i.1. Nicolaas VON WIELLIGH, geb. 1936

i.1.  Nicolaas, geb. 1936 x 12/12/1960 met Mercy Lydia VOSLOO, geb. 1939, Springs. Onderwyseres

Nicolaas was die seun van Nicolaas Quartus von Wielligh en Maria Eliza Beytell.

Nic

Nic von Wielligh is in 1936 op Springs gebore. Hy matrikuleer in 1953 aan die Hoërskool John Vorster, Nigel, en verwerf die grade BSc in Fisika en Chemie (1956), MSc(1958) en DSc in Kern/Atoomfisika (1963) aan die Universiteit van Pretoria. Hierná word hy hoof van die Departement Fisika aan die Universiteit van Durban-Westville en later hoofwetenskaplike by die SABS.  In 1975 begin sy loopbaan by die Uraanverrykingskorporasie (UKOR) en sedert 1985 vul hy ’n bestuurspos by die Atoomenergiekorporasie van Suid-Afrika (AEK) op  Pelindaba vir 24 jaar.

Ná Suid-Afrika se toetrede in 1991 tot die Kernsperverdrag is Von Wielligh verantwoordelik vir die implementering van IAEA-waarborge in Suid-Afrika. In 1999 word hy raadgewer en tegniese adviseur by die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene, Oostenryk. Hy dien daar in die IAEA se advieskomitee oor kernkrag en waarborge, en plaaslik adviseer hy staatsdepartemente oor hierdie en ander sake. Von Wielligh is die skrywer van verskeie internasionale wetenskaplike publikasies.  (http://litera.co.za/nicolaas-von-wielligh/)
(http://webhosting.web.com/imagelib/sitebuilder/misc/show_image.html?linkedwidth=actual&linkpath=http://www.lavonn.net/sitebuildercontent/sitebuilderpictures/Ouklaas/die-bom2.jpg&target=tlx_picanxz)

(http://webhosting.web.com/imagelib/sitebuilder/misc/show_image.html?linkedwidth=560&linkpath=http://www.lavonn.net/sitebuildercontent/sitebuilderpictures/Ouklaas/Die-BOM.jpg&target=tlx_picg1su)

Na sy aftrede aanvaar hy  ‘n pos as Raad (Councellor) by die SA Ambassade in Wene vir skakeling met die IAEA.

i.2. Johannes Lodewicus VON WIELLIGH, geb. 15/12/1939

i.2.  Johannes Lodewicus (Von), geb. 15/12/1939, Pretoria x Maria Christina NN.

Johannes Lodewicus was die seun van Johannes Lodewickus von Wielligh 
en Maria Elizabeth le Roux.

Uit sy ma se sterfkennis van 1941:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Werk by die WNNR en  word ‘n wêreldreisiger. Werk in Viëtnam, Hong Kong, VSA, Suid- Amerika en bedryf tans ‘n ingenieurs-werkwinkel in Costa Rica.

Hier in Sentraal-America is familiebande baie belangrik - om eer te bring aan jou ouers, en liefde en respek vir die oues van dae te betoon.  Hier in Sentraal-Amerika word die pa en die ma se name oorgedra. Hier was my volledige naam, Johannes Lodewikus von Wielligh le Roux, te lank en lastig. Die hele wêreld het my net Von genoem. In Japan was dit Bon. Hier in Sentraal-America is La Von my noemnaam. My ID dokument meld ook Von. Ek moes my besigheid van my persoon onderskei, "Die Von" van “La Von”. Toe het die Internet begin. Die naam Lavon was reeds geneem en toe maak ek dit lavonn.com.  Pa wou weet waarom ek die “JL” weggegooi het.  Ek het die voorafgaande verduideliking aan hom gegee - en bygevoeg “om liewer nooit die JL naam in die skande te bring nie”.  Hy het toe gesê: "Dit is waar - elke man moet by sy naam staan en 'n woord hê - joune is Vonnie."  (http://www.lavonn.net/id60.html)

Vonnie

Herinneringe uit die webblad van Von von Wielligh:

Eintlik was dit Selina wat Vonnie grootgemaak het. Hy was 15 maande oud toe sy ma oorlede is en het 5 geword in Desember, toe die ander vrou haar opwagting gemaak het.  Sy het hom Afrikaans geleer – sy kon baie goed Afrikaans praat – en selfs die regte uitspraak. Vonnie het sy moedertaal uit die mond van 'n swart vrou geleer. 'n Beter aia pleegma was daar nie te vinde nie.

Dit was die huis op goedehoop.

Selina kon die lekkerste pap maak en Vonnie het op krummelpap en bokmelk grootgeword, alhoewel hy allergies was vir Petrus se koeimelk, en vetterige kos hom ‘n goor maag gegee het.  Sy het nooit toegelaat dat ek huil nie, want dit was 'n skande. As ek begin kerm het, het ek aandag gekry - altyd liefdevol met oneindige geduld.  Sy sou saggies neurie  en net om haar stem te hoor, was genoeg.  Ek dink tant Sannie het dit so beplan, of dalk was dit Babsie my ma, voor haar sterwe. Die belangrikste jare in die opvoeding van kinders is die eerste vyf jaar. Dit is wanneer hul instinktiewe persoonlikheid vorm.

Ek was ´n vreeslike skaam outjie omdat my swart ma my so geleer het. Dit was beter om uit die oog te bly. As jy verkeerde aandag trek, moet jy moeilikheid verwag.  Aia het my geleer: 

"Moenie na mense staar nie." Jy behoort hul blik in herkenning te ontmoet en dan beskeie grond toe te kyk om konfrontasie te vermy.  Mens is net bang vir dinge wat hy nie ken nie. Insig verwyder die vrees.   Kyk voor jy sit en wees altyd bedagsaam,  en wees altyd baie wakker vir wat om jou aangaan altyd gereed.”

Dit was sy eerste ondervindinge – “om die natuur van dinge te verstaan en insig te soek” – en dit het ‘n lewenstoewyding geword.  Vonnie het grootgeword en niks gevrees nie, want daar was twee persone wat hom in sy kleintyd nooit uit die oog verloor het nie – al het hy in die hoë grasse of mielielande verdwyn – ‘n fluit of ‘n roep het altyd rigting aangedui.

As daar gesê word: "Hy praat snaakse Afrikaans"  is dit omdat dit die moedertaal is wat die aia hom geleer het; die beste wat sy kon. 'n Ander belangrike feit is dat mens nooit jou moedertaal vergeet nie, want dit is die taal wat mens jou lewe lank gebruik om in te dink, en mee te redeneer en te defineer. Dit is die inhoud van die woorde wat mening gee.  Die binnestem is jou gewete wat in jou moedertaal tot jou spreek.

En ek hoop my familie sal my vergeef as ek sê:

 “ ‘n Swart vrou het my  grootgemaak en my my moedertaal geleer.” 
En laat dit so geskryf staan, dit is die taal wat ek onthou en nou hier skryf.
Die ou gesegde omtrent "the hand that rocks the cradle” is waar.
(Na vyf en sewentig jaar - van uit Sentraal-Amerika.)

Ouma het gewaarsku “Die mense (Marie) praat van die wit kind wat saam met die werkvolk woon.”En so was die wet vanaf daardie oomblik: “Die stad waar die swart volk woon is verbode.”  "Yebo Nonna" sou die aia antwoord. Dit was die begin van apartheid in my lewe.

(Wanneer “JL” met die doodgeryde wilde hase by die huis gekom het is) die wit haasstertjie dan afgesny. Dit was vir Vonnie bedoel.  Oomblikke later sou die kat dit egter uit my hand gryp om te verslind en grom as ek naderkom. Oupa het gefluister:  “Versigtig, hy dink jy is ‘n kat”.  En snaaks genoeg, die kat het my en die skoothondjie Tiekie oral rondgevolg en gespeel. So het die koei my amper een dag geskraap en Oupa het gefluister: “ Sy dink jy is ‘n kat, jong.”  Die verandering na ‘n katpersoonlikheid het my vreeslik beïndruk. Ek vertoon egter baie kat-eienskappe. Ons is alleenlopers – soek hoë plekke, vermy mense, is onafhanklik, ongesiend, vreesloos en rats  – en word nukkerig en befoeterd met die ouderdom.

Saterdag was baddag, en die groot seeppot vol water is warm gemaak. Almal sou bad en ek was altyd die laaste. Die water het sulke skiwwe opgehad wat bo-op dryf, want dit was harde water wat nie skuim nie.

Maandag was wasdag. Groot bondels klere is in die linnelakens toegerol.  Ouma het Emma en Selina soms vergelyk met "Naomi en Rut: “Hulle werk altyd saam, en een van hulle kom van 'n ander land."  Ek word geabba, en hulle het mekaar gehelp om die bondels op die kop te laai. Ek het opgestaan in die rugslinger om oor die aia se skouer te loer. Ons sou met die voetpaadjie afsit spruit toe - die paadjie wat nooit ophou nie. Uiteindelik het ons by die sandsteen-klipbank aangekom. In die klip by die waterwal was ‘n holte wat sy met die skottel gevul het. Vonnie kon heeldag in die water speel, tot sy vingers se vel begin kreukel het. Soms as hulle die klere so teen die klip geslaan het, sou ‘n groot seepborrel ontstaan. Die wag vir die borrel om te bars en ‘n druppel te vorm wat op die grond val het oneindig gevoel. Hulle het met die klere en linnelakens gestoei. Elkeen het ‘n kant gegryp en hulle het gedraai, oopgemaak en weer gedraai tot die water skoon afloop. Wanneer hulle die nat lakens oopmaak en skud het dit soos ‘n donderslag geklink. So uitgestrek is die linne dan op die rooigras in die son uitgelê om droog te word. Dit was nie eers nodig om die lakens te stryk nie.

Ma San – die ander vrou, was mos in eerste minister Strydom se kombuis betrokke gewees. Ek was 5jr oud. Met haar eerste besoek was ek so skaam dat ek onder die tafel weggekruip het tot almal weg was. Van kleins af was ek ‘n baie skaam outjie. Ek kon dit nie verdra om vreemde oë te ontmoet nie, net soos die aia. Jare later het ek en Pa baie gepraat oor oë, die vensters van die siel.

Von jy moet die bome so plant, nee Pa ek weet hoe, ja maar onthou op ons oudag kan jy perskes pluk en vir jou kinders en my kleinkinders sé  “Ek het hierdie boord so perfek en reguit geplant.” 


Op 'n more kom Pa en Ma van n naweek uitstappie na Jan Kempdorp op Goede hoop aan (glo dit as jy wil hy het later ook tyd afgevat). Hy haal n sakkie grond uit die motor en gooi dit triomfantlik uit op die grasperk voor die motorhuis. Dit is n monster van ons plaas in Jan Kempdorp. Heroman moes die plaas koop met n Landboukrediet lening. Alles moes nou na dorre Jan Kemp gaan.   (http://www.lavonn.net)


Bethal laerskool toe Von in Std. I was (Foto:  Lavon von Wielligh)

i.3. Carel Willem Hendrik VON WIELLIGH, geb. 1946

i.3.  Carel Willem Hendrik (Hennie), geb. 1946 x Cicilia GOUWS.  Opvoedkundige

Carel Willem Hendrik was die seun van Johannes Lodewickus von Wielligh 
en Susanna Josina Boshoff.


Carel Willem Hendrik

Herinneringe uit die webblad van Von von Wielligh:

My jonger broertjie, dit was my lot in die lewe gewees om hom op-te-pas, as hy in die water speel, terwyl ma San die melkery behandel.  Skooltoe vergesel, en as ons uitkom, by jou klas wag vir jou, om met die bus huistoe gaan. Wonder of jy onthou? Ek onthou alles in beelde, en ongelukkig het ek nie baie fotos van jou wat al hierdie jare oorleef het nie. Ek neem die vryheid om hulle hier te vertoon, omdat hulle ‘n jonger broertjie vertoon, in daai jare.

Jy was altyd vreeslik lief om in die water te speel.  Het ook vreeslik gebrand in die son, het 'n paar sproete gehad.







Ons maak warm in die winter sonetjie









Hierdie Foto was Bedoel vir die Trompie Kompetiesie van die Huisgenoot.  My lewelank het ek jou so onthou met hierdie onduinde glimlaggie.  Dit was nou regtig die oulikste Foto. Was nogal teleurgesteld, omdat die outjie met die keppie en skewe das gewen het.

Die Trompie Foto.

Die heeldag speel jy met Tikkie




Hen se Troue





Jy is Proffie, wat Tegniese Tekeninge doseer erens suid van Pretoria. Woon in Arcadia in 'n woonstel  (www.lavonn.net)

i.4. Gideon Retief VON WIELLIGH, geb. 20/03/1948

i.4.  Gideon Retief (Gees), geb. 20/03/1948.

Gideon Retief was die seun van Johannes Lodewickus von Wielligh 
en Susanna Josina Boshoff.


 



















Herinneringe uit die webblad van Von von Wielligh:

Ek het hom, my jongste broertjie, altyd maar net geken as Geesie.

Nadat jy derde plek gehaal het met Hoogenhout se landloop (5myl), dit was 'n prestasie. Jy het kwansuis vir Aasvoel gewag, (Dit is waar, spanwerk en getroue vriendskap kom voor faam), Vir ons is ingeprent dat jy niemand kan of mag vertrou nie. Lonely Buffalo het by my ingeprent.  Do what you do do well. Met genade en Ma San se vertroue en aanmoediging kon ek in 1963 na die S.A Atletiekkampioenskappe (die beste van die land), vir my was dit 'n swak dag derde (3) nadat ek alle records oral en in ander provinsies gebreek het, selfs die van bestaande Springbokke.  Daardie ondervinding het die steen vir my gelê dat alles nie uit jouself kom nie.  Be master of your own soul slegs waneer Onse Liewe Vader jou hand neem. 

By die ou stal waar ons met die hande gemelk het (jy het my in die begin gehelp) was jy en Lonely Buffalo by die melk inweeg en sif weer in 'n argument gewikkel oor die liefde. Sy stelling was n man het nie werklike liefde nie want sy liefde strek net totdat hy sy broek op trek. Toe jy my opmerk het jy hom probeer stilmaak om te sê hier is kinders. Daarop antwoord hy:   “Hulle moet ook leer”. Was hy reg oor die liefde? Miskien het hy te veel bitterheid in hom gehad.

G R von Wielligh met sy Vleis Marinos

Ek het geleef vir my diere hulle was my absoluut ALLES.  In die dorp was ek amper van my kop af.  Sonder my diere was die grootste straf wat iemand ooit mag oorkom. Ek is vandag nog baie baie hartseer n deel van my lewe is gone. Van dag weet ek dat ek nooit daaroor sal kom nie. Ek is besig met n oorsig van my Stoeterye. Wees verseker dit was van die beste in die wereld want ek het slegs die beste semen ingevoer. Ook die beste ramme. Tans is ek met n projek besig wat my gaan in staat stel om weer met vee aan te gaan. Die Kaffers het links en regs grond gekry wat hulle nie kan bewerk nie. Daar is omtrent 8000miljard Doll    beskikbaar vanaf die buiteland vir Grondhervorming (ons mag mos nie Zim se pad volg nie) Ek het nou n paar kaffers gehelp om grond verniet te kry maar ek moet optree as hulle raadgewer/consultant.

Nieteenstaande was ek lief  (iets wat ek nie werklik verstaan nie - bloed is dikker as Water) vir Ma en Pa. Saam met Lonely Buffalo het ons baie wonderlike tye gehad op sy manier het hy my baie geleer. Vandag dink ek dat ek so verdraagsaam was omdat ek nooit iets anders ervaar het nie.  (http://www.lavonn.net)

h.2. Johannes Lodewickus VON WIELLIGH, geb. 11/12/1911

h.2.  Johannes Lodewickus, geb. 11/12/1911, Bethal, Tvl., oorl. 10/03/1971, Pietersburg, Tvl. x 12/03/1931, Bethal, Tvl met  Anna Maria JANSE VAN RENSBURG, geb. 1912, oorl. 15/10/1937, Bethal, Tvl xx 07/02/1939, Dullstroom, Belfast, Tvl. met Maria Elizabeth (Babsie) LE ROUX, geb. 1915, Strydenburg, Tvl., oorl. 31/07/1941, Tvl. d.v. Le Roux en M.E. Reyneke xxx 04/09/1943, Nylstroom, Waterberg, Tvl. met Susanna Josina BOSHOFF, geb. 15/06/1920.

Johannes Lodewickus  was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Hattingh.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1947:
FAMILYSEARCH

Klasie en Bettie met Quartus en Wikus
Foto:  (http://www.lavonn.net/id26.html)

FAMILYSEARCH

Herinneringe uit die webblad van Von von Wielligh:

Ek het “JL” in die begin amper nooit gesien nie, en nie geweet wie hy was nie. Hy het met “JL” Louw van Heerden in Johannesburg saamgewerk. Hulle het die eerste geraamde kleurfoto’s in Suid-Afrika gemaak en versprei. Hulle het pragtige, fyn houtrame met borrelglas gemaak wat die indruk van diepte verleen het. Die prente en skilderye was eintlik swart-en-wit foto’s wat die kunstenaars met verfkwasse bekleur het wat dit 'n uitgewaste voorkoms gegee. Dit was goeie materiaal en hierdie skilderye moet seker vandag nog bestaan.

Die eintlike besigheid met die portrette was dat jy ’n familieportret kon verskaf en dan het hulle dit vergroot, ingekleur en in unieke rame geplaas. As jy blykbaar ’n groot genoeg bestelling geplaas het, kon jy ’n portret met ’n natuurtoneel as ’n bonus kry. Ek kan goed onthou dat jou pa dikwels by ons aangekom het met sy kar volgelaai met die portrette in smal kartondose verpak. Louw van Heerden was blykbaar ’n ryk man. Ons was eenkeer in Johannesburg by hom aan huis en ek kan onthou dit was ’n groot, deftige dubbelverdiepinghuis.

“JL”  het gewoonlik laat in die nag teruggekom, seker maar Vrydagnag, met die vreemdste karre.  Een het met houtgas geloop, en daar was later die wynrooi Pontiac wat hy op die plaas vir Sannie laat staan het. Hy het altyd ‘n hele paar doodgeryde wilde hase teruggebring, wat hy so stop-stop opgelaai het. Dit was "vars vleis vir die volk."   En Pa het hard gefluit. Petrus se roep “yebo” het gekom en dan was hy al op pad. Almal het deur middel van fluitery gekomunikeer om mekaar te roep.

"JL" die Friesboer met die Wic alfa-stoet

Die melkery - pa se droom wat saam met Vonnie grootgeword het.  Met al Pa se hardegatgeit het hy ook sy ideale gehad wat hy nooit werklik gedeel het nie. (Lonely Buffalo).  Ek en hy het altyd gepraat van die uitgestote Buffel bul.

Daar was altyd die lekkerste kos - veral toe die ander vrou opgedaag het. Stiefma Susanna Johanna Boshoff.  Sannie het van 'n groot familie naby Nylstroom gekom. Niemand kon lekkerder koeksisters maak as sy in daardie kontrei nie. Daar was 'n klomp outjies op hulle plaas en hulle het almal skaak gespeel. My ma het my mos ook geleer speel. Ek het dikwels op Goedehoop skaak gespeel. Sy kon dit nie verdra as ek haar wen nie, dan sou sy kul en die spelers skuif. Ek het maar gemaak asof ek niks agterkom nie, want anders sou sy ophou speel. In daardie jare het hulle ook Ludo gespeel. Ouma het towerwoorde met die dobbelsteen gepraat, en  agelaaim magelaaim – ses gesê. En dit kom dan ook op ‘n ses uit. Ouma Bettie het nooit verloor nie.

In die tyd dat hulle die oorlogskrygsgevangenes verwag het, het Oupa, Petrus en Boeta gou ‘n rondawel gebou met vragte klip van die kwarrie en dagga van die Swartland. In die oorlogsjare kon mens byvoorbeel nie kalk, sement of spykers in die hande kry nie. Hulle het die dak van besemgras gemaak wat in die vlei gegroei het. Die rondawel was my wegkruipplek. Lank na die Italianers al weg is, het dit die plek geword waar die melk van die room geskei is.

'n laat kalfie in die winter word hand gevoer

Ook in hierdie tyd het JL al die vee verkoop om die John Deere te bekom. Hy het Abraham in een dag leer bestuur. Abraham was mos 'n kaffer van die noorde wat die Jood aan Pa verkoop het. Hy het dertig jaar op Goedehoop gewerk. Ek het hom laas gesien met ‘n wit kop, nog altyd met ‘n glimlag op die gesig. "My kleinbasie Vonnie," het hy my genoem. Hoe wens ek vandag ek kon hom 'n drukgroet gee – ek is steeds dankbaar vir sy geduld om my alles oor die trekker te geleer het. 

Ons het vier saailande gehad: die sandland, die oorkantste vaalland, die land by die grafte, en die Swartland, wat swart kleimodder gehad het. Wanneer die modder uitgedroog het, het dit kliphard geword, die grond het oopgebars en die gras het gevrek. Die Swartland was op ‘n hoogte wat afloop vleie toe. Die vleie was begroei met harde graspolle wat eilande met modderige paadjies gevorm het.  Dit was mos die oog van die water en mag nie verstoor word nie. Jare later het ek die wilgerbome daar geplant.

Ongeveer in hierdie tyd het ek en ma Sannie 'n ooreenkoms aangegaan. Ek het bene bymekaar gemaak en sy het dit ingeneem dorp toe, na Bethal. om aan die slagter te verkoop. Met die geld het ons 'n bokskamera gekoop om foto’s mee te neem.

Ma San was werklik baie eensaam met al Lonely Buffalo  se buie. Ouma Bettie se raad het haar deur moeilike tye gehelp.  Ma San kon geen vroumens in die seuns se lewens duld nie, altyd fout gevind of beledigend.

Ek was die eienaar van n Disko-Drinkplek, asook 2kaffer taxis, en kon beweeg soos ek wou. Vrydag vroeg het ek Pa by die woonstel gaan haal vir shopping en om sy medisyne te gaan haal. Na die medisyne was hy baie moeg en sê vir my hy is lus vir n vars brood. Terwyl ek die brood gaan koop het hy in die bakkie gewag. Ons is in n baie gesellige luim uitmekaar. Nadat ek hom afgelaai het is ek bottelstoor toe om vooraad vir die Disko te koop. Om 16h10 terwyl ek die vooraad aflaai, het Ma San my gebel met die nuus dat Pa ‘n aanval gekry het, hy het op die bed gaan sit en stadig afgegly. Ambulans en Dr is gereël. Ek het nie besef Kroonstad se Hospitaal is so kruppel nie, want die aand het hy by my gekla dat hulle hom laat val het, reg genoeg hy was baie rusteloos. Toe eers sit hulle tralies om die bed. Saterdag was sy agteruitgang erg en ek het geweet die einde is op hande. Sondag was Hen en ander by hom maar hy het hulle nie erken nie. Maandag oggend 10h was ek op pad na hom toe Ma my bel en meedeel dat Lonely Buffalo nie meer met ons is nie. Ek was baie hartseer maar miskien nie soveel as toe Oupa Klasie oorlede is nie.  ‘n Dag na sy begrafnis het ek my skeisaak met Wilna na die prokureur geneem. Hy wou dit nooit goedkeur nie. 

Soms wonder ek of ek nie meer vir my ouers kon doen het. Op my manier het ek altyd my beste gedoen. Ma San was baie eensaam en so herderloos. My belofte was dat ek haar sal haal sodra ek vastigheid ervaar. Sy het nooit grudges gedra nie en moes altyd Lonely Buffalo se bedonderdheid en buie trotseer. Op die end van die dag was sy sy dryffeer. Ek glo Ouma Bettie het n groot invloed op haar sienswyses gehad. Sy het haar baie aangehaal.
Heroman is opgekommandeer (Dit was Ma San se idee) om Lonely Buffalo se boerdery belange na sy skielike ineen- storting (stroke) te hanteer. Nie dat ek omgegee het nie. Ek het besef daar sou nie n ruim vergoeding wees, soos ek aangewoond was nie. Ongeag van alles was ek gelukkig. Lonely Buffalo was nie werklik n teeler nie. Dit was Hiemstra voor en agter selfs die Hollanders het hulle gate gesien want die wêreld soek nie meer hulle BOTTERPROPPE nie. Met ons besoek aan Holland in 1970 het ek vir Pa gesê en gewys dat hulle diere swakker as ons diere is. Dieselfde aantekening het hy aangebring in sy nota boek maar hy het volhard dat ons uit hulle top diere moet aankoop. Hy het baie ingemeng met my teelprogram. Op my stil manier het ek my eie ding begin doen. Wanneer hy my teeling be-oordeel, dit het snaaks genoeg sy bewondering geeis, was sy komentaar dis n vloekskoot en Hiemstra het gesê dis basterkrag. Soos ek egter met die Amerikaanse Holsteins volhard het het die kudde verbeter.

In Bronkhorstspruit het ek Adversity begin groet en Prosperity verwelkom. Ons het Ma San gaan haal. Vir haar is ‘n woonstel in die huis ingerig met ‘n eie badkamer en kombuis. Sy het verkies om by ons te bak en brou en saam te eet. Perskes ingelê van ons eie bome. Ek het haar telkemale gewaarsku om haar nie so rats te hou nie, want indien sy ‘n been so breek dit haar einde sal beteken. Die nag het sy die TV gaan afsit en met die omdraai geval en haar heup gebreek. Omdat ek soggens baie vroeg bedrywig raak het ons haar eers 10h op die kamervloer gekry.

Sy is Dr en hospital toe, hulle was baie negatief. Later het sy met ‘n rolstoel oor die weg gekom, ook by Marize se troue. Die heup het nooit aangegroei nie. Ek het n heeltydse ousie gehuur om haar op te pas. Ook vir Magareth betaal om te help. Ons het haar gereeld na H.F.Verwoerd in Pta geneem. Hulle het vir haar n stut gemaak wat sy later weggegooi het, want dit  het haar seergemaak. Na 18mnde het sy weer ‘n beroerte aanval gekry, maar haar brein was nog baie helder en sy is ontslaan. Ek kry toe vir haar plek in die sorg-sentrum vir Bejaardes. Met haar inboek was sy nog helder en vol grappe, net baie pyn gehad. Die aand met besoektyd kon sy nie behoorlik praat nie en vertel ons dat hulle haar laat stort het en toe laat val. Ek was boos want die instansie kos ‘n fortuin en hulle behandel die pasiente sleg. Daarna het sy net gestaar, soms ‘n smile gehad. Drie maande later is sy oorlede. Die aand het iets my gejaag ek is na haar toe gegroet en na die kantoor toe om uit te vind of die Dr haar die medikasie gegee het wat ek versoek het. Terug in haar kamer het sy baie rustig geslaap en ek wou haar nie steur nie het net haar hand gevat en nag gesê. Op pad huistoe, 5min later het hulle my laat weet Ma San het gesterf. Die laaste 2 jaar het sy baie gely en was afhanklik van pynpille. (http://www.lavonn.net)

h.1. Nicolaas Quartes VON WIELLIGH, geb. 1908

h.1. Nicolaas Quartes, geb. 1908, oorl. 02/09/1971, Nigel x  21/01/1930, Delmas, Springs, Tvl. met Maria Eliza BEYTELL, geb. 1904, oorl. 23/07/1977, Nigel, d.v. Frederick Jardine Beytell en Aletta Sophia van Dyk.

Quartes was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Hattingh.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1947:
FAMILYSEARCH


Klasie en Bettie met Quartus en Wikus
Foto:  (http://www.lavonn.net/id26.html)

Werk aanvanklik op die myne, boer later op Goede Hoop maar keer terug na die mynwese en woon op Springs en Dunnottar.

By sy (Quartes) huis was n rankboom (Bougenvilla) langs die stoep waarvandaan hy alles en almal ongesiens kon beloer. Niks het sy aandag ontwyk nie en hy was op hoogte van alles en almal.  Sy laaste motortjie was n V W Beetle. Op n dag ry n swart vrou by ons verby met so n Beetle en ook dieselfde kleur. Dit was vir hom baie vernederend, jy moes die ongeloof en verbasing op sy gesig gesien het nie te praat van die kommentaar nie, dit het ons nog baie lank daarna ervaar.

Gedurende my verblyf aan die Oos-Rand het ons baie oor en weer gekuier. Die dag voor sy dood het hy my gehelp bome snoei. Halfpad deur was hy baie moeg en ek het n koffie breek voorgestel. Later het hy en Tant Hess gery, ek was bekommerd maar hy het my verseker hy voel baie beter na die hartpilletjie. Die bome is nooit klaar gesnoei nie. Sy dood hierna was baie onverhoeds en veel te vroeg.  Gelukkig kon ek as draer van sy kis en oorskot optree tydens sy begrafnis. (http://www.lavonn.net/id41.html)

eGGSA library Gravestones in South Africa Gauteng Gauteng, NIGEL, Urban area Gauteng, NIGEL, Main cemetery