f.3. Nicolaas George VAN DER WESTHUIZEN, geb. 07/07/1813, ged. 26/09/1813

f.3.  Nicolaas George, geb. 07/07/1813, ged. 26/09/1813, Tulbagh, oorl. 13/07/1872 x 06/05/1838, Beaufort-Wes met Anna Isabella VAN DER WESTHUIZEN, geb. 06/06/1821, d.v. Johannes Nicolaas van der Westhuizen en Elizabeth Maria Kock xx Graaff Reinet met Elizabeth Magdalena BARNARD, geb. 15/01/1823, Graaff-Reinet, ged. 04/10/1825, Beaufort-Wes, oorl. 13/08/1902, in tent, Tweelingspan, dist. Wolmaranstad, d.v. Marthinus Christoffel Barnard en Hilletjie Elizabeth de Beer.

Nicolaas George was die seun van Jacob van der Westhuizen en Sara Magdalena Kock.


06 May 1838
1838,
Nicolaas George van der Westhuizen
and
Anna Sibella van der Westhuizen
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Beaufort West, Western Cape. marriage index register, 1819-1842. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch. Transcribed by Kathleen Schulz, from Cape Archives VC 751.Note: VC 751 is a photocopy of a modern index to the original Beaufort West marriage register (date and indexer unknown) in the NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch.

In die vroeë negentiende eeu was Wes-Transvaal ’n landskap waarin swart stamme mekaar voortdurend uitgemoor het. Die sterkeres het voortdurend die swakkeres verwilder. Dit het tot gevolg gehad dat beboste rante as goeie skuilplek gebruik is. Die Makwassierante aan die oostekant van Wolmaransstad was juis so ’n vesting waar die Korannas onder leiding van Mathlawatsie hulle gevestig het.

Die Korannas is ’n stam wat grootliks bestaan het uit Boesmans, aangesien die oorspronklike leier, Kora, ’n Hottentot was wat uit Kaapland met ’n klomp volgelinge gevlug het, en op sy trek noordwaarts alle Boesmanmans uitgeroei, maar die vroue by hulle ingelyf het. Die Korannas moes egter op die vlug slaan toe die sterk Barolongstam sy verskyning maak. Griekwastad se rigting het hulle die Hartsrivier oorgesteek en in aanraking gekom met Sifonello, die kaptein van die Barolongs. Sifonello het vir hulle in die rante noord van die huidige Wolmaransstad-Witpoortpad, ongeveer 3 km van die dorpie Witpoort, ’n huisie van hout en klei gebou, wat later na ’n aanval deur die Mantatese met klip herbou is. Hier is dan ook die eerste blanke kind, Lewis Broadbent, noord van die Vaalrivier op 21 Julie 1823 gebore. ’n Hele twaalf jaar voor die begin van die Groot Trek. (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt) Woonplek wyk Nuweveld, dist. Beaufort.

Nicolaas George; Vertrekdatum April/Mei 1838. Trekgeselskap: P.D. Jacobs.

The PD Jacobs party ('trekgeselskap') that departed in April or May 1838 from the Beaufort (West) district. The Jacobs party originally trekked to Natal, but did not stay for long. PD Jacobs owned a farm at Potchefstroom by June 1839, but settled near Heidelberg (Tvl) in 1840. (https://www.geni.com/projects/The-Welgevonden-Venters-of-Groot-Spelonken-1880-1980/17259)
 

Voortrekkers:Stamouers

Naudé, A S, vrou van J van der Westhuizen

Roux, E M, vrou van P J van der Westhuizen

Schoeman, J E, vrou van P J van der Westhuizen

Van der Westhuizen, A I, vrou van N G van der Westhuizen

Van der Westhuizen, C J (wed Israel), vrou van P S Z Fourie

Van der Westhuizen, H S, vrou van A van Wyk

Van der Westhuizen, J C, vrou van J J Matthyssen

Van der Westhuizen, R, vrou van J N J Roets

Van der Westhuizen, W C, vrou van J M van der Westhuizen

(https://www.wikitree.com/wiki/Space:Voortrekkers:Stamouers)


Die egpaar het in Apr 1842 ‘n kind in die omgewing van Winburg laat doop (J 18 Opgaafrol Nuweveld 1833, veldkornet A.du Toit, no 50, KAB; Lys 50, 10/4/1842, no 76) As mens na die kinders se dooprekords kyk lyk dit of die gesin teen 1847 reeds by Wolmaransstad gewoon het. Dit is moontlik dat hulle hulle nog nie permanent daar gevestig het nie, want Marthinus Christoffel is op Kameelpan, dist. Wolmarannstad gebore, maar in Fauresmith, OVS gedoop.

Intussen is die Hervormers van die wyk van Makwassie, voor die stigting van die gemeente Wolmaransstad of die gemeente Makwassi (Bosmansrust), reeds baie jare vanuit Potchefstroom bedien. In die omgewing van Bloemhof het ook ’n sekere Nicolaas George van der Westhuizen ingetrek en ’n tyd daar gewoon. (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt) Waarskynlik tot met sy dood op 13 Julie 1872.

Eers in 1889 sou Makwassie (Bosmansrust) as selfstandige gemeente afstig. Langs die Makwassiespruit het ’n nuwe gesig te voorskyn gekom. Hier en daar het besigheidsgeboue ontstaan en ’n paar woonhuise. Vir die mense aan die westekant van die wyk Makwassie het die afstand om af te le Klerksdorp toe, vir bank-, poskantoor- en landdrosverpligtinge, te erg begin word. Hulle wil ’n eie dorp hê wat in hul behoeftes kan voorsien. Die regering van die ZAR keur op 19 Augustus 1884 die stigting van ’n dorp goed. Op 16 Februarie 1891 word die dorp is na JMA Wolmarans vernoem (op een gedeelte van de plaatsen Rooderand en Vlakfontein). Daar is ’n sterk vermoede dat Wolmaransstad van Bosmansrust (Witpoort) afgestig het, omdat van Wolmaransstad se gemeentelede onder andere ouderling JG Waldeck, vroëer deur die gemeente Bosmansrust (Makwassie), afgevaardig is na die Algemene Kerkvergadering van 26 Mei 1890 - twee jaar voor die stigting van Wolmaransstad.

Gedurende die oorlogsjare van 1899 - 1902 het nie net die volk ’n geweldige terugslag beleef nie, maar was dit ook ’n tyd waarin die gemeente ’n geweldige knou gekry het.  In baie huisgesinne was die plek van ’n vader, moeder of kind leeg.  (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt) Soos ook die gewal was met Elizabeth Magdalena Barnard se dood op 13/08/1902. Die meeste huise was afgebrand en die wat nie afgebrand was nie, was ontsettend verniel. Die vrugteboorde was totaal vernietig. ’n Leeftyd se werk was uitgewis. Die kerk was ook baie verniel. Die Engelse het die kerk vol gate gebreek om dit te gebruik as ’n fort. Later is dit in die oorlog gebruik as ’n perdestal en uiteindelik as ’n hospitaal. Die stryd om te bestaan was moeilik. (https://archive.org/stream/geskiedenisvandi00koek/geskiedenisvandi00koek_djvu.txt)