h.4. Johannes Casparus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 01/07/1931

h.4.  Johannes Casparus (Jannie), geb. 01/07/1931, oorl. 08/07/2014, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas x 04/04/1953, Kamieskroon, Namakwaland met Geesie Maria Johanna BRAND, geb. 13/12/1929, oorl. 25/03/1991, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas.

Johannes Casparus was die seun van Cornelis Albertus Arnoldus van der Westhuizen en Hester Helena Rossouw.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1948:

FAMILYSEARCH

Uit hierdie huwelik (CAA en Hester Helena Rossouw s’n) word 3 seuns gebore.  CAA in 1921, bekend aan die familie as Neelsie,  Johannes (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141868) Casparus in 1931 (Jannie) en Pierre Andre in 1937.  Ook twee dogters Ria en Jeanetta (Nettes).  Hier word die tradisie van die oudste seun wat kom boer verbreek nadat die kinders se ma jonk sterf aan diabetes.  Jannie word op 15 uit die skool geneem om sy pa te kom help met die boerdery.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141871)  Jannie boer op Grootvalleij saam met sy pa vanaf 1946 tot 1952 waartydens sy pa in ‘n 2de huwelik tree en Upington toe verskuif.  Die drie seuns erf die plaas in gelyke dele, Neelsie skenk sy gedeelte aan sy broer Jannie en Pierre se gedeelte word mettertyd uitgekoop met behulp van ‘n familielid wat hom baie goedgesind was en die jong boer gehelp het om op sy voete te kom met die boerdery.  Jannie boer baie suksesvol op Grootvalleij en is verantwoordelik vir baie van die infrastruktuur soos grensdrade, kampdrade, jakkalsproef draad, windpompe damme en krippe.  Hy boer met karakoele (vir die velle- dit was baie waardevol en het baie boere gehelp om it armoede uit op te staan), boerbokke en gesaaides soos koring en hawer wat aan die begin nog met ‘n perdeploeg en sekel gedoen word.  Jannie koop sy eerste trekker in 1938.  Jannie koop ook grond in die Boesmanland waarna die vee te voet 160 km heen en weer getrek word wanneer die weiding begin min raak (dit het 5 dae geneem)  Jannie trou in 1953 met Gesie Maria Brand van die plaas Koignaas in die Sandveld.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141871) 

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN M.J., van der nee BRAND 1929-1991 

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN Johannes Casparus, van der 1931-2014