e.1. Maria Susanna NEL, ged. 10/05/1772

e.1.  Maria Susanna, ged. 10/05/1772, Drakenstein x 14/10/1787, Kaapstad met Marthinus STEYN, ged. 25/03/1769, s.v. Hermanus Steyn (President van Swellendam) en Anna Margaretha van Staden.

Maria Susanna was die dogter van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez.

Maria Susanna
Baptised: 10 May 1772
Father: Johannes Petrus NEL
Mother: Cesilea Johanna DU PREEZ
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Drakenstein, Baptism register, 1746-1775, page 181, entry number 6. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G3 3/2. Image 607 on FamilySearch film no. 008120997. Note: Witness names not transcribed 1756-1775.. Transcribed by Corney Keller, from photocopies of Cape Archives VC 645 and Cornel Viljoen from LDS film no. 008120997.

Name Maria Susanna Nel
Parent Name Johannes Petrus Nel
Second Parent's Name Cesilea Johanna Du Preez
Event Type Baptism
Event Date 20 May 1772
Event Place South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6242-TQ5F

Marthinus Baptised: 1769, den 25 Maart Father: Hermanus Steijn Mother: Anna Margrietha van Staade Witnesses: Pieter Pienaar, en Catharina Botha, Hans jurie Steijn, en Christina van Zeijl

Name Marthinús Steÿn
Sex Male
Spouse's Name Maria Nel
Spouse's Sex Female
Event Type Marriage
Event Date 14 Oct 1787
Event Place Cape Town, Cape Province, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6KYX-GHHV?lang=en

Marthinus was die seun van Hermaus Steyn, President van Swellendam.

Die volgende teks kom uit die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Vol V, p. 780-781:

Hermanus het op die plaas Bruintjesrivier naby Swellendam opgegroei. In 1773 het hy hom op die plaas Doornfontein, langs die Sondagsrivier, gevestig. In 1776 is hy tot heemraad van Swellendam verkies en het die boere van die oosgrens in die hoedanigheid verteenwoordig. In 1789 het hy egter na Swellendam teruggekeer waar hy sy boerdery op die plaas Janharmansgat (tans Nooitgedacht) voortgesit en saam met die boere van die omgewing finansieel moeilike tye beleef het vanweë die besuinigingsmaatreëls van die bankrot VOC. Die militêre poste in die distrik is onder meer afgeskaf en die koring depot op Mosselbaai gesluit. Die boere het landdros A.A. Faure en sy amptenare as die sondebokke uitgesonder in in Junie 1795 het die uitbarsting gekom. Burgers, veral van die oosgrens, het onder leiding van P.J. Delport en A.L.A. Pisany opgeruk na die drosdy, waar die hof van landdros en heemrade op 17 Junie sou vergader. By die vergadering (wat nie deur Hermanus bygewoon is nie) is 'n brief van goewerneur A. J. Sluysken waarin die burgers gemaan is om niks met die ekstremiste van die oosgrens te doen te hê nie, behandel. Net voor die vergadering sou verdaag, het Paul Fouché met agt gewapende mans die vertrek binnegekom en die lede van die 'collegie' beveel om Swellendam nie te verlaat voordat die klagtes van die ontevredenes aangehoor is nie. Faure het ingestem en 'n vergadering vir 18 Junie belê ten einde die klagtes van die burgers aan te hoor. By hierdie vergadering was Hermanus wel teenwoordig. Die segsmanne van die opstandige burgers het geëis dat Faure en sy apmptnare hul betrekkings moet neerlê en dat alle dokumente, registers en geld aan Hermanus, wat tot 'praesident' dit wil sê voorsiteer van die nuwe 'collegie' (die Nasionale Vergadering) en 'nasionale landdros' gekies is, oorhandig moet word. Nuwe heemrade is ook aangestel, aangesien die oues hulle nie by die nuwe bedeling wou inskakel nie, en op 17 Julie het die nuwe liggaam onder Hermanus vergader.

Die vernaamste taak was om 'n manifes op te stel. Die dokument wat deur die Italiaan Pisany opgestel is en waarvan Hermanus die hoofondertekenaar was, getuig volgens G.D. Scholtz van die 'besonder klein geestelike wêreld' van die opstellers en dat hul 'politieke denke nie verder (gegaan het) as hul daaglikse boerderybedrywighede nie'.

Uit hierdie en daaropvolgende gebeurtenisse blyk dat Hermanus geen sterk figuur was nie en eintlik maar net as die gewillige houtpop van die opstandelinge opgetree het. Sy vader was egter 'n gesiene heemraad.

Hierdie gebeure in Swellendam het met die eerste aanval van die Britte op die Kaap in 1795 saamgeval en ofskoon die rebelle teen die bewind van die VOC was, het Delport met sewentig Swellendammers vertrek om die Kaap te help verdedig. Skaars het hulle Swellendam verlaat, of Pisany het sy kans waargeneem en homself as kommandant aangestel terwyk Hermanus die nuwe wending van sake maar gelate aanvaar het.

Na die oorgawe van die Kaap op 16.9.1795 het Hermanus hom aan die nuwe bewind onderwerp en sy kantoor aan Faure wat deur die Britte as landdros herbenoem is, oorhandig. Hy het die daaropvolgende vergadering wat op 4.11.1795 deur Faure belê is, bygewoon en voor die afsluiting die eed van getrouheid aan koning George III afgelê. Hiermee het hy uit die openbare lewe getree.

Kinders:

f.1. Hermanus STEYN, geb. 01/10/1791, Swellendam, ged. 08/01/1792, oorl. 1869.

f.2. Cecilia Johanna STEYN, geb. 29/06/1794, dist. Oudtshoorn.