i.1. Izak Hermanus NEL, geb. 10/07/1911

i.1. Izak Hermanus, geb. 10/07/1911, Wakkerstroom, oorl. 03/12/1974, Randgate x 09/01/1940, Newcastle Natal met Annie Johanna LOWE, geb. 1904 (voorheen Moolman- geskei van Newcaslte Natal) xx 16/03/1955, Springs met Dalena Wilhelmina SCHOEMAN, geb. 12/12/1919 (voorheen getroud met Charles Henry Lewis). 

Izak Hermanus was die seun van Jozua Francois Nel en Ester Maria Aletta Badenhorst.

Ouma Nel met kinders vlnr: Dick Nel, Lettie Nel, Izak Hermanus Nel
Foto: Herman Nel

Hy woon Christiana Tvl met eerste huwelik.

Name Izak Hermanus Nel
Sex Male
Age
28 years
Birth Date 1912, Transvaal 
Slagter
Spouse's Name Annie Johanna Lowe Moolman
Spouse's Sex Female
Spouse's Age
36 years
Spouse's Birth Date 1904
Event Type Marriage
Event Date
1940
Event Place Newcastle, Newcastle, Natal, South Africa
Source Details 1312
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:KDZ9-4MJ

Albei is geskeides met tweede huwelik.  

Name Izak Hermanus Nel
Sex Male
Age 43 years
Geskei
Birth Year (Estimated) 1912
Spouse's Name Delena Wilhelmina Lewis
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 36 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1919
Event Type Marriage
Event Date
16 March 1955
Event Place
Spring, Krugersdorp, Transvaal, South Africa
Certificate Number 36
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZC9-7XQC

My pa het groot geword in Christiana, my oupa was baie vroeg in sy Nel famielie se lewens oorlede.My pa het groot geword in Christiana al wat ek van hom weet, hy het as jong man slaghuise gehad ek dink in Christiana omgewing hy het ook n paar swart talle vlot gepraat ( die hof het hom partykeer gebruik om tolk te wees in Christiana), hy het ook met beeste gehandel as n jongman. en het ook op n tyd paaie gebou onder andere in die Drakensberge My Pa Izak Hermanus Nel het later jare Nigel toe getrek waar hy met my ma getrou het, Dalena Schoeman van Oudshoorn, hy het die Goldfields Nigel Hotel op daai stadium in Nigel besit. Daarna is hy en my ma Randfontein toe. Hulle het n Biersaal en hardeware besigheid gehad in die Randfontein/Randgate area. My ma en pa beide begrawe in Randfontein. (Herman Nel)

Toe my pa Nigel toe trek, het hy na my ma se ma, en sy ma omgesien waarna sy ma (ouma Nel) met n Van Staden wat in Utrecht Natal area gewoon het getrou, my pa het altyd van sy halfbroers gepraat, Hendrik, Edmund, en Frans Van Staden van New Castle ek het hulle geken en ontmoet wanneer ons gaan kuier het in Natal. My pa,en sy broers het baie jare vis gaan vang in St.Lucia , Cape Vidal en daai areas hulle het n boot gehad en was baie lief vir diepsee visvang. (Herman Nel)

IH SK:  https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BX-TR4X?i=2742&cat=1162069