c.4. Josina Catharina VON WIELLIGH, ged. 09/07/1747

c.4.  Josina Catharina, ged. 09/07/1747, Kaapstad,  oorl. voor 1791 x 22/01/1775 met Andreas Georg Hendrik TEUBES, geb. 14/03/1746, oorl. 1807, van Wolfenbuttelin, Brunswick, s.v. Georg Steffens Teubes.  GHT xx 17/04/1791 met Anna Catharina Bosman.

Josina Catharina was die dogter van Matthys von Wielligh en Alida Maria Schenk.


FAMILYSEARCH
DG:  Jan Andries Horak en Josina von Wielligh

9 Julij
Jozina Catharina,
vader Mattijs van Wieligh
moeder Alida Maria Schenk
getuigen Jan Andries Horak & Jozina van Wieligh
Cape Town Baptisms 1747

Written by transcribed by Corney Keller. Posted in Cape Town Baptisms 1743-1756

Andreas Georg Heinrich Teubes het in 1764 as geneesheer in Duitsland gekwalifiseer.  Hy het in 1769 aan boord van die skip Het Huys te Byweg in die Kaap aangekom.  Eers was hy ‘n soldaat aan diens van die V.O.C. en was daarna ‘n wa-drywer van 1769 tot 1771.  Hy het in 1775 ‘n burger geraak en verlof is aan hom toegestaan om as geneesheer in Kaapstad te praktiseer.  Later is hy aangestel as chirurg van die Burgermag.  Hy was ook ‘n boer.  Op 22/01/1775 het hy met Josina Catharina von Wielligh getrou en hertrou op 17/04/1791 met Anna Catharina Bosman by wie hy nog vyf kinders gehad het.

Kinders:

d.1.  Henricus Mattheus TEUBES, ged. 17/12/1775, Kaapstad.

FAMILYSEARCH
DG:  Nicolaas von Wielligh, Alida Maria Schenk en Gerharda de Jong

d.2.  Alida Maria TEUBES, ged. 27/07/1777, Kaapstad, oorl. 1847 x met Nicolaas Rossouw, geb. 1772.

FAMILYSEARCH
DG:  Arend von Wielligh, Johanna van Sittert en Elizabeth Schenk