Wielligh, op desselfs dies weegens bij request gedaan Supplicq, in eijgendom gegeeven zijnde, een Stukje thuijnlands groot vier en veertig quadraat roeden en Een en Tagtig dito voeten, gelegen annex (aangeheg) desselfs thuijn gen:t Leeuwen Rust (97 Kloof straat), is wijders aan d' onderstaande Persoonen hier om insgelijx in Scriptis versoek doende, ijder een dubbeld Stuk huijs Erfs, geleegen in 't blok N:o 17: al meede in Eijgendom vergund te weeten. (Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope Cape Town Archives Repository, South Africa. Reference code: C. 153, pp. 272−321.)

Leeuwenrust 1800 (Harris Stewart: Table mountain garden markets.)


Ownership history Leeuwenrust transferred to Zacherias Herman September 1797 (T7261). He transferred a portion to Augustus Tiberius Neeser 1 July 1800 who is listed in the 1811 Street Directory in Tuinwyk. Ownership history Johan Zacharias Herman took transfer in September 1797 (T7261). He died in April 1802. His widow Aletta Maria Fick died in 1809. The property was transferred to Otto Luder Jacobus Maasdorp in September 1809 (T167/T368).  (Harris, StewartTable valley market gardens 1800, 1805, 1807 Vernacular architecture society of South Africa. 2007)   Die opstal van Leewenrust is gesloop.  Dit is die parkeerarea van die Mount Nelson Hotel by die ingang vanaf Kloofstraat.  

Van 1776 tot 1792 kom Arend se naam as brandmeester (fire master) en as oud brandmeester in diens van die VOC aan die Kaap voor. (Reference codes: C. 154. pp. 289-299;  C. 195. pp. 68-86;  C. 196. pp. 302-350;  C. 210, pp. 159-194; C. 210.pp. 285-303) A Fire Master is the highest-ranking or commanding officer in a fire

Op 04/07/1777 het Arend en Johanna van Sittert ‘n gesamentlike testament opgestel. (CJ 2674 8)


Arend en Johanna se handtekeninge uit hierdie testament

Gedurende die laaste kwart van die agtiende eeu was Nederland byna voortdurend met Engeland en Frankryk in oorlog gewikkel.  Omdat die VOC bang was dat die Kaap aangeval kon word, is die verdediging van hierdie punt op die Indiese handelsroete versterk.  Die garnisoen is onder andere aansienlik versterk, wat gelei het tot ekstra uitgawes. Om uitgawes te verminder is daar besluit dat die vermeerdering van die burgerlike bevolking, wat almal dienspligtig was, die vermindering van die garnisoen moontlik sou maak.  (Willem Adriaan Cruywagen Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP):  Die Cruywagens van Suid-Afrika: ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek.)  ’n Groot groep Franse soldate het in 1781 by die Kaap aangekom om te help om dit te verdedig.

Ook is ‘n hele klomp nuwe belastings op die mense gelê.  Arend was een van die ondertekenaars van die 1781 burgerversoek waarin hulle kla oor belastings.  “Burgher Commando from the Country districts to serve for doubling the guard at the different Posts. A number of burghers, mentioned below, submit that by order of the Council, the Public in general have, at the sitting of the Commissioners of your Board, and of the Burgher Councillors in office, been taxed to contribute a large sum for the maintenance of the country burghers expected in November. They submit that this tax would be too oppressive, as all their trade and business are almost at a standstill; that the whole year through they have to keep 200 single as well as double watches, and in case of a hostile attack, have to fight for the defence of the country. They had never shown any bad feeling against the Public welfare; only a short time age they had given their slaves for making trenches and fortifications, and also their wagons and horses for transporting palmetto and the luggage of the French from False Bay, without being paid for it; they had also, for 4 months, had quartered on them, in turns, a country burgher, so that they have shown that they were not unwilling to bear all fair burdens, which present circumstances and reasonableness require of them. They therefore pray that the Placcaat may be revoked, and that not more burdens may be 'imposed on them as before, during the war with France; not only because trade is standing still, as no merchandize is brought hither by the ships, which is the principal source of our subsistence, but the daily maintenance of our families would become much heavier; all which, it may be taken for granted, will grow worse as the War continues. If their request be not granted, they will be reduced to abject poverty by the stoppage of their daily earnings, when they are to be lying on guard, and at the posts. They would not, however, fail, on the appearance of the enemy, in being at their proper posts, and fight in a manly way as faithful burghers. They all pray, in order to have a sufficient number of men at hand in case of a sudden surprise, to quarter some burghers of the Country districts in the neighbourhood of this place, as well as of Stellenbosch and Drakenstein (provided that they shall so long be exempt from being commandeered);  thus their horses will be less tired and better able, at a general summons, to proceed to the Cape. They therefore expect a favourable reply to their Memorial, etc.”  (No. 71; 13 Oktober 1781.)

“The 1781 burgher request (Reference code: C. 160. pp. 222-237) was signed by the (alcohol) pachters Jan Willem Hurter, Johannes Roep, Tobias Rogiers and Jan Andries Bam (a pachter of the 1780s). As significant is the fact that several men from the families related to the Hurter complex, as well as their financial supporters, also signed it: the Dreijer, de Waal, van Reenen, van Breda, Meijer, Taute, Voges, Beck, von Wielligh and Eksteen families.The pachters of the Hurter complex and their relations were either based in Cape Town or on farms along the Liesbeek River; Melck – although he owned several town properties – very much identified with the Stellenbosch district where he acted as heemraad.” (Gerald Groenewald: Dynasty building, family networks and social capital: Alcohol pachters and the development of a colonial elite at the Cape of Good Hope, c. 1760-1790.Department of Historical Studies.University of Johannesburg.)

Die mag en rykdom van die Nederlande het tydens die 18de eeu agteruitgegaan.  Die reeks oorloë met die Engelse en die Franse het dit verswak, terwyl Brittanje sterker geword het.  Terselfdertyd het daar ‘n behoefte onder die Kaapse burgers begin ontstaan om seggenskap en insae te hê oor besluite rakende die Kaap.  “Only with the Patriot movement of the 1780s were, the (Cape) gentry able to challenge the control of the Company officials who had ruled the Cape for over a hundred years, and only with the fall of the Dutch East India Company and the conquest of the Cape by the British did they become fully equal partners in the running of the Cape Colony.” (Robert Ross:  The rise of the Cape gentry.)

In die Kaap was die Patriot manifes van 1784 onderteken deur die seun van Jan Willem Hurter, saam met die belangrikste manne van die Kaapse boerderyfamilies, die van Reenens, Eksteens, von Wiellighs, van Bredas, Munniks, Meijers, Mijburghs, Morkels, Rossouws and Maasdorps.  Met die uitsondering van die Van Bredas, het elkeen van hierdie families belê in die alkohol pachten gedurende die loop van die agtiende eeu.  (Gerald Groenewald:  Dynasty building, family networks and social capital: Alcohol pachters and the development of a colonial elite at the Cape of Good Hope, c. 1760-1790.Department of Historical Studies  University of Johannesburg.)  Op 31 Augustus 1785 het Arend  f15100 vir een kwart van die Kaapse wynpag betaal. (Reference code: C. 169, pp. 139-141.)


Op 07/09/1786 kom Arend se naam weer voor as Receiver of land revenue, hunting grazing loan farm licence.


Arend was ‘n veelsydige man en ‘n entrepreneur.  Van Plettenberg het in 1772 die hoeksteen vir die nuwe hospitaal in Kaapstad gelê.  Die oorspronklike hospitaal was nie meer in ‘n goeie toestand nie en die nuwe hospitaal kon 1500 pasiënte huisves.  Die skip De Hoop het op 27/12/1778 uit Batavia aangekom met 'n vrag hout vir die bou van die nuwe hospitaal.  Die gebou het bestaan uit twee lang paralelle vleuels wat verbind is aan die noordelike end en in die middel. Die perseel het uitgekyk op ‘n oop area wat later bekend sou raak as die Caledon Square.  In 1786 was tenders aangevra vir die oprigting van ‘n deel van die nuwe hospitaal.  Arend von Wielligh, Jacobus Johannes Vos en Jan Louw se tender was die laagste.


“Messrs. Jac. Joh. Le Sueur and T. C. Rönnen- kamp report that in accordance with the Resolution of the 19th Apnl last, after the affixing of notices, calling for tenders for the erection of a part of the Hospital, extending from the large (main) porch, or the middle part, to the already existing build-ings to the N.W., they had, in the presence of Colonel and Director Gilquin, taken session on the 23rd inst., to consider the tenders sent in, and had accepted those of the burghers Jacobus Joh. Vos, Arend Van Wielligh, and Jan Hendrik Vos, as being the lowest — Gilquin agreeing — the amount being Rds. 29,000, and the building to be handed over — (p. 648) — complete, on the 1st of May next year (1787).“ (Precis of the archives of the Cape of Good Hope: p. 645 ; date, 30th May.)  Met die Britse oorname in 1795 was die hospitaal nog nie behoorlik voltooi nie.


In ongeveer 1787 het Arend nog ‘n eiendom bekom.  Die burger, Christiaan Frederik Herbst het op 12 Desember 1786, 'n erf (133 sq. rds., 37 do. ft, and 36 do. inches in area) aan die voet van die Leeuwkop bo die kanaal (Buitengracht)  wat daar gegrawe is, vir Rds. 1,611.43 gekoop. 'n Gedeelte van die grond het hy reeds vir 'n geruime tyd gebruik en het dit gelykgemaak en omhein teen groot koste.  Op grond van die skaarsheid van geld was hy nie in staat om die eerste paaiement te betaal nie en het toestemming gevra om afstand te doen van die grond aan die brandmeester Arend van Wielligh. (No. 66)


Vrijdag den 18 Maij 1787.  En nadien door den mede burger Christiaan Fredrik Herbst, aan wien bij besluit van den 12 Xber des voorl:  Jaars teegens eene Somma van f4835. Caabs omme, in diervoegen betaalt t werden, ald de gem: resolutie is behelsende, insgelijx een Stuk huijs Erfs in eijgendom is verleend geworden al meede bij Request versoek is gedaan, dat vermits hij zig onmagtig bevond om d’ eerste paaij van dat montant ter Somma van f1611.5, naluid van de meergen:  Resolutie voor als nog Contant op te brengen en ook particulier hetzelve niet op Intrest konde werden verkreegen, hij van hetzelve bij wijse van koop geobtineerde Stuk Erfs en Syne verbintenisse om de voorsz:  Somma daarvoor te voldoen, mogt werden ontheeven terwijl den burger Brandmeester Arend van wieligh bij hetzelve Request daar en teegen kwam te versoeken dat het voorsz Erff teegens betalinge van de meergem:  Somma van f4835, even en in diervoegen als zulks aan ged: Herbst toegestaan is geweest, weederom aan hem in Eijgendom mot werden Vergunt:  Zo is na overweeging van het een en ander, best gedagt de versoeken van beide de Supp:lten te accordeeren. (Reference code: C. 174, pp. 436-477)


Arend was ‘n Kaapse regimentsoffisier van die burgermag in 1788.  ‘n Silwer borsplaat van hom word in die Transvaalse museum in Pretoria gehou.  In 1789 het regimente van verskillende nasionaliteite die verdediging van die Kaap teen ‘n moontlike Britse aanval versterk.  Dit het Kaapstad se bevolking met rasse skrede laat groei.  Die stad het uit sy nate gebars.  Die gebied oos van Buitekantstraat, wes van Buitengrachtstraat en suid van Buitensingelstraat was tot op daardie stadium slegs enkele huise in hul tuine.  Die eerste uitbreiding was bo Buitengracht op met die heuwels van Seinheuwel. Soos die dorp gegroei het, het huise beskikbaar geraak in Papendorp (Woodstock) en Driekoppen (Mowbray).  Soutrivier as woongebied was later om te ontwikkel as die buurgebiede Woodstock en Observatory. Teen die jaar 1820 het die bevolking van Kaapstad sowat 18 000 getel.


Arend het sy dienste as brandmeester in 1790 beeindig.  Woensdag den 15:e Decemb: 1790.  Wyders door den Burger Brandmeester Arend van wielig per requeste te kennen gegeeven zijnde, hoe hy Su;;l:t door diverse Lichaamsgebreeken zich in de onmogelykheid bevond deeze zijne functie van burger brandmeester langer waar te neemen met die ijver, welke daar toe behoorde, en die hij altoos, na best vermogen hadde geobserveert, weshalven hij verzogt van deezen dienst te mogen weezen ontslagen, zoo is verstaan den Suppliant zijn gedaan verzoek te accordeeren en hem dienvolgens als burgerbrandmeester te ontslaan. (Reference code: C. 190, pp. 417-494)


Hy het die kontrak om die ossewavervoer tussen die Kaap, Valsbaai en elders te behartig gekry. (Reference codes: C. 204. pp. 311-369 en C. 205. pp. 2-21;  C, 196, pp, 392-350).  The Horse Island with its House & other Buildings. The use of this Island & its Building has been granted to Arend van Wielligh, Contractor of the Waggons, Horses &c. for the service 


of the Company, during his Contract.  (Records of the Cape Colony from February 1793 to December 1796. Copied for the Cape government, from the manuscript documets in the public record office, London, by George McCall Theal, LL.D., colonial historiographer)

Omdat hy altyd ’n groot klomp trekosse in die nabyheid van die Kaap gereed moes hê vir gebruik, kon Arend, Paarden Eiland vir 125 ryksdalers per jaar vir sy osse huur.  (Reference codes:  C. 196, pp, 203-282)  Hy was nie toegelaat om op die eiland hout te kap, te ploeg of om die grond op enige manier los te maak nie. (Helena Liebenberg:  Cabo de Goede Hoop:  van plekke en mense.  The Horse Island with its House & ther Buildings.)  Woensdag den 28:e December 1791. − 3. Den oud burger Brandmeester Arend Van Wiellig, als in huur hebbende het Paarden Eyland. (Reference code: C. 199, pp. 397−485.)  (Sien ook Reference code: C. 220, pp.271-318 16/12/1793).


Paarden Eiland het eers as “het Eijland de Uitkijck” bekend gestaan.  Dit was ’n lang, smal strook grond, tussen die Dieprivier en die see, van sy mond af tot by die Riet Valleij, wat hoofsaaklik uit duine en vleie bestaan het.  In 1659 is daar ’n houtwaghuis met die naam De Kijckuit  op ’n hoë sandduin gebou.  Nadat die Kompanjie sy aktiwiteite ooswaarts uitgebrei het, was De Kijckuit se diens as uitkykplek nie meer nodig nie.  Tog kom daar later weer ’n buitepos vir die Kompanjie se perde.  In 1728 word die beskrywing “’t paarden eijland” die eerste keer gebruik, hoewel die benaming “’t eijland de Kijckuijt” nog amptelik gebruik is.  Steeds in 1790 het Paarden Eiland as weiding vir die VOC se perde wat vir die artillerie gebruik is en vir trekosse van die waens wat van die plattelandse buiteposte gekom het, gedien.  Die inventaris was nou o.a. 127 perde, twee potte, twee watervate, ’n emmer, ’n tregter, ’n ou saal, ’n rooster, twee rietbyle, ’n hamer en twee vaam ou kabeltou.   In 1791 is die perde, koetse, karre, tuie en gereedskap op Paarden Eijland verkoop en die grond aan Arend verhuur.  Op Dinsdag 29 Julie 1794 kry Arend die kontrak vir dieaanrijden van drink-en-Keukenwater naar de wachten op de Batterijen Amsterdam, Chavonnes, de Linie en andere meede voor den tijd van drie Jaaren … voor eene Somma van Twee duizend drie hondert Guldens 'S Jaars …Derde Perceel, ofte het gereedhouden van de benodigde wagens met paerden of ossen bespannen almeede voor den tijd van drie Jaaren, even genoemde Burger Arend van Wielligh ende zulks tot de volgende prijzen …”  (Reference code: C. 225, pp. 54-81.)



Toe die regering in 1791 besluit het om sy derde regeringsbuitepos by Groene Cloof te staak, is die gronde en soutpanne nie verkoop nie, maar wel verhuur.  Die eerste huurder van die soutpanne by Groene Cloof (skuins agter die huidige Koeberg) was Arend von Wielligh.  (Reference code: C. 197. pp. 221-284;  C. 198. pp. 14-46;  C. 199. pp. 2-78;  C. 217, pp. 80-134;  C. 222, pp. 87-199;  C. 217. Pp. 80-134;  C217, pp, 136-216)  “The third government reserve, Groene Cloof post was leased to the salt merchant Van Wielligh in 1791, and remained a government property until 1808, when it was given to the Moravian Church as a mission station, and is now called Mamre. Many of the Company’s old buildings still stand grouped around the church. The remainder of Slagtersveld was then sold off, piecemeal, by successive governments to private farmers.”


“Salt found here.  It is noteworthy, that all the salt found in certain valleys inland, whether around the Tigerbergen, in the Tigervalley and 3 miles from the Castle, at the Groene Kloof, or elsewhere, is formed only from rain-water by the strong sun, and found in such quantity, that it is brought from there by entire waggon-loads.”   (François Valentijn:  Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope.  Deel II. editie E.H. Raidt en R. Raven-Hart.)  Arend het sout ontgin en verkoop.  Hy het die soutpanne gehuur teen 12 700 gulden.  As dit in gedagte gehou word dat ’n soldaat of  ‘n matroos maar sowat 120 gulden per jaar verdien het en ‘n skaap sowat 6 gulden gekos het, dan moes Arend ’n baie ryk man gewees het.

Six & Thirty Places situated in the Groene Cloof, called Palmiet Fontein, Conterbergs Fontein, Karnemelke Fontein, Orange Fontein, Oude Comps. Post, Duinen Fontein, Groote Post, Smalpad, Drie Paper Fontein, Lange Fontein, Alexander Fontein, Doom Fontein, Groote Rondeberg, Reeboks Fontein, Bontebergspost, Plaat Klip, Drooge Valley, Schildpad Fontein, Klip Fontein, Sonquas Fontein, Zwarte Water, Eyser Fontein, Hartebeestkraal, Nieuwe Melkpost, Oude Melkpost, Witzand, Kleine Dassenberg, Laatste Stuiver, Modder Rivier, Kransen Valley, Buffels Fontein, Nieuwe Post & Slangekop — the use of all which places has been granted to the Contractor of the Meat. (Records of the Cape Colony from February 1793 to December 1796. Copied for the Cape government, from the manuscript documets in the public record office, London, by George McCall Theal, LL.D., colonial historiographer)  Op 13 Julie 1791.“… burghers Arend v. Wielingh and Jan George Stadler. who offered to supply meat to the Public for four years…”

Vanaf 13 November 1792 tot September 1795 kom Arend von Wielligh se naam voor as kontrakteur vir die voorsiening van brood, meel en beskuit aan die V.O.C. (Reference codes: C. 209. Pp. 156-180; C. 210, pp. 285-303;  C. 210, pp. 357-376;  C. 212, pp. 260-267;  C. 219. Pp. 246-315;  C. 219, pp. 387-437 en C. 220, pp. 2-38; C.213. pp. 187-192;  C. 214. pp. 2-88;  C. 214, pp. 246-297 en C. 215, pp. 2-10;  C. 221. pp. 16-57;  C. 215, pp. 11-45;  C. 223, pp. 269-298;  C. 225. pp. 17-53; C. 226, pp. 2-37;  C. 212, pp. 327-355 en C. 213, pp. 2-186 C. 221. Pp. 16-57).  In 1796 sluit Arend ‘n kontrak met John Pringle in verband met die voorsiening van brood aan die Britse troepe.  En in 1797 sluit Arend ‘n kontrak met John Pringle ten opsigte van die voorsiening van brood aan die garnisoen.

Arend het steeds voortgegaan om sy boerderybelange uit te brei.  Op 28/01/1792 is hy weereens ‘n Receiver of land revenue, hunting grazing loan farm licence.


Vanaf die begin van die Kaapse vestiging het feitlik alle reisigers wat ooswaarts wou reis, oor die Hottentots Hollandberge gegaan en die loop van die Sonderendrivier gevolg.  Die bosse het baie geel- en stinkhout aan die VOC gelewer vir waens en meubels.  Mettertyd is plase ontwikkel.  Die plaas Hartebeestkraal het later bekend geraak as The Oaks. (Greyton weekend accommodation)



Die plaas Hartebeestekraal aan die noordelike oewer (bergkant) van die Sonderendrivier, vier myl van die teenswoordige Greyton is in 1792 deur Arend von Wielligh op ordonnansie geneem en het in 1803 in besit van Coenraad Nelson gekom.  Noord van die rivier waar die Kwartelriver van suid aansluit, was die VOC-veeposte Het Ziekenhuis (vandag Nethercourt) en Zoetemelksvlei.  Die plaas Hartebeestkraal grens ooswaarts aan Zoetemelksvallei en suidwaarts aan Ziekenhuis.  Die goewermentspos van die Kompanjie,  Zoetemelksvalley, was geplaas onder toesig van Marthinus Aegidus Theunissen, wat ook opsigter was van die inheemse bosse teen die Sonderendberge.  Theunissen, wat deur Ryk Tulbagh aangestel is het in 1772 sy pos aanvaar.  Hy het ook die eienaar van die aangrensende plaas Ziekenhuys geword.  (W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa.)  Daar is direkte familiebande tussen die von Wielligh’s en die Theunissens.

“The genre of gable buildings which bagan at the Cape in the 1730’s was the product of a class of peasants-made-good, who were taking old European approaches to gentry architecture and twisting them into a new aestetic strand.  There are forty-one surviving eighteen-century gabled manor houses with traceable histories of ownership in the Cape.”  (Martin Hall: Archaeology and the Modern World: Colonial Transcripts in South Africa.) “The farm (Hartebeestekraal) is eminently suitable for horse-breeding and cattle farming.”   (W.B.E. Paravicini di Capelli: Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa.)  Hartebeestekraal het in 1844 in besit van die renperdteler T.B. Bayley gekom en het toe die naam “The Oaks” gekry. (Greyton weekend accommodation)

  

Op 4 Februarie 1793 word Arend genoem as Burgerwykmeester. (Reference code: C. 213, pp. 187-192)

Soos die meeste ander Kaapse burgers het Arend van slawe-arbeid gebruik gemaak.  In 1795 het Arend die slaaf Esau by Johannes Schreuder gekoop.  In 1796 het hy die slaaf Francois van Madagascar by Daniel Huge gekoop.  In 1797 word die slaaf Frans van Bengal aan Arend verkoop deur Cornelis Gysbert Verwey namens sy ma Marta Adriana Olivier, die weduwee van Cornelis Verwey en in 1801 verkoop Arend die slaaf Mentor van Madagascar aan Frederik Kannemeyer.


Gedurende die Eerste Britse besetting in 1796 was daar ‘n proklamasie uitgereik waarin al die hoofde van families en alle ander inwoners van Kaapstad en vir ‘n afstand van vier ure vanaf Kaapstad by die Kasteel bymekaar moes kom om die Oath of Allegiance to His Majesty, the Sovereign of this Colony af te lê.  Arend het dit waarskynlik gedoen, want in 1796 sluit hy, sy seun Matthias en sy skoonseun Christiaan Loedolff ‘n kontrak met Majoor James Henry Craig in verband met die voorsiening van mielies (corn) aan die Britse troepe.

Arend en Johanna van Sittert se testament: