Elizabeth Fransina was die dogter van Phillip Roedolph Nel en Anna Frederika Claassen.
Toe
die opgaafrolle vir 1826 opgeneem is was Cornelis en Dorothea Vermaak in die
Wyk Onder Boesmansrivier van Uitenhage. Die gesin bestaan uit een man,
een vrou en twee dogters. Wat werkers betref is daar 4 mans en een vrou.
Daar was ook een slaaf. Daar was 8 perde, 180 beeste en 140 skape.
Die graanoes was 4 mud koring en 2 mud gort. Hulle het een erfpagplaas
van 2000 morg en een wa gehad. Die gegewens dui op ʼn gemiddelde gesin wat
bates betref. Cornelis se naam verskyn op die lidmaatregister van die
kerk te Uitenhage op 2.10.1818 en die van Dorothea op 3.10.1825. Voordat die
Groot Trek plaasgevind het, is drie verkenningskommissies uitgestuur om die
gebiede waarheen moontlik getrek kan word te verken, nl. Damaraland in
Namibië, Soutpansberg en Port Natal. Cornelis was op die
Uys-verkenningskommissie wat in 1834 Natal verken het saam met mense soos Piet
Uys, Hans Dons de Lange, Gerhardus Jacobus Rudolph en Johannes Stephanus
Maritz. Cornelis het gevolglik kennis gedra van die gehalte van die
grond. Hy trek vanaf die Wyk Onder-Boesmansrivier, Uitenhage, teen die
einde van Oktober 1837 in die trekgeselskap van K P Landman. Cornelis is
een van die manskappe wat deelneem aan die Slag van Bloedrivier. Na die
slag het die Kommando na die Zoeloes se hoofstad, Mgungundhlovu getrek, wat
intussen deur Dingane ontruim is en aan die brand gesteek is. Die goedere
wat by die stad agtergelaat is, is op ʼn veiling verkoop en die geld is onder
die Voortrekkers in Natal verdeel. Cornelis koop ʼn pik vir Rds 1.0.0 en
koper vir Rds 1.6.0 op die vendusie. Cornelis en Dorothea vestig hulle in
Natal. Met Cornelis dood word vermeld dat hy die plaas Uithoek besit.
Hy het blykbaar ook die plaas Vermaakskraal, Kliprivier, besit, waar hy
en Dorothea oorlede is. Cornelis en Dorothea het in hul huwelik van meer
as 28 jaar agt kinders gehad: Sazahra Catharina Vermaak, getroud met Adriaan
Izak Moolman; Dorothea Maria Vermaak, getroud met Dirk Cornelis Uys;
Coenraad Marthinus Vermaak wat as kind oorlede is; Andries Cornelis
Vermaak, agtereenvolgens getroud met Catharina Anna Margaretha Claassen en
Christina Gertruida van Rooyen; Cornelis Johannes Vermaak, getroud met Johanna
Margaretha Nel; Johanna Jacoba Vermaak, getroud met Philippus Rudolf Botha;
Johannes Stephanus Vermaak, getroud met Elizabeth Francina Nel; Nicolaas
Jacobus Johannes Vermaak, getroud met Martha Maria Susanna Nel. Cornelis is
oorlede op 22 Desember 1854 te Vermaakskraal, Kliprivier, Natal. Dorothea bly
aan op Vermaakskraal en is daar oorlede op 3 of 4 Februarie 1865.(Die datum is
moeilik leesbaar)
(http://www.familiestories.co.za/02%20PDF%20leggers%20vir%20publisering/01%20Roelf%20en%20Sarie%20du%20Preez/10%20Andries%20du%20Preez%20e4.pdf)
(https://www.geni.com/photo/view/6000000023527228756?album_type=photos_of_me&photo_id=6000000011171068444)
(https://www.geni.com/photo/view/6000000010899279945?album_type=photos_of_me&photo_id=6000000011171815244)
Kinders:
h.1. Anna Frederika VERMAAK, geb.1866, oorl.1919
h.2. Cornelis Tobias VERMAAK, geb.1868, oorl.1945
h.3. Philippus Rudolph VERMAAK, geb.1870, oorl.1935
h.4. Johannes Stefanus VERMAAK, geb.1872, oorl.1872
h.5. Johannes Coenraad VERMAAK, geb.1873
h.6. Nikolaas Johannes VERMAAK, geb.1875, oorl.1954
h.7. Dorothea Anna VERMAAK, geb.1877, oorl.1959 x Kemp
h.8. Elizabeth Francina VERMAAK, geb.1879, oorl.1903
h.9. Johanna Cornelia VERMAAK, geb.1881
h.10. Conraad Marthinus VERMAAK, geb.1887