g.5. Abraham Pieter NEL, geb. 09/09/1896

g.5. Abraham Pieter (Piet), geb. 09/09/1896, Boesmangraf, oorl. 27/09/1967. Ongetroud.

Abraham Pieter was die seun van Johannes Willem Nel en Anna Sophia Wilhelmina Berg.

Piet Nel

Piet het ‘n liefdesteleurstelling gehad wat hom tot so ‘n mate geraak het, dat hy Bloemfontein toe gestuur was vir behandeling.  Daar het hy so herstel, dat hy oorlog toe kon gaan.  Van Piet word vertel dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog bomskok opgedoen het.  Na die oorlog het hy geld by die regering gekry, waarmee hy vir hom ‘n klein boerdery aangeskaf het.

Daar word vertel dat Piet eenkeer vir Jannie von Wielligh gevra het om met sy .22 geweer met die teleskoop te skiet.  Jannie stem toe in en toe Piet vra waarna hy kon skiet, het Jannie vir hom gedaag om na die kerkklok op Nous te skiet.

Piet het laterjare sy boerdery verkoop en afgetree op Kakamas.  Hy was altyd baie hoflik.

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, KEIMOES, Urban area Northern Cape, KEIMOES, New cemetery NEL Abraham Pieter 1896-1967