e.6. Hester NEL, ged. 05/05/1782

e.6.  Hester, ged. 05/05/1782, Drakenstein, oorl. c. 1873 x 10/02/1799 met Pieter DE LA REY, geb. 22/02/1766, Utrecht, Nederland, oorl. 15/03/1842, Voorbedacht, Cango, Oudtshoorn, oorl. 15/03/1842, Cango, Oudtshoorn. 

Hester was die dogter van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez.


FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1733-1788

FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1765-1793


Hester Nel gebore 5/5/1782 was die jongste dogter van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez.  Sy het getrou met stamvader Pieter de la Rey van Utrecht, Holland, vermoedelik die Nel familie se onderwyser.  (https://www.geni.com/people/Hester-de-la-Rey-SM/6000000012687603639)


Foto: Tinus Nel

Hester is met Pieter de la Rey getroud. Pieter was 'n verloopte, maar geletterde matroos wat op Voorbedag op Matjiesrivier, wes van die Kangogrotte aangekom het en aangestel is as skoolmeester vir die Nel kinders.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

J. P. Nel en Cecilia du Preez se jongste dogter, Hester is op 10 Februarie 1799 getroud met Pieter de la Ray. wat uit Utrecht afkomstig was en vermoedelik as skoolmeester vir Nel se kinders opgetree het. Hy en sy vrou het op Voorbedacht gewoon, totdat hy op 15 Maart 1842 in die ouderdom van 76 jaar en 21 dae oorlede is. Hy was Veldkornet van die Kangowyk en toe die Drosdy van George in 1811 opgerig is, het hy en Adam Raubenheimer van Saffraanrivier die eerste Heemrade geword van die buurt wat vandag die distrik Oudtshoorn uitmaak. Daar bestaan.waarskynlik geen beeltenis van Pieter de la Rey nie, maar hy moet sterk Joodse trekke gehad.het, want in 1815 kla hy by die Kerkraad van George dat hy herhaaldelik "het verwijt moest hooren als behoorende tot het Jodendom". As uitlander kon hy geen doopseel of bewys van lidmaatskap van die Gereformeerde Kerk toon nie, maar "om dien laster te ontwijken" en die Heilige Nagmaal te kan gebruiken, was hy heeltemal gewillig om hom weer in die waarhede van die Christelike godsdienssoos dit in die Gereformeerde Kerke bely is, te laat ondersoek. Hierby het hy 'n stellige verklaring by wyse van 'n eed gevoeg en gevolglik het die Kerkraad "geen zwarigheid" gevind om "zijn versoek te accordeeren" nie. Uit die De la Rey-huwelik is op Kersdag 1812 'n seun gebore wat Adriaan Johannes Gysbertus gedoop is - Adriaan Gysbertus na sy peetvader, die wakkere eerste Landdros van George, A. G. van Kervel. Saam met haar kinders het die bejaarde, blinde weduwee Hester de la Rey in 1845 op trek gegaan tot in die Vrystaat, waar Groot Adriaan hom op Doornspruit in die wyk Wittebergen van die distrik Winburg gevestig het.  (https://familysearch.org/photos/artifacts/18627505)

Pieter en Hester het lewenslank op die plaas “Voorgedacht” gewoon.  Pieter is daar op 15 Maart 1842 op die ouderdom van 76 jaar en 21 dae oorlede.  Hy was Veldkornet van die Kangowyk en toe die Drosdy van George in 1811 opgerig is, het hy en Adam Raubenheimer van Saffranrivier die eerste Heemrade geword van die buurt wat vandag die distrik Oudtshoorn uitmaak.  Pieter het blykbaar sterk Joodse trekke gehad, want in 1815 kla hy by die Kerkraad van George dat hy herhaaldelik 'het verwijt moest hooren als behoorende tot her Jodendom.  (http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/16838)  As uitlander kon hy geen doopseel of bewys van lidmaatskap van die Gereformeerde Kerk toon nie, maar 'om dien laster te ontwijken' en die Heilig Nagmaal te kan gebruik, was hy heeltemal gewillig om hom weer in die waarhede van die Christelike godsdiens soos dit in die Gerformeerde Kerke bely is, te laat ondersoek. Hierby het hy 'n stellige verklaring by wyse van 'n eed gevoeg en gevolglik her die Kerkraad ' geen zwarigheid' gevind om 'zijn versoek te accordeeren' nie.  (https://www.geni.com/people/Hester-de-la-Rey-SM/6000000012687603639)


Kinders:

f.1.  Jacobus Hercules DE LA REY, geb. c. 1797 George, oorl. 16/10/1876 x Maria Elisabeth van Coller.

f.2.  Cecilia Johanna DE LA REY, geb.  17/10/1799, oorl. 16/10/1873, Bloemfontein x 22/3/1818, George met Mattheus Hendrik Wessels, geb. 27/07/1799, oorl. 05/05/1857.

FAMILYSEARCH

Die oudste kind van Pieter de la Rey en Hester Nel wat na haar ouma Nel geheet, Cecilia Johanna (Kango 17 Oktober 1799 - Bloemfontein, 16 Oktober 1873). Op 22 Maart 1818 trou sy in George met Mattheus Hendricus Wessels), uit die Wesselse van Caledon wat hulle waarskynlik op Matjesrivier, die buurplaas van Voorbedacht, gaan vestig het, voordat hulle teen 1838 eers na Oos-Kaapland en daarna Vrystaat toe verskuif het. Met haar man het Cecilia by Winburg gewoon, waar hy dit tot Kommandant gebring het, en daar is hul dogter Cecilia Johanna (7 Junie 1830 - 29 Maart 1892) in 1851 met 'n Swellendammer, Marthinus (" Blinkstewels") Steyn (19 April 1827 - 17 November 1893), getroud. 'n Tydjie het hulle op Swellendam gewoon, waar Marthinus sy vader, Pieter Gysbert Steyn (1804-1857) van die Drosdy, met sy wamakery behulpsaam was; maar toe die verlange na die Vrystaat die jong vroutjie oorweldig, keer hulle na Winburg terug: Daar is op 2 Oktober 1857,op die plaas Rietfontein van sy oom en tante vlak buite die dorp, hul seuntjie gebore wat op 24 Januarie 1858 deur ds. A, Murray jr. as Marthinus Theunis gedoop word. Hy was die geliefde laaste Staatspresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat. President Steyn se moeder was dus 'n eie niggie van generaal De la Rey, terwyl dieselfde President en generaal Louis Botha derde neefs was. Al drie was lede van die Nasionale Konvensie wat oor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika beraadslaag en besluit het.  (https://familysearch.org/photos/artifacts/18627505)

f.3.  Cornelia Susanna DE LA REY, geb. c. 1800 x  22/3/1818, George met Nicolaas Johannes Swart, geb.c. 1796.

f.4.  Johannes Petrus DE LA REY, ged.  05/06/1805,  Swellendam.

f.5.  Hester Sophia Antonetta Jacoba DE LA REY, ged.   06/03/1808, Swellendam x  080/4/1823, George met Pieter Christiaan Francis Massyn, geb. c. 1800.

f.6.  Maria Martina DE LA REY, ged. 09/12/1809, Swellendam. 

f.7.  Anna Magdalena DE LA REY, ged.  24/11/1811, Swellendam  x  04/12/1831, George met Willem Lambert Gering, geb.c. 1808.

f.8.  Jan Hendrik DE LA REY, ged.  24/11/1811, Swellendam x  24/3/1840, George met Hester Elizabeth Jordaan, geb. c. 1819.

f.9.  Adrianus Johannes Gysbertus DE LA REY, geb.  25/12/1812, ged. 9/11/1813,  George, oorl. 06/12/1891,  Delareyskraal, Bloemhof x George 20/5/1838 Adriana Wilhelmina van Rooyen, geb. 12/04/1818, oorl. 20/05/1913.

Deur die woelige Vrystaat in die dae van die slag van Boomplaats (1848) heen sou "Groot" Adriaan de la Rey se avontuurlike omswerwinge hom uiteindelik in Wes-Transvaal laat beland, waar hy op 6 Desemher 1891 op Delareyskraai naby Schweizer-Reneke oorlede is.Sowat sewe jaar voor die De la Reys se vertrek uit die ou Kolonie is Adriaan op 20 Mei 1838 in George getroud met Adriana Wilhelmina van Rooyen (geb. 12 April 1818), een van die tweelingdogters van Gerrit van Rooyen en Johanna Elisabeth de Buys.   Groot Adriaan het hom op Doornspruit in die wyk Wittebergen van die distrik Winburg gevestig. Hier is die volgende jaar vir Adriaan en Salomina 'n seuntjie gebore, wat sy vader se naam sou dra, en op 22 Oktober 1847 weer een, wat Jacobus Hercules genoem is toe die twee broertjies op 22 Maart 1848, tydens die herderlike besoekreis van di. A. Murray sr. en P. K. Albertyn aan die Voortrekkers, saam op Winburg gedoop is. Generaal Koos de la Rey het die onverskrokke "Leeu van Wes-Transvaal" geword, die "grootste taktikus in die oorlogsgeskiedenis van Suid-Afrika", maar ook die "innig-gelowige Christen met 'n edel gemoed, ridderlike inbors en tere hart", die man wat sy einde tydens die rampspoedige Gewapende Protes van 1914 moes vind. Sy moeder was pas die vorige jaar, op die 75ste jaardag van haar huweliksdag, op Schweizer-Reneke oorlede.  (https://familysearch.org/photos/artifacts/18627505)

f.10.  Andreas Pieter DE LA REY, ged.  26/3/1815, George x 13/12/1841, Colesberg  met Hester Elizabeth Las, geb. c. 1820.


FAMILYSEARCH
George baptisms 1813-1825