e.5. Cecilia Johanna NEL, ged. 08/10/1780

e.5.  Cecilia Johanna, ged. 08/10/1780, oorl. 06/06/1844 x 27/08/1797, Kaapstad met Theunis Jacobus BOTHA, geb. 21/03/1776, oorl. 02/1810, s.v. Philip Rudolph Botha en Elizabeth Fourie xx 24/02/1810 met Adam Petrus Johannes REYNEKE, geb. 1790, s.v. Adam Johannes Reyneke en Maria Magdalena Pieterse xxx 05/08/1825, Uitenhage met Petrus Johannes MOOLMAN, geb. 15/08/1775, Stellenbosch, Brede Rivier, oorl. 21/09/1851, s.v. Petrus Lafras Moolman en Johanna Jacoba Wessels.

Cecilia Johanna was die dogter van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez.

Name Cecilia Johanna Nel
Father's Name Johannes Petrus Nel
Father's Sex Male
Mother's Name Cecilia Johanna Du Preese
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 08 Oct 1780
Event Place Cape Town, Cape of Good Hope, South Africa
Event Place (Original) Cape Town, Cape of Good Hope, South Africa
Source Details 20
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:VRLS-ND1?lang=en

Die Nel gesin het op die plaas Rhenosterfontein geboer  Ook naby Louis Jacobus-hulle het sy suster Cecilia Johanna, getroud met Theunis Jacobus Botha, gewoon. Rhenosterfontein was 'n leningsplaas aan die boloop van die Boesmansrivier geleë.  Driekwart van die plaas was vir weiveld geskik.. Soos gebruiklik het die Regering 24 riksdaalders jaarliks aan rekognisiegeld op die plaas gehef.   (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Van die sewe kinders van J. P. Nel en Cecilia du Preez noem ek vir ons doel net twee van die dogters:  die een wat haar moeder se voorname gedra het en die jongste. Cecilia Johanna Nel is in 1797 met Theunis Jacobus Botha‘n jonger broer van die reeds genoemde kmdt. P. R. Botha en in 1810 met Adam J. Reyneke getroud. Uit haar Botha huwelik is teen l800 aan Bruintjeshoogte - baie van hierdie mense het vroeg reeds na daardie streek tussen Pearston en Somerset-Oos uitgewyk en verskeie van hulle het later ook weer na die Klein Karoo teruggekeer - 'n seun Philip Rudolph gebore, wat 6 Januarie l822 op Uitenhage trou met sy kleinniggie Anna Johanna Nel), ook aan Bruintjeshoogte gebore, maar ten tyde van haar huwelik aan Rietrivier woonagtig.  (https://familysearch.org/photos/artifacts/18627505)

Name Theunis Jacobus Botha
Sex Male
Spouse's Name Johanna Cecilia Nel
Spouse's Sex Female
Event Type Marriage
Event Date 27 Aug 1797
Event Place Cape of Good Hope, South Africa
Event Place (Original) Cape, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6KYQ-N3DF?lang=en

Name Adam Johannes Reineke
Sex Male
Spouse's Name Cecilia Johanna Nel
Spouse's Sex Female
Event Type Marriage
Event Date 24 Feb 1810
Event Place Cape Town, Cape Province, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6D33-5M6B?lang=en

Name Petrus Johannes Moolman
Sex Male
Spouse's Name Cecilia Johanna Nel
Spouse's Sex Female
Event Type Marriage
Event Date 5 Aug 1825
Event Place Cape Colony, South Africa
Event Place (Original) Cape Province, South Africa
Populated Place South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6JXG-WXXR?lang=en

In Oos-Rietrivier het hulle naby mekaar gewoon.  Verder was die Louis Nel se oudste dogter, Anna Johanna, weer getroud met die oudste seun (Philip Rudolph) van Louis Jacobus se suster soos by nr. 12 hier onder genoem. 
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Groot trek 1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het

1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders. Hierdie Louis Nel was 'n neef van ons Voortrekker L.J. Nel.
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Kinders:

f.1. Sara Johanna BOTHA, geb. 1799

f.2. Philip Rudolp BOTHA (Kmdt.), geb. 1800, oorl. 18/12/1875 x 06/01/1822, Uitenhage met Anna Johanna Nel, geb. 1803, d.v. Louis Nel en Gesina Maria Beatrix Olivier.

Uit haar (Cecilia Johanna Nel) se Botha huwelik is teen l800 aan Bruintjeshoogte- - 'n seun Philip Rudolph gebore, wat 6 Januarie l822 op Uitenhage trou met sy kleinniggie Anna Johanna Nel), ook aan Bruintjeshoogte gebore, maar ten tyde van haar huwelik aan Rietrivier woonagtig. (https://familysearch.org/photos/artifacts/18627505)

f.3. Cecilia Johanna BOTHA, geb. 1803, oorl. 1842

f.4. Elizabeth Susanna BOTHA, geb. 03/05/1804, oorl. 15/03/1842 x 04/01/1823, Uitenhage met Gerhardus (Jan) Strydom, ged. 31/10/1796, oorl. 25/07/1836

f.5. Margaretha Isabella BOTHA, geb. 1807

f.6. Theunis Jacobus BOTHA, geb. 13/12/1808, oorl. 1875

f.7. Maria Magdalena REYNEKE, geb. 16/01/1811, ged. 26/07/1812, Kaapstad

f.8. Adam Johannes REYNEKE, geb. 1812, oorl. 1893

f.9. Isabella Maria REINEKE, geb. 17/07/1814, ged. 05/11/1815, George, oorl. 1877

f.10. Johannes Petrus REINEKE, geb. 1816, oorl. 1863

f.11. Anna Christina Wilhelmina REINEKE, geb. 1818

f.12. Anna Christina Margaretha REINEKE, geb. 1819