f.11. Christoffel Jacobus Hercules NEL, geb. 16/06/1835

f.11.  Christoffel Jacobus Hercules, geb. 16/06/1835, Uitenhage,  oorl. 07/10/1924, Pauls Rest, Kranskop, Natal x 24/03/1862, Greytown, Natal met Jacomina Aletta VAN ROOYEN, geb. 26/03/1845, Pietermaritzburg, Natal, d.v. Lucas Marthunus van Rooyen en Aletta Johanna Potgieter.

Christoffel Jacobus Hercules was die seun van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.


1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.


1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriël seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Op 1 Februarie 1875 word die kinders met hulle plase in Louis Jacobus se testament genoem.  Toe het Philip Rudolph op Spitskop, Theunis Jacobus op Onrust, Willem Gabriël op Wonderboom, Christoffel Jacobus Hercules op Waterval en Maria Susanna (getroud met ene Stadler) op Bergvliet geboer.  Die plaas Bergvliet was in die distrik Weenen geleë, terwyl al die ander onder die Afdeling van Umvoti geval het.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)