g.8. Martha Maria Susanna, geb. 19/04/1845, ged. 06/07/1845, Pietermaritzburg, oorl. 03/09/1899 x 24/08/1868 met Nicolaas Jacobus Johannes VERMAAK, geb. 1843, oorl. 03/01/1925, s.v. Cornelis Tobias Vermaak en Dorothea Anna du Preez.
Martha Maria Susanna was die dogter van Phillip Roedolph Nel en Anna Frederika Claassen.
Toe
die opgaafrolle vir 1826 opgeneem is was Cornelis en Dorothea Vermaak in die
Wyk Onder Boesmansrivier van Uitenhage. Die gesin bestaan uit een man,
een vrou en twee dogters. Wat werkers betref is daar 4 mans en een vrou.
Daar was ook een slaaf. Daar was 8 perde, 180 beeste en 140 skape.
Die graanoes was 4 mud koring en 2 mud gort. Hulle het een
erfpagplaas van 2000 morg en een wa gehad. Die gegewens dui op ʼn
gemiddelde gesin wat bates betref. Cornelis se naam verskyn op die
lidmaatregister van die kerk te Uitenhage op 2.10.1818 en die van Dorothea op
3.10.1825. Voordat die Groot Trek plaasgevind het, is drie
verkenningskommissies uitgestuur om die gebiede waarheen moontlik getrek kan
word te verken, nl. Damaraland in Namibië, Soutpansberg en Port Natal.
Cornelis was op die Uys-verkenningskommissie wat in 1834 Natal verken het
saam met mense soos Piet Uys, Hans Dons de Lange, Gerhardus Jacobus Rudolph en
Johannes Stephanus Maritz. Cornelis het gevolglik kennis gedra van die
gehalte van die grond. Hy trek vanaf die Wyk Onder-Boesmansrivier,
Uitenhage, teen die einde van Oktober 1837 in die trekgeselskap van K P
Landman. Cornelis is een van die manskappe wat deelneem aan die Slag van
Bloedrivier. Na die slag het die Kommando na die Zoeloes se hoofstad,
Mgungundhlovu getrek, wat intussen deur Dingane ontruim is en aan die brand
gesteek is. Die goedere wat by die stad agtergelaat is, is op ʼn veiling
verkoop en die geld is onder die Voortrekkers in Natal verdeel. Cornelis
koop ʼn pik vir Rds 1.0.0 en koper vir Rds 1.6.0 op die vendusie. Cornelis
en Dorothea vestig hulle in Natal. Met Cornelis dood word vermeld dat hy
die plaas Uithoek besit. Hy het blykbaar ook die plaas Vermaakskraal, Kliprivier,
besit, waar hy en Dorothea oorlede is. Cornelis en Dorothea het in hul
huwelik van meer as 28 jaar agt kinders gehad: Sazahra Catharina Vermaak,
getroud met Adriaan Izak Moolman; Dorothea Maria Vermaak, getroud met
Dirk Cornelis Uys; Coenraad Marthinus Vermaak wat as kind oorlede is;
Andries Cornelis Vermaak, agtereenvolgens getroud met Catharina Anna Margaretha
Claassen en Christina Gertruida van Rooyen; Cornelis Johannes Vermaak, getroud
met Johanna Margaretha Nel; Johanna Jacoba Vermaak, getroud met Philippus Rudolf
Botha; Johannes Stephanus Vermaak, getroud met Elizabeth Francina Nel; Nicolaas
Jacobus Johannes Vermaak, getroud met Martha Maria Susanna Nel. Cornelis is
oorlede op 22 Desember 1854 te Vermaakskraal, Kliprivier, Natal. Dorothea bly
aan op Vermaakskraal en is daar oorlede op 3 of 4 Februarie 1865.(Die datum is
moeilik leesbaar)
(http://www.familiestories.co.za/02%20PDF%20leggers%20vir%20publisering/01%20Roelf%20en%20Sarie%20du%20Preez/10%20Andries%20du%20Preez%20e4.pdf)
Kinders:
h.1. Cornelis Tobias VERMAAK,
geb. 1869
h.2. Philip Rudolph VERMAAK,
geb. 1870, oorl. 1891
h.3. Nicolaas Johannes VERMAAK, geb. 1872, oorl. 1873
h.4. Anna Frederika VERMAAK, geb. 1873, oorl. 1950
h.5. Nicolaas Johannes VERMAAK, geb. 1874, oorl. 1901
h.6. Dorothea Anna Elisabeth VERMAAK,
geb. 1876
h.7. Martha Maria Susanna VERMAAK,
geb. 1877
h.8. Louisa Johanna Cecilia VERMAAK, geb. 1878, oorl. 1953
h.9. Cornelia Johanna VERMAAK, geb. 1883