g.2. Hermanus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 25/02/1885, ged. 03/05/1885

g.2.  Hermanus, geb. 25/02/1885, ged. 03/05/1885, Heilbron, oorl. 07/07/1964, Roodepoort, dist. Koppies x 05/01/1922, Vredefort, OVS met Hester Maria PIENAAR, geb. 22/05/1891, Edenburg, oorl. 31/05/1977, d.v. Abel Jacobus Pienaar en Martha Jacomina Pienaar.

Hermanus was die seun van Johannes Daniel van der Westhuizen en Emmerentia Frederika Jacoba du Plessis.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1931.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1934.

Heilbron is in Mei 1873 in sy geheel van die gemeente Kroonstad afgestig met ’n sieletal van nagenoeg 3 000. Ds. H.W. van der Merwe van Kroonstad was die eerste konsulent. Die naam Heilbron staan in verband met die fontein wat destyds baie sterk was.  Eers op 28 Junie 1879 is prop. D.J. Minnaar as predikant bevestig deur ds. G.W.B. van der Lingen van Kroonstad. Ds. Minnaar het die gemeente 36 jaar lank met die grootste ywer en toewyding bedien. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-heilbron/)

Woon Roodepoort, dist. Koppies.

The town Koppies was founded in 1910 and obtained municipal status in 1926. It got its name derived from the name of the farm it was laid out on, Honingkopjes. Preceding the town was the establishment of a settlement, Roodepoort in 1907, this was somewhere near the present village. It was established by C.R.de Wet, the Boer general, but in this case as minister of agriculture of the Orange River Colony to alleviate poverty among the Boers. (https://ruralexploration.co.za/Koppies.html)