i.3. Carel Willem Hendrik VON WIELLIGH, geb. 1946

i.3.  Carel Willem Hendrik (Hennie), geb. 1946 x Cicilia GOUWS.  Opvoedkundige

Carel Willem Hendrik was die seun van Johannes Lodewickus von Wielligh 
en Susanna Josina Boshoff.


Carel Willem Hendrik

Herinneringe uit die webblad van Von von Wielligh:

My jonger broertjie, dit was my lot in die lewe gewees om hom op-te-pas, as hy in die water speel, terwyl ma San die melkery behandel.  Skooltoe vergesel, en as ons uitkom, by jou klas wag vir jou, om met die bus huistoe gaan. Wonder of jy onthou? Ek onthou alles in beelde, en ongelukkig het ek nie baie fotos van jou wat al hierdie jare oorleef het nie. Ek neem die vryheid om hulle hier te vertoon, omdat hulle ‘n jonger broertjie vertoon, in daai jare.

Jy was altyd vreeslik lief om in die water te speel.  Het ook vreeslik gebrand in die son, het 'n paar sproete gehad.







Ons maak warm in die winter sonetjie









Hierdie Foto was Bedoel vir die Trompie Kompetiesie van die Huisgenoot.  My lewelank het ek jou so onthou met hierdie onduinde glimlaggie.  Dit was nou regtig die oulikste Foto. Was nogal teleurgesteld, omdat die outjie met die keppie en skewe das gewen het.

Die Trompie Foto.

Die heeldag speel jy met Tikkie




Hen se Troue





Jy is Proffie, wat Tegniese Tekeninge doseer erens suid van Pretoria. Woon in Arcadia in 'n woonstel  (www.lavonn.net)