Emmerentia Frederika Jacoba was die dogter van Johannes Daniel van der Westhuizen en Emmerentia Frederika Jacoba du Plessis.
Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1931.
Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1934.
Die dorp
Kroonstad is omstreeks 1857 gestig. Volgens
die oudste inwoners van die dorp, wat dit omstreeks 1910 aan die bydraer tot
Ons gemeentelike feesalbum vertel het, was dit die oorspronklike plan om om
dorp aan Kroonspruit by Kroondrif uit te lê. Volgens die gebruik van daardie
dae (so is vertel) is- by die uitmeet van die plase elke 50ste plaas aan die
goewerment toegewys. So het die plaas Kroont as 50ste plaas aan die goewerment
behoort. Maar die bewoner van Klipplaatdrif, David Benjamin Jordaan, het met
die goewerment van plaas geruil, omdat sy plase dan by mekaar sou lê en nie
deur staatsgrond geskei wees nie. So het ’n deel van Klipplaatdrif dus
staatsgrond geword en is die dorp Kroonstad daar aan die Valsrivier gestig. Oorspronklik was die gebied ’n deel van die
gemeente Harrismith. Van tyd tot tyd is dienste en kerkraadsvergaderings op
Kleinfontein, Doornkop en Kransdrif, in die wyk Valsrivier van die gemeente
Harrismith gehou. Dit het in die jare 1852 tot 1854 plaasgevind. Op ’n kerkraadsvergadering wat op Doornkop op
2 Augustus 1852 gehou is, het geblyk dat daar ’n behoefte aan ’n kerkgebou
bestaan het. Die konsulent voorsien toe die kerkraad van lyste om te kollekteer
vir die bou van ’n kerk. Dié eerste kerkgebou is op 3 Januarie 1862 ingewy. Dit
is met tamboekiegras bedek, met ’n misvloer en sonder banke. Die kerkgangers
het veldstoeltjies saamgeneem na die diens. By ’n aanddiens het elkeen sy
wildebeesvetkers (sogenaamde waterkers) aangesteek.
Tydens die Basotho-oorlog is die kerk as ’n fort gebruik. ’n Sloot is om die kerkgebou gegrawe en die hele burgery van Kroonstad het snags in die kerk geslaap. Die eerste predikant van Kroonstad was ds. P.A.C. van Heyningen, wat die gemeente van 1866 tot 1867 gedien het. Daarna het ds. H.W. van der Merwe van 1870 tot 1876 gedien. Van Augustus 1877 tot Desember 1914 het die begaafde prediker ds. G.W.B. van der Lingen die gemeente bedien. Tydens sy dienstyd is twee kerke op Kroonstad gebou. Die tweede kerkgebou van Kroonstad is op 24 November 1877 ingewy. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-kroonstad/)
Kinders:
h.1. David Johannes HIGGS, geb. 20/12/1904
h.2. Emmerentia Fredrika HIGGS, geb. 19/12/1906
h.3. Johannes Daniel HIGGS, geb. 16/08/1908
h.4. Johannes Lodewicus HIGGS, geb. 30/10/1911
h.5. Hermanus HIGGS, geb. 20/07/1913
h.6. Maria Magdalena Nora HIGGS, geb. 08/11/1915