h.3. Pieter Hendrik Rudolph NEL, geb. 08/11/1884, ged. 14/12/1884

h.3.  Pieter Hendrik Rudolph, geb. 08/11/1884, Bankfontein, ged. 14/12/1884, Carolina, oorl. 08/02/1974, Pretoria x Martha Magdalena VAN NIEKERK, geb. 28/03/1887, Waterval, dist. Estancia, oorl. 04/07/1966, Susan Strijdom Ouetehuis, Pretoria.

Pieter Hendrik Rudolph was die seun van Jacobus Andries Nel en Anna Sophia Elizabeth du Plooy.

Pieter het op die plaas Bankfontein grootgeword en het aan die jaarlikse trektogte met die vee na Nelspruit deelgeneem. Hy het vertel dat met die aankoms van die eerste stoomtrein op 20 Junie 1892 op Nelspruit het hy en sy vader na hierdie nuwe gedoente gaan kyk. Hy het so 'n bietjie nader gestaan om beter to sien toe sy pa hom maan:  "Wag Piet, staan terug, netnou bars die vuillise ding".  Hy het op 16 jarige ouderdom van die huis weggeloop en tydens die Tweede Vryheidsoorlog by die kommando gaan aansluit. Hy was saam met sy swaer Pieter Hendrik du Plooy, getroud met sy oudste suster Martha Christina Gysbertina (b1c3d4el-f6g7h1), op kommando en het aan die veldslae van Machadodorp en Delmanutha deelgeneem. Na die oorlog word hy ploegbaas op die spoorweë en daarna boer, maar was egter nie vir die boerdery bestem nie. Hy werk vir 'n tyd lank op die tinmyne in Swaziland en later as bouer op Nelspruit en Witrivier. Daarna werk hy vir die Bantoe Trust waar hy skole bou. Hy word na die Kaap verplaas waar hy tot sy aftrede werksaam is. Hy en sy vrou woon eers in die ouetehuis op Middelburg en daarna in die Susan Strijdorn ouetehuis op Pretoria, waar sy vrou 'n week na hul intrek oorlede is. Hy was die laaste jare in die SAVF tehuis in Skinner¬straat waar sy skoondogter, Johanna Adolphina Geldenhuys x Jacobus Andries Nel (46g7113i2) die matrone was. Hy is in die SAVF tehuis oorlede.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)