Nicolaas was die seun van Nicolaas von Wielligh en Gerharda de Jongh.
FAMILYSEARCH
DG: ? de Jongh, Anna Catharina Victor en Alida Maria Schenck
G.R. von Wielligh gee in sy boek Eerste Skrywers (JL van Schalk, 1922) inligting oor sy grootvader, Nicolaas (1780). Hy is op 16 Julie 1780 in Kaapstad gebore en het ‘n vermoënde man geword.
FAMILYSEARCH.
21/06/1796. Lidmaatskap van die kerk in die Kaap.
Nicolaas trou op 19/03/1799 met Elizabeth DE WAAL, die.dogter van Cornelis de Waal en Aletta Heuningh.
FAMILYSEARCH
DG: Abraham Skietekat en Elizabeth de Waal.
Na sy huwelik met Elizabeth de Waal het hy die plaas Leeuwdans (Leeuwendans) gekoop. Nadat sy vir hom vier dogters geskenk het, is sy oorlede.
Na Elizabeth se dood, trou hy met Bettie (Elizabeth Johanna) Theunissen die dogter van Marthinus Wilhelm Theunissen en Sara Catharina Malan.
Elizabeth Johanna Theunissen was een van 15 kinders. Sy was van die plaas Vergelegen, wat oorspronklik aan Goewerneur W.A. van der Stel behoort het. Die plaas was in vier dele verdeel en per veiling verkoop, nadat die goewerneur daarvan afgesit was. Haar pa, Marthinus Wilhelmus Theunissen (gebore op Soetmelksvlei) is kort na sy twintigste verjaarsdag met Sara Catharina Malan getroud. Sara Catharina Malan het Vergelegen van haar ouers, Jacobus Malan en Catharina Morkel geërf in 1778. Vergelegen is na Sara Catharina Malan en Marthinus Wilhelmus Theunissen se huwelik in sy naam geregistreer. Marthinus Wilhelmus Theunissen was ‘n lid van die Stellenbosche kommando, ‘n ouderling van die Stellenbosche kerk en ‘n Heemraad. Hy was ook een van die voorstanders in die vestiging van die dorp en kerk van Somerset Wes. Die handelaar George Thompson het vir Marthinus Wilhelmus beskryf as ‘n ‘substantial African landowner’. Hy het in weelde geleef op Vergelegen en was ‘n entrepreneur en bouer van Hollandse kerke by Caledon en Stellenbosch. Hy was ook die eienaar van verskeie Overberg plase. (family.morkel.net)
Vergelegen Homestead (Photo: André R. Morkel)
DIE
GRONDEIENAARS VAN STELLENBOSCH EIENAARS VAN ERWE OP DIE DORP 1693 - ca. 1860 EN
EIENAARS VAN PLASE IN DIE DISTRIK 1680 - ca. 1860 deur JOHANNES VAN DER BIJL
DIE
MELCHIOR BRIERS-ERF bestaan uit vier dele:
DEEL 1
Dit is deel van'n plaas toegeken
1.1.1683
G 121 aan Harmen Jansz Potgieter, >n vrysmid (kyk pp. 19, 31 en 33). Voor
1687 verkoop hy hierdie erf aan die "vrywagenmaker", Abraham
Bastiaansz Pyl, wat dit op
17.9.1687
aan Sybrand Mancadan, "krankbezoeker en secretaris aan Stellenbosch%
verkoop. Hy was met Maria Catharina van Swaanswyk getroud en na Mancadan se
dood is sy weer met Jan Geel getroud. Geel en sy weduwee was albei oorlede voor
Pyl in 1698 transport verkry het. 2 m 519 r² (Kaart p. 90)
1.1.1683
G121 Harmen Jansz Potgieter - dit is deel van die plaas "Voor 1687 Stukje
} 1 Land of Eylandje" } Abraham Bastiaansz Pyl "vrywagenmaker' 1698 T
448 }
17.9.1687
Sybrand Mancadan (3.12.1699/T 451 aan boedel van sy weduwee) Jan Geel trou met
wed. Mancadan
3.12.1698
T 451 Boedel wed. Geel (eers wed. Mancadan) 3121698 T 452 Jan Margara
5.5.1699
T 463 Jan Frederick Fols (van boedel Margara)
29.12.1701
T 552 Hans J. Conterman
20.3.1703
T 595 Andries Cornelis van Tonderen
11.6.1717
T 1176 Jan Botma
17.1.1721
T 1363 Steven Winterhof (van boedel Botma)
31.7.1727
T 1804 Adam Keyser (van Claas Wolf)
10.4.1732
T 2055 Antonie Fick (van boedel Kayser)
DEEL 11 1
m netto (Kaartp. 90) 12.10.1750 OSFIIIS Antonie Fick
DEEL (1 +
11) 3 m 519r²
17.1.1758
T 3320 Bemardus Fick (van wed. A. Fick)
19.7.1770
T 4358 Abraham Kraaywinkel
9.11.1775
T 4770 Petrus Franciscus Melchior Briers
DEEL 111
520 r² (Kaart p. 90)
6.3.1790 OSF 1V 11 P. F. Melchior Briers In
1811 verkoop Briers 597 r² wat in 1813 as die eiendom van die Landdros en
Heemrade aangegee word (kaart p. 90). Die erf word op p. 95(kyk §16) behandel.
Die restant is nou 3 m 442 r². 92 VICTORIA - TOT PLEINSTRAAT
DEEL 1V 2
m 207 r' (Kaailp. 90)
5.3.1813
T 65 P. F. Melchior Briers (In 'n 1813-opmeting is bevind dat 2 m 207r² aan die
Landdros en Heemrade behoort, maar dat dit binne Briers se veronderstelde
grense val. Die grond word aan hom toegeken mits hy grond vir 'n nuwe straat
gee.) Totale erf 6 m 49 r² MELCHIOR BRIERS-ERF (Oos van Andringastraat) §12 Met
die maak van Andringastraat, word die erf (§]]) in 1816 in twee gesny, oos en
wes van Andringastraat. (Vir die westelike deel kyk §22éj- Die oostelike deel
word in vier groot stukke gedeel. 'n Vyfde deel is al in 1811 deur Briers
verkoop. Hierby moet nog die twee Cats-erwe, p en N (§8p- 87) gevoeg word.
1 ERF A
(Restant van die Melchior Briers-erf) 310 r² 142 vt² (Kaan p. 93)
17.7.1818
T 553 Wed. Gabriel Rossouw (Elizabeth Cecilia Louw) (van wed. P. F. M. Briers)
28.7.1820
T 254 John Martinson (van wed. Rossouw)
21.9.1832
T 344 Nicolaas Hendrik Sertyn
28.10.1836
T 683 Nicolaas von Wielligh
16.1.1838
T57 Wesleyan Missionary Society
13.7.1899
Wesleyan Missionary Society
(https://digital.lib.sun.ac.za/bitstream/handle/10019.2/5912/vanderbijl_grondeienaars.pdf?sequence=10)
Beide Van Wielligh en Theunissen het in die veldkornetskap van die Mosselbanks Rivier gewoon. In 1834 het Jurgens Sr. die plaas Olifantsfontein saam met die slawe aan Nicolaas von Wielligh verkoop. Alle slawe is in die Kaap op 1 Desember 1838 vrygestel, dus toe Nicolaas in sy laat vyftigs was. Teen die tyd van emansipasie van die slawe was Nicolaas von Wielligh een van die rykste slawe-eienaars in die Mosselbanks rivier.
GR het vertel dat sy oupa Nicolaas omgeveer 40 slawe gehad het. Sommige van sy slawe kon blykbaar net in Malleis-Portugees met hom gekommunikeer. Daar was blykbaar ‘n goeie verhouding met die voormalige slawe, want van hulle het dikwels kom kuier. Onder die besoekers was daar Kandaas, die vrou van die Engelsman Jim en Lena die vrou van Jim se broer George. GR het vertel dat Aia Leentjie, ‘n voormalige slaaf in haar tagtigs, geel van kleur en met lang hare, bekend in die Boland as Malbaare, op die plaas kom woon het by haar kleinkinders, Josop Fortuin en Lowiesa. Sy was ‘n Christen en die von Wielligh kinders het dikwels by haar gaan kuier om na haar stories te luister.
Slawe-vergoeding is wel deur die Britse regering aan die boere uitbetaal, maar dit het nie naastenby vergelyk met die ware waarde van die slawe nie. Dit was ook algemeen dat verbandlenings op slawe as eiendom gemaak is. Nicolaas von Wielligh van die plaas Leeuwedans, dist. Malmesbury se 35 slawe was vir 3,307 pond waardeer, maar hy het slegs 1,243 pond as vergoeding ontvang.
“In addition to the fact that Nicolaas van Wielligh’s claim to compensation money of 1 243 was uncontested, he received an additional sum of £137,7s11p from the claim of neighbouring farmer M.W. Theunissen leaving Theunissen with just £39,9s,10p. When Theunissen bought Leeuwekuil for £625 in 1830, £325 was provided by Van Wielligh. Theunissen and Van Wielligh were not only neighbours, but also kin. Van Wielligh had at one time been married to Theunissen’s namesake (sy dogter), Elizabeth Johanna Theunissen.” (Dooling, Wayne:: Research in international studies, Africa series, vol 87. p. 225).
Sy vrou Elizabeth Johanna Theunissen is dood in dieselfde jaar as wat hy hom moes vereenselwig het met die finale beeindiging van slawerny.
MOOC 6/9/12 2713. Elizabeth Johanna Theunissen. Ouers. Marthinus Wilhelmus Theunissen & Sara Catharina Malan. Boervrou. Getr. Nicolaas von Wielligh. Oorl. 25 jr. 6 mde. 6 dae. 25/04/1838, huis Leeuwendans, dist. Stellenbosch. Kinders. Nicolaas, Sara, Marthinus Wilhelmus.
Na sy tweede vrou se dood het Nicolaas vir ‘n derde keer per spesiale lisensie op 19/12/1838 met Maria Visser (Fischer) van Kaapstad getrou.
In 1846 the Mosselbanks Rivier notable Nicolaas van Wielligh stood surety for Daniel Retief and Philippus Albertus Myburg (sy dogters se mans) for the amounts of £826 and £750 respectively.” (Dooling, Wayne: Slavery, Emancipation and Colonial Rule in South Africa. 2007. P. 145)
Nicolaas was ongeveer ‘n dekade na die beeindiging van slawerny bankrot. Die beeindiging van slawerny het wel bygedra tot sy ondergang, maar hy het tog die voordeel van kompensasie vir sy slawe verkry. Miskien was hy net ongelukkig, want in die jare wat sy bankrotskap vooruitgegaan het, het droogtes ‘n paar keer op sy plaas uitgebreek. Die reëls van verdeling van erfporsie het voorgeskryf dat Von Wielligh aan die geldige aansprake van sy nageslag moes voldoen. Om die erfporsie van sy drie kinders te verseker, was hy verplig om 'n verbandlening van 2902 pond uit te neem. (Wayne Dooling: Research in international studies, Africa series, vol 87).
Volgens Dooling is sy bankrotskap egter teweeg gebring deur sy onvermoë om sy produksie te verhoog. Ten spyte van die arbeidstekorte het die ontwikkeling van gemeganiseerde boerderygereedskap baie stadig in Suid-Afrika ontwikkel. In 1838 was daar geen plaasimplimente onder Nicolaas se besittings gelys nie. Nicolaas kon nie die verandering van slawe-arbeid na betaalde-arbeid hanteer nie. Hy kon sommige van sy ou skulde afbetaal met die kompensasiegeld, maar het ‘n dekade na emansipasie nog steeds nie die 16000 guilders gehad wat hy geleen het, toe hy die plaas in 1818 gekoop het nie. ‘n Verdere 13000 guilders wat hy in 1813 geleen het, is nie betaal nie en die 625 pond wat hy in 1832 geleen het, kon hy nie betaal nie. Hierdie manier van skuld maak was nie ongewoon nie. Naburige plase soos Blaauwe Blomskloof, Berg en Dal, Hoornbosch, Kalbaskraal en Wolwedans was net so swaar belas. (Wayne Dooling: Research in international studies, Africa series. Vol 87.)
In 1854 is Nicolaas 'n doopgetuie by die doop van Elizabeth Maria Johanna Theunissen.
FAMILYSEARACH
Cape of Good Hope baptisms 1846-1864
Sy enigste seun Nicolaas (1833) het die plaas Vryeguns, Agter-Pêrel, gekoop waar sy vader en moeder gaan woon het en waar hy (Nicolaas 1780) in 1867 op die hoë ouderdom van 87 oorlede is. GR von Wielligh is op hierdie plaas op 1 April 1859 gebore en was sowat 8 jaar oud toe sy oupa oorlede is.