h.2. Petrus Johannes de Wit VAN DER WESTHUIZEN, geb. 31/03/1906

h.2.  Petrus Johannes de Wit, geb. 31/03/1906, Durbanville, oorl. 19/09/1979, Vryheid, Natal, begr. Durbanville 15/03/1947, Wynberg, Kaapstad met Zephne Pienaar GROBBELAAR, geb. 1925.  

Petrus Johannes de Wit was die seun van Gideon Christiaan Albertus van der Westhuizen en Maria Catharina Johanna de Wit.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1918.


Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1943.

STANDPLASE
1933 Beaufort-Wes (Hpr.) 
1943 Retreat  
1952 Die Vlakte

Ds Petrus Johannes Van Der Westhuijzen (31.3.1906 – 19.9.1976) sterf kort nadat hy op die kansel in Vryheid, terwyl hy, nadat hy sy eerste kleinkind gedoop het, besig was om te preek, ineengestort het. Uit Durbanville geboortig, matrikuleer hy aan die ou seuns- hoërskool op Stellenbosch. Daarna studeer hy aan die universiteit en die Kweekskool aldaar, verwerf hy ‘n meestersgraad in Grieks en word hy 1931 gelegitimeer. Nadat hy ‘n tyd op Darling werksaam was in die plek van ds D J Malan, wat toe aan die Sendinginstituut klas gegee het word hy Junie 1933 op Beaufort-Wes as hulpprediker georden. In 1937 tree hy tydelik om gesondheidsredes uit die diens. Intussen hou hy hom met skryf- en vertaalwerk besig en help hy ook in Wynberg tydens wyle ds F S Malan se siekte. September 1943 word hy leraar van Retreat (tans Zwaanswyk) en Augustus1952 van Die Vlakte. In 1971 tree hy as sekretaris vir redaksionele werk in diens van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika in Kaapstad. Twee jaar later aanvaar hy sy emeritaat en vanaf 1974 is hy administratiewe assistent vir vergaderings en notule van die Bybelgenootskap. Hy behou ‘n lewendige belangstelling vir die klassieke tale en bly ‘n ywerige student veral van die Nuwe Testament. Daarby kan hy altyd oor ‘n ryke verskeidenheid van sake praat en maak sy ongedwonge hartlikheid, sy natuurlike hoflikheid, sy geniale persoonlikheid en sy vlotte gebruik van beide landstale van hom ‘n gesogte voorsitter en seremoniemeester by allerlei geleenthede. Daarby was hy ‘n musiekliefhebber en het hy die orrel met oorgawe bespeel. Gedurende baie jare verteenwoordig hy die Ring van Wynberg in die sinodale en ander sendingkommissies en as voorsitter van die destydse Binnelandse Naturelle-Subkommissie tree hy as voorsitter op by die totstandkoming van die Sinode van die Ned Geref Kerk in Afrika (Kaap) November 1951 in Oos- Londen. (Jaarboek 1977/314).   (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuijzen-petrus-johannes/)

NG Gemeente Beaufort-Wes (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-beaufort-wes/)
NG Gemeente Retreat (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-zwaanswyk/)
NG Gemeente Die Vlakte (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-die-vlakte/)

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, CAPE TOWN, Urban area Western Cape, Cape Town, DURBANVILLE Western Cape, Cape Town, DURBANVILLE, Main cemetery W - Surnames starting with the letter W WESTHUYZEN Petrus Johannes, van der 1906-1976