b.3. Nicolaas VON WIELLIGH, ged. 25/10/1711

b.3.  Nicolaas, ged. 25/10/1711, Kaapstad x 05/06/1757, Malmesbury met Johanna Sara GRUTTER, ged. 18/01/1733, d.v. Hermann Grutter van Munster en Rebekka van die Kaap.

Nicolaas was die seun van die stamvader Nicolaus von Wielligh en sy eerste vrou Elizabeth van Wijk.


EGGSA
Kaapse Doopregisters. 1711
DG: Cornelis Loos en Ida Elizabeth von Wielligh

Den 6 Meij
Daniel Nicolaes,
de ouders Daniel Duringh en Susanna Coetsee,
de getuijge Nicolaes van Wieling de jonge, en Adriana Groenendijk.
Cape Town Baptisms 1736
Written by transcribed by Corney Keller.

Op 24/03/1737, Kaapstad, is daar ‘n buite-egtelike kind met die naam van Elizabeth Maria gedoop, waarvan die moeder Magdalena Adolfs was.  Die vader word genoem as Nicolaus von Wielligh.  Alhoewel dit nie onmoontlik was vir die stamvader Nicolaus (55 jaar oud en getroud met sy derde vrou) om die kind se vader te wees nie, is dit meer waarskynlik dat daar na sy seun Nicolaas, toe 26 jaar oud verwys word, veral as mens daarop let dat Nicolaas jr. sy eerste dogter by Johanna Sara Grutter, Elizabeth Maria gedoop het.

FAMILYSEARCH

Elisabeth Maria (onecht).
De moeder en getuige is Magdalena Adolfs. De soogenaemde vader Nicolaus van Wieling.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1737
Written by transcribed by Corney Keller.

Die Swartlandgebied het sedert 1700 stadig bevolk geraak.  “Vanaf 1700 was daar jag en weidingslisensies in die Zwartland uitgereik wat gewoonlik net vir ‘n jaar geldig was.  Sover bekend was die eerste van die plase Tweekuil wat gegee was aan die “vrylandbouwer” Johannes Vos ‘om voor den tyd van een geheel jaar met desselfs vee, bestaande uit runderen en schaapen, aan of tusschen Riebeeck Casteel en’t Swarte land, gent. De Twee Kuylen te mogen gaan leggen en laaten weyden en gedurende die tyd te bouwen off saaien’.  Uit voorafgaande blyk dit dat alhoewel die hoofklem op veeboerdery geval het, die graanbou toe reeds aandag geniet het.  Ander streke in die omgewing was Groenkloof (Darling) asook Paardenberg wat sy ’wilde paarden’ (zebras), Riebeeck Kasteel en Vier en twintig Rievieren (Porterville).”   (Bazette Meyer:  Die Gemeente Swartland, gestig 1745 – Stamouers)  

Die veeboere het op 'n vroeë stadium met die Boesmans (Khoisan) begin bots. Die Boesmans het die veeboere se plase aangeval, boere en veewagters vermoor, plaashuise afgebrand en vee geroof of vernietig.  Die eerste burgerkommando is in 1715 op die been gebring om die Boesmans te stuit.  In 1739 was die area bekend as Groenekloof (vanaf Koeberg in die suide tot by Saldanha in die noorde) onderverdeel in 46 plase.  In dieselfde jaar het kommandodiens verpligtend geword.  Kommando’s het streng opdragte ontvang en moes by hul terugkeer verslag doen aan die landdros van Stellenbosch.  Daar was voortdurend vergeldigingstogte teen die Boesmans geloods.

Dinsdag:  2 Junie 1739.  “Is ter vergaderinge geleesen het verleende rapport bij den oud burgerraad, Johannes Cruijwaagen, weegens het voorgevallene op de togt door hem ter ordre deesen Regeering ondernoomen teegens de Hottenttotten sorteerende onder de Bosjesmans natie, het welk is bevonden te zijn van den volgenden inhoud:  Rapport aan den Wel Edelen Gestr. Heere Hendrik Swellengrebel, Gouverneur van Cabo de Goede Hoop &a. &a., beneevens den E. Agtb. Politicquen Raad.

Sijnde ik onderget.daags daaraan met bovengen. persoonen, behalven den vooruijtgesondene Jan Olivier, mitsgrs. de burgers Burgert van Dijk, Claas van Wieling,  Hendrik Greef  en Jan Mostert,  dewelke mij in de Tijgerbergen waaren koomen vinden, vandaar naar de Groene Cloof gereeden, daar ik vond d' onlangs hier aan de Caab geweest zijnde Hottentotten, sorteerende onder de Kl[e]ijne Namacquas en Bosjesmans natie, van dewelke volgens Uwe Wel Edele Gestr. en E. Agtb. ordre door mij zijn afgenoomen geworden 29 beesten die haar (op het vals voorgeeven dat deselve haar souden toekoomen en een gedeelte quamen uijt te maaken van het van haer geroofde vee) waaren afgegeeven geworden, welke 29 beesten ik aan 's Comps. posthouder aan de Groenecloof heb overgegeeven; op den 30 dier maand April hebbe ik mij onderget. van de Groenecloof na de Groene Rivier  begeeven, en daar bij de eevengen. Hottentotten gevonden hebbende drie en tagtig beesten, zijn deselve door mij van haarl. afgenoomen en aan den bovengen. posthouder insgelijx afgegeeven, behalven 10 draagossen en 5 slagtbeesten, dewelke haar gelaaten zijn, en hebbe wijders die Hottentotten geordonneert dat zij sig naar haare coraal, leggende agter de Picquetberg in de Lange Valleij, souden begeeven, met verseekering dat wanneer zijl. geen quaad kwaamen te doen, haarl. ook geen quaad soude weedervaaren, werdende mij daarop door twee van die Hottentotten, gent. Swarte Booij en Charmant (alias) Titus, om twee snaphaanen te koop of te ruijlen gevraagt, onder voorgeeven dat zij daarmeede oliphanten souden doodschietten, het welk ik haar egter om reedenen geweijgert heb, hebbende tot voorcooming van alle ongelucken de gem. Hottentotten door twee knegts van mij, gent. Jan Pietersz en Hans Hendrik, mitsgrs.nog een van den oud burgerraad Hendrik Oostwald Eksteen, gent. zijnde Jan Alt, doen geleijden naer de plaats van Jacobus Smit, alwaer ik met voorm. Mattheus Willemsz, Pieter van Taak en een ondermeester, genaamt Pieter Pietersz, teegens den avond angekoomen ben, zijnde de andere bovengen. landbouwers op mijn ordre naar huijs te rugge gekeert.” (Reference code: C. 110, pp. 53-104).

Baron Gustaf Willem van Imhoff het die Zwartland en Roodezand (Tulbagh) in Januarie 1743 besoek en was geskok oor die leefwyse van die mense.  Hy het gevind dat die boere onverskillig ten opsigte van hulle godsdiens was en het dit aan die leningsplaasstelsel toegeskryf wat dit vir die mense baie maklik maak om rond te beweeg en verder die binneland in te trek verder van die kerk en die beskawing af.  Selfs die stelsel dat ‘n boer na vyftien jaar van bewoning van ‘n leningsplaas die eienaar daarvan word het geensins die trekgees getem nie.  Selfs sy eie bepaling dat huurders van leningsplase in die vervolg 60 morge om die opstal in volle eiendom kon ontvang het gehelp nie.  Om godsdiens en onderwys in die binneland te bestendig, het die Politieke Raad besluit om twee kerke in die binneland op te rig en twee predikante en drie sieketroosters aan te stel.  Dit het gelei tot die stigting van die Roodezand kerk ‘in ‘t Land van Waveren en van die Zwartland Kerk.  ‘n Paar weke na die afkondiging het ds. Arnoldus Maurits Meiring ingewillig om aan die Kaap te bly en in April 1743 is in die land van Waveren ‘n plek oorkant die Klein-Bergrivier uitgesoek vir die bou van ‘n kerk en ‘n woonhis vir ds. Meiring.  So he die Roodezand Kerk sy bestek gekry en die volgende as sy gebied omsluit:  die hele gebied ten noorde van die Koopmansrivier, die Bergrivier, die Piketberge en die Olifantsrivier, terwyl sy gemeentelede in oostelike rigting gewoon het tot by die destydse grensdorpie Swellendam. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)

Nicolaas het hom in die binneland, in die Swartland omgewing, gevestig.  Hoewel daar in November 1743 besluit is dat die plaas van die weduwee van Pieter van der Westhuizen die regte plek vir ‘n kerk en pastorie in Zwartland was, het ses maande verloop, voordat daar met die weduwee ooreengekom kon word.  Wietse Botes het uit Enkhuizen, Holland met sy vrou Anna Pieterse aan die Kaap aangekom en is as sieketrooster van die Swartlandse kerk aangestel.  Daarna het daar weer tien maande verloop voordat daar ‘n predikant vir die nuwe gemeente Zwartland gevind kon word.  Die nuwe predikant, ds. Ruter Andreas Weerman het op Saterdag 27 Julie 1745 sy intreepreek gelewer.  So is die 5de Kaapse gemeente met 55 name op die lidmaatregister gestig.   (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988) 


Die gemeente het bestaan uit boere in die nabyheid van Paardeberg, Riebeecks Casteel en Swartland tot by St. Helenabaai, sowel die boere wat duskant die Bergrivier hul plase gehad het tot aan die Kaapse distrik, met selfs Groenkloof ingesluit.  En spyte van hierdie wyduitgestrekte gebied het nie meer as vyf gesinne naby die voorgenome kerk-standplaas gewoon nie.  Met ds. Weerman se vertrek na drie jaar en ses maande was die kerk nog nie gebou nie.  Die tekort aan ‘vaderlandse hout’ het die werk gestrem, toe was hout in ‘t Grootvadersbosch’ gekap.  Dit moes met ossewaens na Swartland toe aangery word, maar voordat die hout droog was, is ontdek dat die helfte van die fondamente van die kerk op los grond gebou was.  (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)  Gedurende die ampstermyn van Ds. Weerman word Wietse Botes nie genoem nie en na eergenoemde se vertrek word hy opgevolg deur Ds. Voltenen van 1750 tot 1755.


Die NG gemeente Swartland se geskiedkundige kerkgebou. (Wikipedia)

Nog voordat die kerk in 1751 voltooi was, was dit nodig om ‘n messelaar van die Kaap te laat kom om die barste in die gewel te herstel.  (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)  Gedurende die ampstermyn van Ds. Voltenen was daar klagtes oor die skoonhou van die kerk.  Volgens Kerkraadsnotule 12 Maart 1753 was Wietse as Koster ontslaan en Nicolaas von Wielligh was in sy plek aangestel.  Botes het wel as Sieketrooster en Voorleser aangebly.  (Bazette Meyer:  Die Gemeente Swartland, gestig 1745 – Stamouers)

Op Dingsdag die 29ste October 1754 was die volgende eiendom aan Nikolaas toegeken. Aan den Burger Mitsgaders koster der Swartlandsche Kerk Nikolaas van Wielligh een Stukje Huijserfs en Thuijn land omtrent de evengemelde Kerk geleegen, groot Twee morgen om zig daarop ter needer te Setten, met deese bepaaling egter, om op hetselve Land geen Vee te mogen houden, en dat ook niemand der Buuren door het uijtgeeven van dien komt benadeelt te werden. (Reference code: C. 132, pp. 433-443.)

Nikolaas is op 05/06/1757 met Johanna Sara Grütter, die dogter van Hermann Grutter van Munster en Rebekka van die Kaap getroud.

FAMILYSEARCH
Swartland huwelike 1748 – 1839.
1757
  
Johanna Sara Grutter was die buite-egtelike kind van Herman Grutter by Rebecca van die Kaap.

Herman Gruijter van Munster, oorl. voor 1739, was 'n VOC soldaat in 1696.  Hy het as kneg gewerk tot ongeveer 1709.  In 1722 was hy 'n visserman aan die Soutrivier.  “H.C.V. Leibbrandt, Précis of the Archives of the Cape of Good Hope:  Requesten (1722), vol. II, p. 444:  “Fisherman - Memorial of - who own fishing boats, and ask that they may again fish at, and near Salt River, which has been forbidden them since the vessels had been thrown on shore there in the late gale. Memorial signed by Paulus Hartog, the Widow Jan Verbeek, Harmen Grutter, Johannes Mulder, Titus Jacobse, Jan Pretorius, Jacob of Bougis, Jonker of Macassar, Sobinko the Chinaman, Hercules Valentijn, and Daniel Deuren. The Governor and Council decide as yet to withhold the permission, and not allow the memorialists to fish between the beach and the Salt River. No. 86; date, 22nd December 1722”.  (Mansell G Upham: Uprooted Lives Unfurling the Cape of Good Hope’s Earliest Colonial Inhabitants (1652-1713).  Op 05/02/1713 het Herman met Johanna Titus, d.v. Titus Jacobs van Macassar en Johanna van Macassar getrou en hertrou op 04/07/1728 met Engela Wedeking, d.v. Heinrich Wedeking van Padenborn en sy (halfslag) vrou Johanna (Jannetjie) van Wijk van de Kaap.  Engela was in 1739 as die weduwee van Herman Grutter aangeteken.


‘n Ander buite-egtelike kind van Rebecca van die Kaap, Isaac Jacob, die seun van Titus van die Kaap is op dieselfde dag as Johanna Sara gedoop.

FAMILYSEARCH
1733

(Botes, Mariana:  ‘n Genealogiese studie van die Petrus Johannes-tak van die Botes-stam met besondere verwysing na die Weltevrede plase in die distrik Prins Albert.  Tesis Univ. v. Stellenbosch. 1988)

In 1763 was Roodezand en Zwartland nog so klein dat daar van dorpe nog geen sprake kon wees nie.  Dit was maar eers teen 1770 dat jong mense uit die meer gevestigde dorpe (Kaap, Stellenbosch en Drakenstein) hulle in Roodezand en Zwartland kom vestig het. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)  Buiten vir sy amp as koster van die Swartlandse kerk wil dit voorkom asof Nikolaas ook geboer het.  Uit ‘n boedelinskrywing van 05/03/1764 blyk dit asof hy gars verbou het.

Nikolaas was baie goed bevriend met Wietse Botes.  Nikolaas se aanstelling as koster het nie `n einde gebring aan die spanning wat daar tussen Wietse Botes en en die gemeente was nie.  Wietse en Nikolaas het saam begin om drank te verkoop.  Daar was selfs Sondae drank by die kerk te koop.  Dit was later so erg dat die ambagsmanne by die kerk nie in staat was om hulle werk te doen nie.  Ds. Croeser en die kerkraad het in 1766 vir Wietse en Nikolaas verbied om drank op Sondae te verkoop. Hulle is later verbied om selfs drank verniet weg te gee. (Kerkraadsbesluit: 11 Mei en 5 Oktober 1766.)

Uit Nicolaas en Anna Sara Grutter se huwelik is daar ses kinders gebore, 4 dogters en twee seuns.  Teen 1770 was die kanse van die jeug van die Swartland om goeie onderwys te ontvang maar baie gering.  Ouers wat te ver van die skole van sieketroosters was, moes maar hulle toevlug tot die private skoolmeester neem.  Hierdie onderwysers het dikwels ‘n belangrike plek in die samelewing en in die betrokke huisgesin vervul.  Hulle was in baie gevalle beter onderwysers as die sieketroosters wat deur die Kaapse regering voorsien was.  Dikwels was hierdie private skoolmeester ‘n soldaat, of soldaat uit die diens van die Kompanjie se diens.  Hoewel sulke onderwysers deur die Kerkrade goedgekeur moes word, het dit nie gebeur nie.  Onderwysers op die platteland se loon was deurgaans swakker as die van knegte en ambagsmanne.  Hoewel ‘n paar gelukkige onderwysers meer verdien het, het dit ook voorgekom dat ‘n skoolmeester net vir sy kos en huisvesting gewerk het.  Party het ook, behalwe loon en huisvesting, een, twee of drie pond tabak per maand of selfs vrye tabak ontvang. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)   


Na die dood van ds. Gerhardus Croeser moes Zwartland weer jare sonder predikant bly.  Dikwels moes die predikante van Zwartland kla oor die geestelike louheid van die gemeentelede.  Hierdie klagtes het egter opgehou nadat ds. Daniel Goldbach in 1774 predikant geword het. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)  Wietse Botes het in 1774 sy loopbaan as sieketrooster na 30 jaar geeindig, aangesien hy reeds 62 jaar oud was.  Nikolaas von Wielligh het die pos as koster vir 22 jaar gehou.