f.3. Carel Andries VAN DER WESTHUIZEN, geb. 13/07/1862, ged. 12/02/1863

f.3.  Carel Andries (Carlo Andrea), geb. 13/07/1862, ged. 12/02/1863, oorl. 28/12/1927, begr. Kalkfontein Bloemhofdam, Bloemhof x 15/08/1886, Bowesdorp, Namakwaland met Anna Maria KENNEDY, ged.  28/08/1867, Namaqualand, oorl. 13/08/1933, begr. Kalkfontein Bloemhofdam, Bloemhof, d.v. John Hunter Kennedy en Anna Maria van Zyl.

Carel Andries was die seun van Cornelis van der Westhuizen en Johanna Aletta Gagiano.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1887.

In 1850, is die gemeente Namakwaland gestig met Bowesdorp as middelpunt. Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op die plaas Kliphoek op 19 Augustus 1854 onder die voorsitterskap van ds. H.L. de Villiers, leraar van die moedergemeente, Clanwilliam, van 1845 tot sy dood op 5 Julie 1857. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Die verafgeleë en uitgestrekte gemeente het jare lank herderloos gebly. Slegs een maal per jaar is die lidmate besoek, óf deur die konsulent óf deur ‘n ander NG leraar, onder andere di. C. Murray en W.P. Rousseau.  Eers in 1865 besluit die kerkraad om ‘n eie leraar te beroep. Die derde beroep het in 1870 geval op ds. J.S Hauman, wat dit aangeneem het. Ds. Hauman het dan ook met toegewydheid en seën in die uitgestrekte gemeente gearbei van 1870 tot 7 Februarie 1881. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Die eerste kerkgebou van die gemeente was op Bowesdorp, maar die plekkie is later na Kamieskroon verskuif sodat van die dorpie net enkele bouvalle oorgebly het. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/) 

eGGSA library Gravestones in South Africa Noordwes : North West North West, BLOEMHOF, Urban area North West, BLOEMHOF, Kalkfontein Bloemhofdam Reburial Site WESTHUIZEN Carlo Andria, van der 1862-1927

eGGSA library Gravestones in South Africa Noordwes : North West North West, BLOEMHOF, Urban area North West, BLOEMHOF, Kalkfontein Bloemhofdam Reburial Site WESTHUIZEN Anna Maria, van der nee KENNEDY 1866-1933