h.1. Louis Johannes NEL, geb. 20/02/1877, ged. 02/12/1877

h.1.  Louis Johannes (Lang Lewies), geb. 20/02/1877, Leliefontein, ged. 02/12/1877, Middelburg, Tvl, oorl. 04/04/1946, Sabie x c. 1902, Burgerkamp, Meerbank, Natal met Aletta Sophia VAN LYLEVELD, geb. 14/04/1881, Potchefstroom, oorl. 15/08/1963, Carolina.

Louis Johannes was die seun van Louis Nel en Hester Magritha Aletta Potgieter.


Uit hulle ma se sterfkennis van 1933:
FAMILYSEARCH
Lang Lewies het op die plaas Bankfontein grootgeword en later saam met sy vader geboer. Gedurende die Anglo-Boereoorlog is hy na die Burgerkamp, Meerbank, in Natal, waar hy in 1902 getroud is.  Na die oorlog prospekteer hy in die omgewing van Pilgrim's Rest en Graskop en daama word hy boukontrakteur op Carolina.

Na die oorlog het 'n aantal gesinne, vanweë gewetensbesware oor leer, diens en tug die gemeenskap van die NG Kerk opgesê. Alle pogings tot versoening het misluk. Nadat die beswaardes 'n tydlank sonder kerk was, het hulle 'n versoek aan ds S J du Toit (vader van die bekende digter Totius) gerig om hulle te besoek.  Op 'n vergadering van die beswaardes, onder voorsitterskap van ds du Toit, gehou op 16 Januarie 1907, is drie besprekingspunte vir oorweging voorgelê. (1) Bly in die kerk vanwaar julle uitgegaan het en getuig teen die kwaad. (2) Gaan oor na die Gereformeerde Kerk. (3) Stig Gereformeerde gemeentes onder die Kruis.  Na bespreking is besluit:  Aangesien ons te meer met 'n vrye gewete in ons vorige Kerk met vrede vir ons gemoed kan bly nie en aangesien die Gereformeerde Klerk op die oomblik nie bevredig nie, die vergadering oorgaan tot die stigting van 'n Gemeente onder die Kruis. Op hierdie vergadering is G.J.R. Nel Snr as ouderling verkies en G.J.R. Nel Jnr en R.J.J.van Vuuren as diakens. Aangesien die gemeente nie 'n kerkgebou gehad het nie, is besluit om voorlopig die waenhuis op die plaas Witbank te gebruik.
Gedurende 1909 koop die Gemeente onder die Kruis 'n kerkgebou wat op Breyten leegstaan vir £600.  Nadat ds S J du Toit op 28 Mei 1911 in 'n ongeluk oorlede is, was daar niemand om die werk oor te neem nie.  Die Gemeente onder die Kruis het tot Januarie 1914 bestaan toe al die Kruis-gemeentes na die Gereformeerde Kerk oorgegaan het.  Die Breyten gemeente het tot ongeveer 160 lidmate aangegroei en die Kerkraad is tot vier ouderlinge en vier diakens vergroot.  Die Breyten kerk het tot 1921 bestaan toe die kerk die saak oorweeg het om die kerkgebou op Breyten te verkoop en na Carolina te verhuis, waar die kerk vier erwe besit het. Die Breyten-kerkgebou is vir £900 aan die Wesleyaanse-gemeente verkoop en met hierdie fondse is 'n kerk op Carolina gebou wat gedurende September 1922 in gebruik geneem is. Louis (Lang Lewies) Johannes Nel (- ble3d4e1f6g4h1) het die kerkgebou opgerig en Gert Nel (-ble3d4e1f6g3) het sommige van die banke gemaak. Gert Nel het later langs die kerk gewoon. Hierdie kerkgebou is later as kerksaal gebruik, maar Gert Nel se woning bestaan vandag nie meer nie.

Lang Lewies  het ook die stasiegebou op Carolina opgerig. Die "Ermelo Railway Company" het teen die einde van 1907 die Ermelo-Carolina­ Machadodorp spoorlyn tot op Carolina voltooi en die geleentheid is met 'n dans gevier.

Werk was skaars en hy het ook in Johannesburg gewerk. Hier het hy tydens die griep van 1918 siek geword en moes die gesin hoor dat hy die griep na Carolina gebring het.  Later het dit egter duidelik geword dat dit 'n epidemie is en dat die "swart dood", soos dit bekend was, deur die land woed. Hy het nog nie behoorlik van die griep herstel nie, toe het hy met 'n een­perd "treppie" gery om die siekes to help waar hy kon. Saam met ds. Birkenstock, Adventiste predikant op Carolina, het hulle van plaas tot plaas gegaan en gehelp waar daar sterfgevalle was, terwyl sy vrou kanne sop gekook het wat hy by siekes afgelewer het.  Ook Swartes het gehelp en begrawe.  Na die epidemie verby is het die Dorpsraad van Carolina aan horn en ds. Birkenstock elk £50 geskenk as 'n blyk van waardering vir hul dienste aan die gemeenskap.

Hy tree in diens van die Spoorweë as messelaar en was verantwoordelik vir die instandhouding van die ­brue tussen Waterval Boven en Komatipoort. Met sy aftrede is 'n silwer snuifdoos aan horn geskenk.  Lang Andries is op 4 April 1946 op Sabie oorlede en daar begrawe.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, SABIE, Urban area Mpumalanga, SABIE, main cemetery

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, CAROLINA, Urban area Mpumalanga, CAROLINA, Main cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Sophia 1881-1963