g.3. Sibella Aletta Helena VAN DER WESTHUIZEN, geb. 1863

g.3.  Sibella Aletta Helena, geb. 1863, Kuilen, dist. Van Rhynsdorp, oorl. 14/03/1913, Grootdrift, dist. Van Rhynsdorp x Willem Jacobus VAN ZYL.

Sibella Aletta Helena was die dogter van Johannes Augustus Dreyer van der Westhuizen en Hester Johanna Maria Mouton.

Die NG Gemeente Clanwilliam is in 1826 as die eerste gemeente in die noordweste van die Kaapkolonie gestig.  Op 1 Februarie 1808 is op die plaas Jan Disselsvlei ’n onder-drosdy gestig, met Daniel Johannes van Ryneveld as assistent-landdros. Met hierdie stap is die hele gebied wat tans as die Noordweste bekend staan, onder die landdros van Tulbagh geplaas. Op 1 Januarie 1814 het sir John Cradock aan die gebied die status van afsonderlike distrik verleen en dit na sy skoonvader, die graaf van Clanwilliam, genoem.  Op 26 September 1826 is Clanwilliam van Tulbagh as ’n afsonderlike gemeente afgestig, met ds. Thom van Tulbagh as konsulent. Die nuwe gemeente was aanvanklik geweldig omvangryk en het die hele Namakwaland, Hantam (Calvinia) en Vanrhynsdorp ingesluit.  Die eerste kerkgeboutjie is in 1830 voltooi en op 26 Februarie 1832 is die eerste herder en leraar, ds. William Robertson, bevestig.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-clanwilliam/)

Die gemeente Vanrhynsdorp is op 23 Januarie 1877 onder die naam Troe-Troe van die gemeentes Clanwilliam, Calvinia en Namakwaland afgestig.  Troe-Troe se eerste konsulent was ds. Philip Carel Dirk Faure, predikant van Clanwilliam van 1876 tot 1883, wat ook die nuwe gemeente se eerste predikant geword het toe hy op 16 September in laasgenoemde jaar in die amp bevestig is. Net twee jaar en twee maande later, op 20 November 1885, is hy oorlede. Sy opvolger was ds. David Jacob Johannes Rossouw, wat op 26 Augustus 1888 hier in sy eerste werkkring bevestig is.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-vanrhynsdorp/)

Kinders:

h.1.  Hester Johanna Maria VAN ZYL

h.2.  Margaretha Johanna Augustina VAN ZYL

h.3.  Elizabeth Maria VAN ZYL

h.4.  Willem Jacobus VAN ZYL

h.5.  Gert Jacobus VAN ZYL

h.6.  Jacobus Frederik VAN ZYL

h.7.  Alida Aletta VAN ZYL