g.5. Hendrik Johannes,
geb. 08/05/1879, Calvinia, oorl. 11/02/1963 x 29/11/1905, Kaapstad met Judith Catharina Elizabeth LOUW, geb. 08/04/1879,
dist. Clanwilliam, oorl. 14/06/1934, Kaapstad, d.v. Jacobus Adriaan Louw en Maria Anna
Sophia van Wyk xx Christina Elizabeth VAN NIEKERK, geb. 16/03/1888,
oorl. 15/11/1984.
Hendrik Johannes was die seun van David Josephus Nel en Jacoba Hendrika Maria Strauss.
Uit hulle ma se sterfkennis van 1890:
FAMILYSEARCH
Uit hulle ouma Maria Magdalena Strauss se sterfkennis van 1896:
FAMILYSEARCH
Uit hulle pa se sterfkennis van 1918:
FAMILYSEARCH
Grepe uit die kommando-lewe van twee Kaapse Rebelle
van Calvinia is onlangs deur die bejaarde dogter van een aan WoonBurger vertel
voordat sy skielik op Stellenbosch gesterf het. Dié Rebelle was en sy vriend
Careltjie van der Merwe wat as jong manne in die Anglo- Boere Oorlog hulle in
die Noordweste by die Boere kommando van genl. Manie Maritz aangesluit en
merkwaardige avonture en doodsgevaar beleef het. Mev.
Maudie Basson (85), dogter van Hendrik Nel, het
my onlangs daarvan vertel. Sy het lekker oor die oorlogsverhale van byna 'n eeu
gelede gesels toe ek haar in Stellenoord op Stellenbosch besoek het.
Enkele weke later het tant Maudie ernstig siek
geword en sy is op 21 Julie oorlede. Sy was die weduwee van die bekende kapt.
Jack Basson, wat parlementslid vir Seepunt was.
Tant Maudie het vertel dat Hendrik Nel en
Careltjie van der Merwe, toe negentien, op 'n dag besluit het om van Calvinia
na Maritz se kommando weg te loop. Hulle het een nag verby die dorpswagte
gesluip en deur die veld koers gekies. Hulle moes oppas dat die wagte hulle in
die helder maanlig nie raaksien nie.
Hulle het op Rietfontein in die Agter-Hantam
aangekom en is daarvandaan na Maritz se kommando wat 'n bietjie verder op een
van die plase was.
Hendrik Nel se pa was ontevrede omdat sy seun
weggeloop het om te gaan veg. Tant Maudie Basson het vertel dat die kommando op
haar oupa se plaas Downes aangekom het. Dit is aan Williston se kant van
Calvinia geleë.
Op Calvinia was daar ``hanskakies'' Afrikaners
wat aan Britse kant teen die Boere geveg het. Tant Maudie Basson se oupa het
pragtige weikampe gehad wat met sederhoutpale en draad afgekamp was. Dié
``hanskakies'' het dit verwoes. Die oupa was só ontsteld oor dié skreiende
daad, dat hy aan 'n beroerte gesterf het.
Hy is oorlede net toe Maritz se kommando op
Calvinia aangekom het, en van dié Boere was toe draers op die begrafnis.
Careltjie van der Merwe het op 'n dag op sy eie
probeer om op die Britte te spioeneer. Dit was in die omgewing van
Vier-en-Twintig Riviere, naby die huidige Porterville. Hy is egter gevang en
die Kakies wou hom fusilleer. Maritz het laat weet vir elke Boer wat die Britte
doodskiet, skiet hy twee Kakies dood. Careltjie is begenadig en as
krygsgevangene na St. Helena gestuur.
Hendrik Nel was tot die einde van die oorlog by
Maritz op kommando. Hulle het kruis en dwars deur Namakwaland getrek in hul
guerrillaveldtog teen die Britte.
Tant Maudie het voorts vertel ná die dood van
haar oupa het haar ouma en ma op Calvinia in die huis Avondrust gaan woon.
``Die Britte was hatig teenoor my ma en ouma omdat hulle die Boere gesteun het.
My ouma het al die geld wat sy gehad het in die some van haar rok vasgewerk en
die twee vroue het besluit om vir die res van die oorlog uit Calvinia pad te
gee. Hulle is toe albei in 'n spider ('n perdekar met groot wiele en 'n kap) na
Worcester. Hulle kon nie veel saamvat nie, net hul klere en die geld.
``Toe hulle ná die vredesluiting terugkom op
Avondrust was omtrent alles uit die huis weg. Die stoof het buite op die ashoop
gelê. Die klavier wat aan my ouma behoort het en miskien ook aan 'n grootjie,
was gelukkig nog in die huis. Dit is steeds in die besit van die familie.
``My pa is weens hoogverraad voor die hof
gedaag, maar die saak is teruggetrek en die Britte het hom verskoon en
toegelaat om verder te gaan leer.
``Hy en 'n maat moes hul wapens, perde en saals
op Clanwilliam inlewer en te voet na Calvinia stap. Hulle het geen geld gehad
nie, net die klere aan hul lyf. Die boereplase op pad soontoe was ook
verrinneweer. Haar pa het darem sjokolade by hom gehad wat hulle waarskynlik in
die oorlogsdae van die Kakie konvooie buitgemaak het.''
Toe die vredesonderhandelinge aan die gang was,
het die Boere 'n Britse kommandant versoek om 'n skietstilstand uit te roep
sodat 'n vriendskaplike rugbywedstryd tussen Boer en Brit kon plaasvind. Dié
kommandant het dit na hoër gesag verwys, wat dit geweier het, het tant Maudie
vertel. Tant Maudie Basson het vertel
haar pa was baie jare 'n vriend van genl. J.C. Smuts. Haar pa het voor die
Anglo-Boere Oorlog aan die ou Victoria Kollege op Stellenbosch studeer. Prof.
Gawie Cillié, vader van proff. Gawie jr. en Piet Cillié, was 'n klasmaat van
hom. Haar pa het hom later by 'n prokureursfirma, Bisset en Hofmeyr, laat
inskryf en toe prokureur op Calvinia geword.
Volgens Rebel and Federal Records for Cape
Colony, Second Anglo Boer War (1901-1902) van Taffy en David Shearing is Carel
A. van der Merwe van Tygerhoek (nou Tierhoek), Calvinia, wat in Maritz se
kommando was, op 16 Oktober 1901 by Halfmanshof gevang. Hy is op Worcester tot
vyf jaar gevangenisstraf op St. Helena gevonnis en was krygsgevangene no.
29062. Hy het in Januarie 1903 na die Kaapkolonie teruggekeer. Amnestie is in
Maart 1903 aan die Kaapse Rebelle verleen.
Careltjie het 'n tweedeklas-treinkaartjie van
tien sjielings en 'n nuwe pak klere gekry. Die Rebelle is in groepe
teruggestuur. (Verwysing: Kaapse Argiewe AG 2096 Treason Trial List; SO/POW).
Careltjie van der Merwe het ná die oorlog sy
matriek op Stellenbosch behaal. Hy is op 30 Augustus 1915 met mej. Katie
Strauss van Doega, Calvinia, getroud en het toe, soos sy vader voor hom, op
Tierhoek geboer. Daar is vier kinders uit die huwelik gebore. Van der Merwe was
LPR vir Calvinia en is in 1943 oorlede. (http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/new-page-300.htm)
FAMILYSEARCH
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape :
Noordkaap Northern Cape, CALVINIA, Urban area Northern Cape, CALVINIA, Main
cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Judith Catherina Elisabeth nee LOUW
-1934
eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape :
Noordkaap Northern Cape, CALVINIA, Urban area Northern Cape, CALVINIA, Main
cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Hendrik Johannes 1879-1963 &
Christina Elizabeth VAN NIEKERK 1888-1984