g.3. Johannes Gysbertus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 13/12/1886, ged. 03/04/1887

g.3.  Johannes Gysbertus, geb. 13/12/1886, ged. 03/04/1887, Kroonstad, OVS, oorl. 01/06/1962, Johannesburg x 20/06/1910, Kroonstad met Wilhelmina Catharina PRETORIUS, geb. 1891 xx 22/02/1921, Koppies met Anna Johanna PIENAAR geb. 17/03/1903, oorl. 23/07/1992, d.v. Abel Jacobus Pienaar en Rachel Margritha Petronella Naude.

Johannes Gysbertus was die seun van Johannes Daniel van der Westhuizen en Emmerentia Frederika Jacoba du Plessis.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1931.


Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1934.

Die dorp Kroonstad is omstreeks 1857 gestig.  Volgens die oudste inwoners van die dorp, wat dit omstreeks 1910 aan die bydraer tot Ons gemeentelike feesalbum vertel het, was dit die oorspronklike plan om om dorp aan Kroonspruit by Kroondrif uit te lê. Volgens die gebruik van daardie dae (so is vertel) is- by die uitmeet van die plase elke 50ste plaas aan die goewerment toegewys. So het die plaas Kroont as 50ste plaas aan die goewerment behoort. Maar die bewoner van Klipplaatdrif, David Benjamin Jordaan, het met die goewerment van plaas geruil, omdat sy plase dan by mekaar sou lê en nie deur staatsgrond geskei wees nie. So het ’n deel van Klipplaatdrif dus staatsgrond geword en is die dorp Kroonstad daar aan die Valsrivier gestig.  Oorspronklik was die gebied ’n deel van die gemeente Harrismith. Van tyd tot tyd is dienste en kerkraadsvergaderings op Kleinfontein, Doornkop en Kransdrif, in die wyk Valsrivier van die gemeente Harrismith gehou. Dit het in die jare 1852 tot 1854 plaasgevind.  Op ’n kerkraadsvergadering wat op Doornkop op 2 Augustus 1852 gehou is, het geblyk dat daar ’n behoefte aan ’n kerkgebou bestaan het. Die konsulent voorsien toe die kerkraad van lyste om te kollekteer vir die bou van ’n kerk. Dié eerste kerkgebou is op 3 Januarie 1862 ingewy. Dit is met tamboekiegras bedek, met ’n misvloer en sonder banke. Die kerkgangers het veldstoeltjies saamgeneem na die diens. By ’n aanddiens het elkeen sy wildebeesvetkers (sogenaamde waterkers) aangesteek.

Tydens die Basotho-oorlog is die kerk as ’n fort gebruik. ’n Sloot is om die kerkgebou gegrawe en die hele burgery van Kroonstad het snags in die kerk geslaap. Die eerste predikant van Kroonstad was ds. P.A.C. van Heyningen, wat die gemeente van 1866 tot 1867 gedien het. Daarna het ds. H.W. van der Merwe van 1870 tot 1876 gedien. Van Augustus 1877 tot Desember 1914 het die begaafde prediker ds. G.W.B. van der Lingen die gemeente bedien.  Tydens sy dienstyd is twee kerke op Kroonstad gebou. Die tweede kerkgebou van Kroonstad is op 24 November 1877 ingewy.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-kroonstad/)

Hulle tree in die huwelik op Koppies.

The town Koppies was founded in 1910 and obtained municipal status in 1926. It got its name derived from the name of the farm it was laid out on, Honingkopjes. Preceding the town was the establishment of a settlement, Roodepoort in 1907, this was somewhere near the present village. It was established by C.R.de Wet, the Boer general, but in this case as minister of agriculture of the Orange River Colony to alleviate poverty among the Boers. (https://ruralexploration.co.za/Koppies.html)

Volgens sy sterfkennis was sy gewone woonplek, Rooipoort, Koppies.  Hy sterf in 9 Cumberland Court, Pretoriastraat, Johannesburg.