g.9. Abraham Pieter NEL, geb. 25/03/1902, ged. 12//04/1903

g.9. Abraham Pieter (Piet), geb. 25/03/1902, ged. 12//04/1903, Kenhardt, oorl. 06/03/1968, begr. Augrabies Padrooi 13 Nel begraafplaas, dist. Gordonia x 09/12/1929, Kakamas met Johanna Maria (Matty) VAN NIEKERK, geb. 06/09/1905, oorl. 11/03/1996, begr. Augrabies Padrooi 13 Nel begraafplaas, dist. Gordonia, d.v. Hugo Amos van Niekerk en Johanna Maria Munnik.

Abraham Pieter was die seun van Abraham Pieter Nel en Hendrina Maria Hendrikse.

Name Abraham Pieter Nel
Birth Date 25 Mar 1902
Father's Name Abraham Pieter Nel
Father's Sex Male
Mother's Name Hendrina Maria Hendrikse
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 12 Apr 1903
Event Place Kenhardt, Fraserburg, Cape Colony, South Africa
Event Place (Original) Kenhardt, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:65MG-TJDX?lang=en

Piet, sy pa se naamgenoot, was ‘n stil en ernstige man.  Hy was die tipe persoon wat geen mens ooit enige kwaad sou aandoen nie.  Hy het ‘n baie sagte geaardheid gehad.  As volwassene het Piet heerlik boere-oorlogstories vertel, asof hy self daar was.  Dit was sy pa se stories wat hy so oorgedra het.  Die kinders het aan sy lippe gehang.

Kort voor sy dood
in 1928 het Piet Nel vir sy seun Piet gevra om na sy (laatlam) broertjie Izak om te sien.  Izak het vir ‘n paar jaar by Piet gewoon.

1928: Die ses Nel broers by Mias se De Soto motor.. Bertus, Ben Mias, Piet, Kolie en Izak
 
Name Abraham Pieter Nel
Sex Male
Age 26 years
Birth Year (Estimated) 1903
Spouse's Name Johanna Maria Van Niekerk
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 24 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1905
Event Type Marriage
Event Date
9 December 1929
Event Place Kakamas, Kenhardt, Kaapprovinsie, Suid-Afrika
Event Place (Original) Kakamas, Kenhardt, Kaap, South Africa
Certificate Number 60
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZHR-N79C?lang=en 
 
Sy vrou, Johanna Maria (Matty) van Niekerk was ‘n meisie van Kakamas.  Haar bynaam was Hansie.  Sy was die tweede oudste dogter van Amos van Niekerk, wat ‘n baie godsdienstige boer was.  Matty het ‘n kafee gehad vir die mense wat die valle kom besoek het.  Piet en Matty het twee kinders gehad.