g.6. Cornelis Albertus Arnoldus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 24/11/1894, ged. 27/01/1895

g.6.  Cornelis Albertus Arnoldus, geb. 24/11/1894, ged. 27/01/1895, Bowesdorp, oorl. 18/04/1977, Springbok, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas  x 31/01/1921, Garies, Namakwaland met Hester Helena ROSSOUW, geb. 23/10/1899, Piketberg, oorl. 07/07/1948, Grootvlei, dist. Namakwaland, begr. Grootvalley 444, Grootvalleij plaas begraafplaas , d.v. Casparus Johannes Rossouw en Maria Johanna van Zyl.

Cornelis Albertus Arnoldus was die seun van Cornelis Albertus Arnoldus van der Westhuizen en Janetta Debora van Niekerk.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1909.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1925.

Hy trou met Hester Helena Rossouw van die plaas Damslaan in die Kamiesberg.  Hy was ‘n bekende perdeteeler in die area en het natuurlik ook gesaai en met skaap geboer.  Uit hierdie huwelik word 3 seuns gebore.  CAA in 1921, bekend aan die familie as Neelsie,  Johannes (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141868) Casparus in 1931 (Jannie) en Pierre Andre in 1937.  Ook twee dogters Ria en Jeanetta (Nettes).  Hier word die tradisie van die oudste seun wat kom boer verbreek nadat die kinders se ma jonk sterf aan diabetes.  Jannie word op 15 uit die skool geneem om sy pa te kom help met die boerdery.  Neelsie bekwaam himself as ‘n prokureur en vestig Namibië waar hy tot op 90 jaarige ouderdom steeds praktiseer.  Hy sterf in 2018 op die ouderdom van 97, ‘n week nada thy Grootvalleij vir die laaste keer besoek het.  Jannie boer op Grootvalleij saam met sy pa vanaf 1946 tot 1952 waartydens sy pa in ‘n 2de huwelik tree en Upington toe verskuif.  Hy kom in 1967 terug plaas toe nadat sy tweede vrou ook sterf, gaan na die ouetehuis op Springbok in 1970 en sterf in 1975.  Die drie seuns erf die plaas in gelyke dele, Neelsie skenk sy gedeelte aan sy broer Jannie en Pierre se gedeelte word mettertyd uitgekoop met behulp van ‘n familielid wat hom baie goedgesind was en die jong boer gehelp het om op sy voete te kom met die boerdery.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141871)

FAMILYSEARCH

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN H.H., van der nee ROSSOUW 1899-1949

 

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN Cornelis A.A., v.d. 1894-1977