h.4. Frederik Johannes NEL, geb. 17/04/1926

h.4.  Frederik Johannes (Frikkie), geb. 17/04/1926, x 30/12/1959 met Schalkrina Wilhelmina (Wilina) LUTTIG, geb. 05/06/1936.

Frederik Johannes was die seun van Gerrit Stephanus Nel en Magdalena Maria Strauss.


Frikkie Nel is op 17 April 1926 in Kenhardt gebore en het op Kenhardt skoolgegaan.  Hy was vir een jaar op Stellenbosch om landbou te studeer, maar het in 1946 teruggekeer na die plaas toe om te kom boer.  Nadat Frikkie teruggekom het, het die twee broers begin om saam te boer.

Frikkie het op 30 Desember 1959 met Wilina Luttig, 'n meisie van Vanwyksvlei, wat as onderwyseres by die laerskool Augrabies begin werk het, getrou.  Uit die huwelik is vier kinders gebore, naamlik Fanus, Freda, Danie en Lenie.

Frikkie was vir 10 jaar sekretaris en vir 20 jaar voorsitter van die Nous boerevereniging.  Op 25 jarige ouderdom is hy vir die Oranje Landbou unie bestuur gekies.  Hy was ook gekies vir die Karakoelvereeniging van Suid-Afrika.  Hy het gedien op die komitee van FCI wat tussen die Republiek en SWA (karakoelkorp) werksaam was en hy was 29 jaar op die bestuur van die Oranje landbou karakoel boerevereniging van Suidelike Afrika tot dit ontbind het.