|
h.2. Gerhardus Jacobus Rudolph (Gert), geb. 25/02/1878, Krogshoop, ged. 21/04/1878, Middelburg, Tvl. oorl. 29/10/1966, Middelburg, Tvl x 25/07/1905, Ermelo met Magdalena Henrietta Elizabeth (Jetie) NEL, geb. 16/09/1885, Bankfontein, ged. 01/11/1885, Carolina, oorl. 24/12/1927, Carolina, d.v. Louis Nel en Hester Magritha Aletta Potgieter xx 08/05/1928, Middelburg met Elsie Johanna VAN DER WALT, oorl. geb. 10/10/1885, oorl. 06/11/1949, Carolina, (wed. Hefer), d.v. Tjaart Nicolaas Van der Walt en Elsie Johanna Schlebusch xxx 19/04/1950, Carolina, Tvl met Breggie Elizabeth Susanna SCHOEMAN (voorheen Britz), geb. 26/05/1890, Welkomden, dist. Carolina, oorl. 28/07/1968, Middelburg Tvl, d.v. Johannes Nicolaas Hermanus Schoeman en Breggie Elizabeth Susanna van Kraayenburg. Gerhardus Jacobus Rudolph was die seun van Gerhardus Jacobus Rudolph Nel en Christina Catharina Malan. |
Sex Male
Age 28 years
Birth Year (Estimated) 1877
Spouse's Name Magdalena Henrietta Elizabeth Nel
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 19 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1886
Event Type Marriage
Event Date 25 July 1905
Event Place Ermelo, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Ermelo, Ermelo, Transvaal, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:QLX6-V6CW
Magdalena Henrietta Elizabeth NelGert Nel Jnr het die eerste twee jaar van sy lewe op die plaas Krogshoop deurgebring. Daarna verhuis die familie na die aangrensende plaas Witbank, wat sy vader op 22 Mei 1880 gekoop het. Van skoolopleiding was daar vir die jonge Gert geen sprake nie. Dit was voldoende indien 'n man, vir die boerdery bestem, die Bybel vlot kon lees, skryf en reken. Hy was vir drie maande in die skool by 'n baie streng Hollander, wat in die groot waenhuis op die plaas gehou is. Hierdie waenhuis was ook met tye as kerkgebou gebruik. As jong seun het Gert die jaarlikse besoeke aan die Laeveld meegemaak en was teen 1890 groot genoeg om die lang ure in die saal deur te bring om na die vee om te sien. Daar was meer werk as wat daar tyd was en sy vader was 'n streng tugmeester wat geen versuim oorgesien of geduld het nie. 'n Man se verantwoordelikheid en voorbeeld teenoor sy ondergeskiktes is van horn gedis. In latere jare was hy self 'n baie streng tugmeester wie se woord wet was vir sy kinders, ondergeskiktes en werkers. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Na sy halwe broer, Swart Lewies, se huwelik in 1890 het hy sy
vader se regterhand geword. Gedurende hierdie tyd het hy gekatkiseer en na hy belydenis van
geloof afgelê het, het hy lidmaat van die NG Kerk, Ermelo, geword. Op 16 jarige ouderdom het hy burger van die
Suid-Afrikaanse Republiek geword. Hy was aan Wyk 3 van die Ermelo kommando
toegewys en aan krygsplig onderwerp. Indien opgeroep moes hy by 'n bepaalde plek
en tyd met perd, saal en toom, geweer, 50 rondtes ammunisie en proviand vir 14
dae, aanmeld. Hy het aan die Mphefu-oorlog, in die
Soutpansberg, deelgeneem. Magato was vanaf 1864 opperhoof van die Bavenda en
met sy afsterwe in 1895 is hy deur Mphefu. opgevolg. Die veldtog teen Mphefu
het in 1898 plaasgevind. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Tydens die Anglo-Boereoorlog, nou bekend as die
Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 tot 1902, het hy saam met die Ermelo kommando
in Natal deelgeneem, o.a. aan die beleg van Ladysmith, die veldslae van Tugela,
Spioenkop en andere. Na die Britse oomame van Bloemfontein en Pretoria, het die
gesamentlike krygsraad besluit om die kommando's na hul tuis-distrikte terug te
stuur vir guerrillaoorlog. Gert Nel is tot korporaal onder veldkornet
Ben Smit bevorder. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Surname
|
Nel
|
Name
|
Gert Jacobus R.
|
Date Birth
|
25.2.1878
|
Residence
|
Witbank, Carolina
|
Name Last Officer
|
B.J. Smit
|
Weapon
|
Junie 1902
|
When Killed
|
|
Widow Veteran
|
|
Branch
|
Carolina
|
Notes
|
52
|
Ref ID
|
1686
|
Sy jonger broer Jaap (-g3h5) en sy neefs Doors (-g4h3) en
Gert (-g4h4) het in sy afdeling gedien. Hulle het op die Hoeveld in die
omgewing van Ermelo en Carolina die Engelse baie lastig geval en skade
berokken. Die
Britse magte het teesinnig die burgers van hul noodsaaklike voorrade soos
perde, gewere, ammunisie, kos, klere, medisyne, ens, voorsien. Indien die
voorrade min raak het hulle doodeenvoudig 'n afdeling Tommies gevang, uitgeskud
en weer laat loop. Die kakieklere was gewoonlik vol luise en die enigste raad
was om dit te kook om van die goggas ontslae te raak. Tydens een so 'n
geleentheid was Gert juis besig om sy klere op hierdie manier te ontluis, toe
die skildwag skielik waarsku dat die Engelse op hulle is. Daar was min tyd om
die klere uit die kokende water te gryp en
bloots op die perde te spring en nakend onder die Engelse koeels uit te jaag. Almal het by hierdie geleentheid veilig weggekom. Daar was ook swaar en treurige dae. Gert het
die boodskap in die veld ontvang dat sy vader en broer gevange geneem en na
Indië gestuur is en dat sy moeder en die kleiner kinders na die konsentrasiekamp
op Barberton geneem is. Die plaashuis is afgebrand en alles vernietig. Dit was ook vir horn 'n
treurige dag toe sy neef Gert (-g4h4) op die plaas twyfelaar gesneuwel het. Na die oorlog het hulle die wapens as bittereinders gaan neerlê en
eervolle ontslag uit die Republikeinse magte gekry. Gert het sy moeder in die konsentrasiekamp op Barberton gaan haal. Hy het haar alleen en gebroke gevind. Sy het vier dogtertjies tussen 19
Augustus en 7 September 1901 aan die dood afgegee. Terug op die plaas het die
moeilike tydperk van heropbou begin. Voor sy vertrek, na die kommando, het Gert Snr 'n vrugtefles vol
goue munte tussen die voetpad en watervoor, na die skaapdip, ongeveer 200 meter
van die huis of gaan begrawe. Dit was net ingeval daar iets met die familie
gedurende die naderende oorlog sou gebeur. Dit was hul redding. Na die oorlog
het Gert Jnr die fles gaan haal. Dit was half ontbloot en kon op 'n afstand
gesien word. Die voetpad is gereeld deur soldate en plaaswerkers gebruik. Met
hierdie geld en die uitbetaling uit die drie miljoen pond, wat Brittanje aan
die voormalige Republiek as skadevergoeding gegee is, het Gert Jnr na die Karoo
gereis om vee to gaan koop. Hiermee kon die familie weer 'n begin maak. Hy is
saam met 'n vriend, Hans Swart, met 'n muilkar na die Kaap en weer daarmee
terug met vee wat hulle in die hande kon kry. Gert tree op 25 Julie 1905 in die huwelik met sy niggie, Jettie
Nel (-f6g4h5), en vestig hom op die oostelike gedeelte van die plaas Witbank,
wat in die Carolina distrik geleë is. Die westelike gedeelte was in die Ermelo
distrik geleë. Hy word tot diaken van die NG Kerk verkies,
maar met die kerkstryd kort daarna kies hy die kant van ds. S J du Toit (vader
van Totius en eertydse lid van die Genootskap van Regte Afrikaners). Na die
dood van ds. du Toit in 1911, verenig die Gereformeerde Kerk onder die Kruis met
die Gereformeerde Kerk. Die kerkgebou op Breyten is verkoop en met die fondse
is die kerk op Carolina opgerig. Gert is as ouderling verkies en het op die
Kerkraad tot 1952 gedien toe by die plaas Witbank verkoop en op Belfast gaan
woon het. Gedurende sy jare van aktiewe boer het hy sy
gemeenskap op verskillende terreine gedien. Hy was lid van die skoolkomitee en
op politieke gebied was hy sedert 1912 'n ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog. Hy het op die tak en afdelingsbesture van die Nasionale party gedien. Hy was ook lid
van die boereverenigings. Na
sy aftrede het Gert Nel snr sy gronde aan sy seuns oorgedra. Gert jnr het 'n
gedeelte van Goedehoop, aangrensend aan Doornhoek, gekry. Na Louis Nel se dood
is sy gedeelte van die plaas Doornhoek aan sy kinders bemaak. Gert jnr het
drie van sy swaers se erfdele uitgekoop en dit, tesame met sy vrou se erfdeel,
met sy gedeelte van Goedehoop gekonsolideer. Dit was altesame 1500 morg groot. Die plaas Witbank is in twee gelyke dele
verdeel en Gert het een heifte gekry en sy broer Andries die ander helfte. Jaap
het Krogshoop gekry, terwyl Swart Lewies 'n gedeelte van Kromkrants gekry het. Die orige 500 morg van Kromkrants is aan die Staat vir die vestiging van
Swartes verkoop. Soos voor die Anglo-Boereoorlog, het Gert
vir baie jare met vee gedurende die winter na Goedehoop en Doomhoek getrek. Nadat die kinders skoolplig geword het, is 'n plaasvoorman aangestel om met die
vee to trek en het die hele gesin met die winter vakansies daarheen gevolg. Gedurende die tydperk September 1922 tot
September 1927 het Gert die familieplaas verhuur en op die plaas Brakspruit,
aan die Carolina-Machadodorp spoorlyn, naby die stasie Moedig, gewoon. Met die
terugkeer na die plaas Witbank op 16 September 1927 het Jettie, Gert se vrou,
'n beroerte aanval gehad. Dit was op haar 42ste verjaardag. Sy was verwagtend
en na die geboorte van haar dogter, op 15 November 1927, het haar gesondheid
verswak en is sy op 24 Desember 1927 oorlede en op Kersdag 1927 op Carolina
begrawe. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
In 1928 is Gert met weduwee Elsie Johanna Heller, née van der Walt, getroud. Sy was 'n dame vir wie Gert se kinders die grootste agting en toegeneentheid gehad het en hulle het haar soos 'n moeder beween toe sy hulle in Desember 1949 ontval het.
Name Gerhardus Jacobus Rudolph Nel
Sex Male
Age 50 years
Birth Year (Estimated) 1878
Spouse's Name Elsie Johanna Van Der Walt Hefer
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 42 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1886
Event Type Marriage
Event Date 8 May 1928
Event Place Middelburg, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Middelburg, Middelburg, Transvaal, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:QPQH-N4W5
Sex Female
Age 64 years
Birth Year (Estimated) 1885
Event Type Death
Event Date
6 November 1949
Event Place Piet Retief, Transvaal, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:71NH-TV6Z?lang=en
Name Gerhardus Jacobus Rudolph Nel
Sex Male
Age 72 years
Birth Year (Estimated) 1878
Spouse's Name Breggie Elizabeth Susanna Brits
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 59 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1891
Event Type Marriage
Event Date
19 April 1950
Event Place
Carolina, Carolina, Transvaal, South Africa
Event Place (Original) Carolina, Carolina, Transvaal, South Africa
Certificate Number 6
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZC9-7PZ7

