d.2. Louis NEL, ged. 19/03/1751

d.2.  Louis, ged. 19/03/1751, Paarl, burger te Swellendam x 05/12/1773, Paarl met Isabella POTGIETER, geb. Grootvadersbos, Swellendam, Weskaap  ged. 09/02/1755, Tulbagh, oorl. 1806, Paarl, d.v. Jacobus Potgieter en Clara Isabella du Preez.

Louis was die seun van Louis Nel en Maria Rossouw.


DG: Willem Nel en Susanna Fourie


Die tweede oudste. wat na sy vader heet, is nietemin ook hier in betekenis aangesien hy die vader en grootvader van die twee Louis Jacobusse was.  Hoewel hulle nie aan die Groot Trek deelgeneem het nie, was hulle vooraanstaande grensboerpioniers.  Trouens, Louis Nel, gedoop in 1751 en in 1773 met Isabella Potgieter getroud, het in die tweede helfte van die 18de eeu op die voorste punt van die veeboere na die binneland beweeg.  Enkele jare nadat die Politieke Raad in 1770 die Bruintjieshoogte as oosgrens vasgestel het. bevind hy en twaalf ander pioniers hulle oorkant die limiet. In 1774 "smeek" hierdie manne die Regering om hulle daar te laat woon.  Soos dikwels vantevore besluit die Goewerneur en sy Raad om hul snel ooswaartstrekkende onderdane met 'n nuwe oosgrens in te sluit.  Vanaf 1775 word die distrik Stellenbosch se oosgrens dus tot by die boloop van die Visrivier uitgeskuif, terwyl Swellendammers aan die westekant van die Boesmansrivier moes hou.  Op 8 November 1777 word Louis Nel se grondbesit dan ook bestendig en verkry hy 'n ordonnansie op die leningsplaas Rietfontein.  Hier aan die Leeuwenrivier in Bruintjieshoogte sou Louis en sy seun Louis Jacobus hul lewensdae slyt.  Op 24 Junie 1812 is Rietfontein op Ig. se naam oorgedra.  Met die 3113 morg van Rhenosterfontein kon een boer 'n goeie bestaan voer.  Vir twee gesinne was dit blykbaar onbestaanbaar, want so vroeg as 1812  poog Louis Nel om nog 'n plaas in besit te kry.  Sy ouer broer, Johannes Petrus, het op een helfte van die plaas geboer en het blykbaar daar aangebly tot 1821 toe hy na die plaas Mullerskraal in Bruintjieshoogte verhuis het.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Die stelling dat dit Louis se ouer broer Johannes Petrus is wat op die een helfte van die plaas geboer het, is waarskynlik foutief aangesien sy broer in 1821 reeds oorlede was.  Dit is moontlik sy seun Johannes Petrus wat hier na verwys word.

Wyke van distrik Somerset 1825 - 1836
(https://genza.org.za/images/GGSASentraal/GENZA_LINKS/Wyke_Dist_Somerset_1825-1836.pdf)

Te oordeel aan sy verdere pogings, was Nel se aansoek van 1812 nie suksesvol nie.  Teen die jaar 1818 moes hy hom al hoe meer oor die toekoms gekwel het.  Hy en sy vrou het nou reeds agt kinders gehad.  Sy twee oudste seuns sou binne enkele jare 16 jaar oud wees.  En 16 jaar was immers die ouderdom waarop jongmans op hul eie bene begin staan het.  Daarom versoek hy in 1818 dat sy leningsplaas opgemeet en in erfpag aan hom toegeken word.  Dit sou minstens sy eie grondbesit bestendig.  Maar terselfdertyd dink hy eweneens aan sy kinders en vra dat 'n verlate leningsplaas in sy buurt aan hom toegeken word.  In Januarie 1820 moes hy seker verneem het dat sy hoop op nog 'n plaas daarmee heen is, want toe vra hy dat 'n waardevolle aangrensende stukkie grond genaamd Matjiesgoedvlei by sy plaas ingemeet word.   Die stadige grondadministrasie in die Kaapkolonie het 'n jaar later tog 'n landmeter gestuur om Rhenosterfontein op te meet.  Nog twee jaar het nietemin verloop voor Nel sy grondbrief, gedateer I Julie 1823, ontvang het.  Louis Nel was nou kennelik haastig om vir een of meer van sy seuns 'n plaas in die wyk Oos-Rietrivier te verkry.  Plase in die wyk was uitnemend geskik vir skaapboerdery.  Heelwat bekendes het hier geboer en sou hom oor die geskiktheid van die grond ingelig het.  Daarby was die gebied tussen die Bo-Vis en Koonap, wat in 1825 die naam Oos-Rietrivier gekry het, reeds teen die einde van die agtiende eeu aan die boere van Agter-Bruintjieshoogte bekend.  Gedurende droogtes het hulle met hul vee daarheen getrek. Trouens die latere plaas Plathuis van Louis Tregardt, het sy naam ontleen aan 'n hut wat hierdie trekboere vir hul gerief daar opgerig het.  So vroeg as 1809 het dit al as Plattehuis bekend gestaan.  Maar daar was ook 'n baie spoedeisende rede waarom Nel 'n pIaas in die Oos-Rietrivier wou bekom. Sy grondbrief  het immers gestipuleer dat hy nie op Rhenosterrontein slawe mag aanhou nie.  In die Oos-Rietrivier was baie plase nog nie opgemeet nie.  Afrikanerboere met slawe het dus geweet dat die stadige uitreiking van grondbriewe hulle 'n jaar of ses grasie sou gee voor hulle grondbriewe uitgestuur word.  Daarom haak Nel die knoop deur.  Nou kon hy nie meer op 'n guns van die Regering wag nie.  Met moontlik die finansiële steun van sy vader, koop Philip Roedolph Nel op 8 Augustus 1830 die mooi en strategies-geleë plaas Commandofontein van Johannes Arnoldus Bothma vir die som van 3900 riksdaalders.  Om die reeds genoemde redes het Louis Nel (en dit word deur die slaweregister bevestig)  sy slawe na Commandorontein oorgeplaas.    (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)